Golf van Sint-Laurens | |
---|---|
Die Golf van Sint-Laurens by die Nasionale Park Forillon | |
Kaart van die Golf van Sint-Laurens | |
Koördinate: | 48°36′N 61°24′W / 48.600°N 61.400°W |
Ligging: | Newfoundland en Labrador, Nieu-Brunswyk, Nova Scotia, Prins-Edward-eiland, Quebec (Kanada) |
Soort: | Golf van die Atlantiese Oseaan |
Oppervlakte: | 155 000 km² (60 000 myl²) |
Invloei: | Sint-Laurensrivier |
Uitvloei: | Atlantiese Oseaan |
Eiland/e: | Anticosti, Kaap-Breton-eiland, Magdalene-eilande, Newfoundland, Prins-Edward-eiland |
Nedersettings: | Baie-Comeau, Charlottetown, Gaspé, Rimouski, Sydney, Tadoussac |
Die Golf van Sint-Laurens (Engels: Gulf of Saint Lawrence, Frans: Golfe du Saint-Laurent) is 'n golf aan die Sint-Laurensrivier se monding in die Atlantiese Oseaan en is die grootste Estuarium van die aarde. Die golf is in Wes-Kanada tussen die provinsie Quebec in die weste, Nieu-Brunswyk, Nova Scotia en Prins-Edward-eiland in die suide en Newfoundland en Labrador in die ooste geleë. Die golf het 'n oppervlakte van sowat 155 000 km². Die Golf van Sint-Laurens is ná Sint Laurens van Rome genoem.
Belangrike nedersettings aan die golf sluit in Baie-Comeau, Charlottetown, Gaspé, Rimouski, Sydney en Tadoussac. Groot eilande in die golf is Anticosti, Kaap-Breton-eiland, Magdalene-eilande en Prins-Edward-eiland. Die hele kus van die Golf van Sint-Laurens behoort tot Kanada. Die Franse oorsese gebied Sint Pierre en Miquelon is net oos van die Golf van Sint-Laurens se monding in die Atlantiese Oseaan geleë.
Verwysings
- "Gulf of Saint Lawrence" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op 23 Julie 2017.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Golf van Sint-Laurens.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar