Suid-Afrika het tot 1994 uit slegs vier provinsies bestaan: Transvaal, Oranje-Vrystaat, Natal en die Kaapprovinsie. Sedert 1994 is die land verdeel in nege provinsies (die provinsie se hoofstad volg in hakies op die provinsie se naam):
- Wes-Kaap (Kaapstad)
- Noord-Kaap (Kimberley)
- Oos-Kaap (Bhisho)
- KwaZulu-Natal (Pietermaritzburg)
- Vrystaat (Bloemfontein)
- Noordwes (Mahikeng)
- Gauteng (Johannesburg)
- Mpumalanga (Nelspruit)
- Limpopo (Polokwane)
Grense
Die grense van al die provinsies behalwe die Wes-Kaap en Vrystaat is deur die 12de wysiging van die Suid-Afrikaanse grondwet verander in Desember 2005. Die grootste verandering is tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap (Matatiele), Gauteng en Noordwes (Khutsong) en Limpopo en Mpumalanga (Sekhukhuneland).
Bevolking
Volgens die 2011-sensus is die bevolking van die provinsies soos volg:
Provinsie | Bevolking | % |
---|---|---|
Gauteng | 12 272 263 | 23,7% |
KwaZulu-Natal | 10 267 300 | 19,8% |
Oos-Kaap | 6 562 053 | 12,7% |
Limpopo | 5 404 868 | 10,5% |
Wes-Kaap | 5 822 734 | 11,2% |
Mpumalanga | 4 039 939 | 7,8% |
Noordwes | 3 509 953 | 6,8% |
Vrystaat | 2 745 590 | 5,3% |
Noord-Kaap | 1 145 861 | 2,2% |
Totaal | 51 770 561 | 100% |
Sien ook
- Vlae van provinsies van Suid-Afrika
- Wapens van provinsies van Suid-Afrika
Verwysings
- Die stad is ook sedert 2009 bekend as Mbombela
- Voorheen bekend as Pietersburg
Provinsies van Suid-Afrika | |
---|---|
Gauteng | KwaZulu-Natal | Limpopo | Mpumalanga | Noord-Kaap | Noordwes | Oos-Kaap | Vrystaat | Wes-Kaap |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar