Die Krieketwêreldbeker 1979 (Engels: 1979 Cricket World Cup) is van 9 tot 23 Junie 1979 in Engeland beslis. Dit was die tweede krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die tweede in Engeland. Dié land het voorheen die eerste Krieketwêreldbeker 1975 gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1979.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1979 | |
Datums | 9 Junie – 23 Junie |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketkonferensie (IKK) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Engeland |
Kampioen | Wes-Indië (2de titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 8 (23 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 15 |
Bywoning | 132 000 (8 800 per wedstryd) |
Meeste lopies | (253) |
Meeste paaltjies | (10) |
← 1975 1983 → |
Die toernooi se formaat van 1975 het onveranderd gebly en agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1979 deelgeneem: Die destydse ses toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië), saam met die twee kwalifiserende spanne van die IKK-trofee 1979 Kanada en Sri Lanka. Tydens die Krieketwêreldbeker 1979 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.
Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Nieu-Seeland en Wes-Indië het Pakistan geklop, voordat die verdedigende kampioen Wes-Indië die eindstryd op Lord’s in Londen teen die gasheer Engeland met 92 lopies gewen en sodoende sy tweede titel ingepalm het. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Kanada het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het.
Toewysing
Volgens die IKK het net Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.
Deelnemers
Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer. Sri Lanka en Kanada was die enigste twee deelnemende spanne sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee-eindstryd 1979 te haal. Sri Lanka het sy toetsstatus in 1982 ontvang.Oos-Afrika, wat aan die eerste krieketwêreldbeker deelgeneem het, kon nie vir hierdie krieketwêreldbeker kwalifiseer nie, dus het – vir die enigste keer in die toernooi se geskiedenis – geen Afrikaspan deelgeneem nie.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Engeland | Gasheer | Tweede | 1975 | Halfeindrondte (1975) | A |
Australië | Volle lede | Tweede | 1975 | Naaswenner (1975) | A |
Indië | Tweede | 1975 | Groepfase (1975) | B | |
Nieu-Seeland | Tweede | 1975 | Halfeindrondte (1975) | B | |
Pakistan | Tweede | 1975 | Groepfase (1975) | A | |
Wes-Indië | Tweede | 1975 | Kampioen (1975) | B | |
Sri Lanka | IKK-trofee 1979-wenner | Tweede | 1975 | Groepfase (1975) | B |
Kanada | IKK-trofee 1979-naaswenner | Eerste | — | Debuut | A |
Stadions
Die tweede krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions gespeel. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1979 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Londen, Groter Londen | Krieketwêreldbeker 1979 (Engeland) | Londen, Groter Londen |
---|---|---|
Lord’s | The Oval | |
51°31′45.84″N 0°10′21.72″W / 51.5294000°N 0.1727000°W | 51°29′1″N 0°6′54″W / 51.48361°N 0.11500°W | |
Kapasiteit: 30 000 | Kapasiteit: 23 500 | |
Birmingham, Wes-Midlands | Manchester, Groter Manchester | |
Edgbaston | Old Trafford | |
52°27′20.93″N 1°54′08.96″W / 52.4558139°N 1.9024889°W | 53°27′22.85″N 2°17′12.34″W / 53.4563472°N 2.2867611°W | |
Kapasiteit: 21 000 | Kapasiteit: 19 000 | |
Nottingham, Nottinghamshire | Leeds, Wes-Yorkshire | |
Trent Bridge | ||
52°56′12.78″N 1°07′55.78″W / 52.9368833°N 1.1321611°W | 53°49′3.58″N 1°34′55.12″W / 53.8176611°N 1.5819778°W | |
Kapasiteit: 15 350 | Kapasiteit: 14 000 | |
Formaat
Die Krieketwêreldbeker 1979 is oor 15 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 9 Junie 1979 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 23 Junie met die eindstryd tussen Wes-Indië en Engeland, waartydens Wes-Indië die Prudentialbeker ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1975 ingespan.
Kalender
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1979 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groep A | Groep B |
---|---|
Australië | Indië |
Groepfase
Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 1975 gebruik is; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters
’n Paneel van agt skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Wedstryde
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 3 | 3 | 0 | 0 | +3.07 | 12 |
Pakistan | 3 | 2 | 1 | 0 | +3.60 | 8 |
Australië | 3 | 1 | 2 | 0 | +3.16 | 4 |
Kanada | 3 | 0 | 3 | 0 | +1.60 | 0 |
9 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
47 (108) Geoffrey Boycott 2/15 (6 boulbeurte) | 53 (96) 2/38 (9.1 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
9 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
45 (110) 3/26 (10 boulbeurte) | 57* (122) 1/18 (9 boulbeurte) |
- Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- , , , , , , , , , en (almal Can) het hul EDI-debuut gemaak.
13–14 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
61 (57) 3/54 (12 boulbeurte) | 72 (129) 3/34 (11 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reserwedag op 14 Junie gebruik; 13 Junie uitgespoel.
- en (albei Aus) het hul EDI-debuut gemaak.
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Australië is hiermee uit die toernooi geskakel.
13–14 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
21 (99) 4/8 (10 boulbeurte) | 21* (31) 1/14 (6 boulbeurte) |
- Kanada het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reserwedag op 14 Junie gebruik; 13 Junie uitgespoel.
- (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
- Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Kanada is hiermee uit die toernooi geskakel.
16 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
29 (43) 5/21 (10 boulbeurte) | 27* (40) 2/27 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Can) het sy EDI-debuut gemaak.
- (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
16 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
33 (90) 3/27 (12 boulbeurte) | 51 (104) 4/15 (12 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Groep B
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|
Wes-Indië | 3 | 2 | 0 | 1 | +4.35 | 10 |
Nieu-Seeland | 3 | 2 | 1 | 0 | +4.43 | 8 |
Sri Lanka | 3 | 1 | 1 | 1 | +4.45 | 6 |
Indië | 3 | 0 | 3 | 0 | +2.78 | 0 |
9 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
75 (134) 4/33 (12 boulbeurte) | 106* (173) 1/46 (10 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Ind) het sy EDI-debuut gemaak.
- teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
9 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
59 (96) 3/25 (10.5 boulbeurte) | 83* (143) 1/39 (12 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- , en (almal NZ), asook , , en (almal SL) het hul EDI-debuut gemaak.
13–15 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
- geen loot nie
- Twee reserwedae gebruik, as gevolg van swaar reën nie gespeel nie.
- Dit is die eerste krieketwêreldbekerwedstryd wat afgelas is sonder dat ’n bal geboul is.
13 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
55 (144) 3/24 (12 boulbeurte) | 84* (167) 1/39 (12 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Nieu-Seeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
16–18 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
67 (120) 3/40 (12 boulbeurte) | 36 (57) 3/29 (11 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Reserwedag op 18 Junie gebruik, oorspronklike wedstryddatum (16 Junie) is uitgewas; 17 Junie was ’n Sondag.
- en (albei SL) het hul EDI-debuut gemaak.
16 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
73* (80) 2/40 (12 boulbeurte) | 42 (48) 3/43 (12 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
- Wes-Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
20 Junie – Manchester | ||||||
Engeland | 221/8 | |||||
Nieu-Seeland | 212/9 | 23 Junie – Londen | ||||
Engeland | 194 | |||||
20 Junie – Londen | Wes-Indië | 286/9 | ||||
Wes-Indië | 293/6 | |||||
Pakistan | 250 |
Halfeindrondte
20 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
71 (84) 2/46 (12 boulbeurte) | 69 (137) 3/55 (12 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Eng) het sy EDI-debuut gemaak.
20 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
73 (107) 4/56 (11 boulbeurte) | 93 (122) 3/29 (11 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
Eindstryd
23 Junie 1979 Telkaart |
t | ||
138* (157) 2/40 (12 boulbeurte) | 64 (130) 5/38 (11 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (WI) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
- teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Wes-Indië wen die Krieketwêreldbeker 1979 sonder ’n verlore wedstryd en brei hul reeks van onoorwonne krieketwêreldbekerwedstryde tot tien uit.
Krieketwêreldkampioen 1979 |
---|
Wes-Indië |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1979.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Gel | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Wes-Indië | B | 5 | 4 | 1 | 0 | 1017 | 846 | +171 | 18 | |
2 | Engeland | A | 5 | 4 | 0 | 1 | 786 | 853 | –67 | 16 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Pakistan | A | 4 | 2 | 1 | 1 | 827 | 794 | +33 | 10 | |
4 | Nieu-Seeland | B | 4 | 2 | 1 | 1 | 797 | 836 | –39 | 10 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Sri Lanka | B | 3 | 1 | 1 | 1 | 427 | 381 | +46 | +4.45 | 6 |
6 | Australië | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 462 | 551 | –89 | +3.16 | 4 |
7 | Indië | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 563 | 615 | –52 | +2.78 | 0 |
8 | Kanada | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 289 | 292 | –3 | +1.60 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies aangeteken:
| Meeste paaltjies geneem:
|
Sien ook
Verwysings
- (en) "Records / Prudential World Cup, 1979 / Most Runs". ESPNcricinfo. 23 Junie 1979. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Records / Prudential World Cup, 1979 / Most Wickets". ESPNcricinfo. 23 Junie 1979. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "England awarded 2019 World Cup". ESPNcricinfo. 30 April 2006. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "The 1979 World Cup in England – West Indies retain their title". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Martin Williamson (31 Januarie 2015). "The birth of the World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "How limited-overs cricket led to birth of World Cup". Dawn. 8 Februarie 2011. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "ICC Trophy 1979 – background". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "The 1979 World Cup in England – West Indies retain their title". ESPNcricinfo. 25 Oktober 2006. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Flashback: 1979 Cricket World Cup". Gulf News. 20 Mei 2019. Besoek op 7 April 2023.
- (en) Gursimran Hans (22 Julie 2018). "The history of the Cricket World Cup: 1979". Medium.com. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Cricket World Cup 2015: Australia v Bangladesh washed out by rain". BBC. 21 Februarie 2015. Besoek op 7 April 2023.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Team Records". ESPNcricinfo. Besoek op 7 April 2023.
Verdere leesstof
- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1979. |
- (en) England – The World Cup, 1979
- (en) Prudential World Cup 1979
- (en) The Prudential World Cup 1979
- (en) Prudential World Cup 1979 – Fixtures and Results
- (en) Prudential Cup '79 op IMDb
Krieketwêreldbeker | |||
---|---|---|---|
Engeland 1975 • Engeland 1979 • Engeland / Wallis 1983 • Indië / Pakistan 1987 • Australië / Nieu-Seeland 1992 • Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996 • Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003 • Wes-Indië 2007 • Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011 • Australië / Nieu-Seeland 2015 • Engeland / Wallis 2019 • Indië 2023 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027 • Indië / Bangladesj 2031 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar