<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
17 Januarie is die sewentiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 348 dae in die res van die jaar (349 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1566 – Pous Pius V word gekroon deur kardinaal Giulio Feltrio della Rovere.
- 1735 – Pous Clemens XII stel Giuseppe Spinelli, aartsbiskop van Napels aan as kardinaal.
- 1800 – Opstand van rojaliste in La Vendée, Frankryk.
- 1803 – Pous Pius VII stel sewe nuwe kardinale aan waaronder Jean-de-Dieu-Raymond de Boisgelin de Cucé, aartsbiskop van Tours, Frankryk.
- 1840 – Die Republiek van die Rio Grande verklaar onafhanklikheid van Meksiko.
- 1852 – Die Sandrivierkonvensie, waarvolgens Brittanje alle aansprake op mag anderkant die Vaalriver prysgee, word geteken.
- 1904 – Die laerliggende dele van Bloemfontein word na 'n hewige donderbui deur die Bloemspruit oorstroom. Sestig mense sterf en honderde is dakloos gelaat.
- 1934 – Jacobus Jonker, ’n delwer op die plaas Elandsfontein naby Pretoria, vind die vierde grootste diamant tot nog toe (ongeslyp 726 karaat), die Jonker-diamant.
- 1946 – Die Sekuriteitsraad van die Verenigde Nasies vergader vir die eerste keer in Church House in Londen.
- 1961 – Patrice Lumumba, die voormalige premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, sterf in 'n sluipmoordaanval in Katanga.
- 1991 – Irak: Operasie Desert Storm begin.
- 1994 – Die Northridge-aardbewing skud die Amerikaanse stad Los Angeles, Kalifornië op Martin-Luther-King-dag.
- 1995 – Groot Hansjin-aardbewing: 'n Aardbewing wat 7,2 op die Richterskaal registreer, vind naby Kobe, Japan, plaas met meer as 6 000 dood en meer as $100 miljard se skade aan eiendom.
- 2002 – Demokratiese Republiek van die Kongo: Die vulkaan Nyiragongo kom tot uitbarsting.
Geboortes
- 1463 – Frederik III van Sakse, Keurvors van Sakse († 1525).
- 1504 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) († 1572).
- 1600 – Pedro Calderón de la Barca, Spaanse dramaturg († 1681).
- 1637 – Robert Fludd, Britse-natuurkundige, astroloog en mistikus († 1637)
- 1706 – Benjamin Franklin, Amerikaanse politikus en wetenskaplike († 1790).
- 1820 – Anne Brontë, Engelse skryfster (* 1849).
- 1834 – August Weismann, bioloog, grondlegger van erflikheidsleer († 1914).
- 1835 – Jan Ferguut, Vlaamse digter en skrywer († 1902).
- 1895 – Henning Klopper, Suid-Afrikaanse taalstryder († 1985).
- 1899 – Al Capone, Amerika se bekendste Chicago-gangster († 1947).
- 1922 – Betty White, Amerikaanse aktrise en sangeres († 2021).
- 1923 – Hannah Botha, Afrikaanse aktrise († 2007).
- 1927 – Solly Ozrovech, predikant en skrywer van Christelike boeke († 2015).
- 1927 – Eartha Kitt, Amerikaanse sangeres, danseres en aktrise († 2008).
- 1931 – James Earl Jones, Amerikaanse akteur.
- 1933 – Dalida, Franse sangeres en aktrise († 1987).
- 1940 – Tabaré Vázquez, Uruguaanse politikus en staatsman, president van Uruguay († 2020).
- 1942 – Muhammad Ali, voormalige Amerikaanse bokser en swaargewigwêreldkampioen († 2016).
- 1948 – Mick Taylor, Britse sanger en liedjieskrywer (The Rolling Stones).
- 1957 – Susanna Hoffs, Amerikaanse sangeres (The Bangles).
- 1962 – Jim Carrey, Amerikaanse akteur.
- 1964 – Michelle Obama, voormalige Amerikaanse presidentsvrou.
- 1968 – Ilja Leonard Pfeijffer, Nederlandse digter, romansier, polemikus en klassikus.
- 1978 – Mandoza, Suid-Afrikaanse kwaito-musikant († 2016).
- 1986 – Max Adler, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
Sterftes
- 395 – Theodosius I, keiser van die Romeinse Ryk (* 347).
- 1598 – Fjodor I van Rusland, tsaar van Rusland (* 1557).
- 1751 – Tomaso Albinoni, Venesiese komponis (* 1671).
- 1893 – Rutherford B. Hayes, Amerikaanse staatsman, president van die Verenigde State (* 1822).
- 1900 – Ds. Philip Snyman, predikant in twee gemeentes van die Gereformeerde Kerk (* 1859).
- 1931 – Groothertog Pieter Nikolajewitsj van Rusland, die tweede oudste seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland (* 1864).
- 1942 – Walter von Reichenau, veldmaarskalk in die Duitse Leër (* 1884).
- 1961 – Patrice Lumumba, Kongolese staatsman, premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo (* 1925).
- 1962 – Gerrit Achterberg, Nederlandse digter (* 1905).
- 1997 – Clyde Tombaugh, Amerikaanse sterrekundige wat Pluto ontdek het (* 1906).
- 1991 – Olaf V van Noorweë (* 1903).
- 2005 – Virginia Mayo, Amerikaanse aktrise (* 1920).
- 2005 – Zhao Ziyang, Chinese politikus, premier van die Volksrepubliek China (* 1919).
- 2008 – Bobby Fischer, Amerikaanse skaakspeler (* 1943).
- 2012 – Johnny Otis, Amerikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1921).
- 2018 – Roy Bennett, Zimbabwiese politikus (* 1957).
- 2023 – Sandra Seacat, Amerikaanse aktrise en leermeesteres (* 1936).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 January. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar