Luxemburg (Frans: Luxembourg, Nederlands: Luxemburg, Duits: Luxemburg, Waals: Lussimbork, Luxemburgs: Lëtzebuerg) is 'n Belgiese provinsie in Wallonië. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 294 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 4 459 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 66 per km². Die hoofstad is Aarlen (Arlon/Arel).
Luxemburg Luxembourg | |
---|---|
Provinsie | |
Uitsig op | |
Vlag Wapen | |
Ligging van die provinsie Luxemburg in België | |
Koördinate: 49°55′N 5°25′O / 49.917°N 5.417°O | |
Land | België |
Gewes | Wallonië |
Hoofstad | Aarlen |
Regering | |
• Goewerneur | Olivier Schmitz |
Oppervlak | |
• Totaal | 4 459,25 km2 (1 721,73 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 293 967 |
• Digtheid | 66/km2 (170/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.province.luxembourg.be |
Luxemburg lê in die suidooste van België en grens in die ooste aan die Groothertogdom Luxemburg en in die suide aan die Franse geweste Lotaringe en (vir 'n stukkie) Champagne-Ardenne. In Luxemburg word Frans en Wallonies gepraat, behalwe in die suidooste teen die grens met die Groothertogdom Luxemburg waar daar ook Luxemburgs gepraat word, die . In die suide teen die grens met Lotaringe word naas Frans ook gepraat.
Luxemburg lê grotendeels in die Ardenne, behalwe die uiterste noordweste wat in die en die lê en die uiterste suide wat of die genoem word. Deur die suider deel van die provinsie vloei die en deur die noorder deel die . Die Baraque de Fraiture in die munisipaliteit is met 652 meter die hoogste heuwel in Luxemburg en die op twee na hoogste van België.
Administratiewe indeling
Luxemburg is in administratiewe opsig in vyf arrondissemente verdeel:
Die arrondissimente is in 44 munisipaliteite verdeel.
Verwysings
- Statbel
- Statbel
- Wallonies word nog tot 'n mindere mate gepraat.
- Gaumais is 'n variant van Lorreins.
- Die hoogste heuwels van België is die Signal van Botrange (694 meter) en die Weißer Stein (693 meter) in die provinsie Luik.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Luxemburg (provinsie).
- (fr) Amptelike webwerf van die provinsie Luxemburg
Provinsies, geweste en gemeenskappe van België | |
---|---|
Brusselse Hoofstedelike Gewes |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar