IIIe Paralimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Paralimpiese Winterspele 1984 (Duits: Paralympische Winterspiele 1984), destyds bekend as die 3de Olimpiese Winterspele vir Gestremdes, is tussen 14 en 20 Januarie 1984 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 419 atlete uit 21 nasies aan 107 items in 3 verskillende sportsoorte deelgeneem.
Dit was die derde Paralimpiese Winterspele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Die Olimpiese Winterspele 1984 is tussen 8 en 19 Februarie in Sarajevo, Joego-Slawië, gehou. Die Paralimpiese Somerspele 1984 vir atlete met breinverlamming, gesigsgestremde atlete, atlete met amputasies en les autres is tussen 17 en 30 Junie in New York Stad, Verenigde State, aangebied, terwyl dié vir rolstoelatlete tussen 22 Julie en 1 Augustus in Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk, aangebied is.
Sporte
3 Paralimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
- (56)
- (35)
- Ysslee (16)
Deelnemende nasies
Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
- Australië (3)
- België (3)
- Denemarke
- Finland
- Frankryk
- Italië
- Japan (15)
- Joego-Slawië (10)
- Kanada (22)
- Nederland (6)
- Nieu-Seeland (8)
- Noorweë
- Oostenryk
- Pole
- Spanje (4)
- Swede
- Switserland
- Tsjeggo-Slowakye (2)
- Verenigde Koninkryk (22)
- Verenigde State (51)
- Wes-Duitsland
Getal medaljes
Hier is al die lande wat medaljes by die Spele verower het:
Plek | Land | Deelnemers | Goud | Silwer | Brons | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Oostenryk (AUT) | – | 34 | 19 | 17 | 70 |
2 | Finland (FIN) | – | 19 | 9 | 6 | 34 |
3 | Noorweë (NOR) | – | 15 | 13 | 13 | 41 |
4 | Wes-Duitsland (FRG) | – | 10 | 14 | 10 | 34 |
5 | Verenigde State (USA) | 51 | 7 | 14 | 14 | 35 |
6 | Swede (SWE) | – | 7 | 2 | 5 | 14 |
7 | Switserland (SUI) | – | 5 | 16 | 16 | 37 |
8 | Frankryk (FRA) | – | 4 | 2 | 0 | 6 |
9 | Pole (POL) | – | 3 | 2 | 8 | 13 |
10 | Kanada (CAN) | 22 | 2 | 8 | 4 | 14 |
11 | Nieu-Seeland (NZL) | 8 | 1 | 3 | 1 | 5 |
12 | Verenigde Koninkryk (GBR) | 22 | 0 | 4 | 6 | 10 |
13 | Italië (ITA) | – | 0 | 0 | 1 | 1 |
Joego-Slawië (YUG) | 10 | 0 | 0 | 1 | 1 | |
Totaal (21 NPKs) | 419 | 107 | 106 | 102 | 315 |
Sien ook
- Paralimpiese Winterspele 1988 in Innsbruck
Verwysings
- "IPC Historical Results Archive" (in Engels). Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2018. Besoek op 23 Januarie 2018.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Paralimpiese Winterspele 1984.
- (en) Innsbruck 1984 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.
Paralimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Somerspele: Rome 1960 • Tokio 1964 • Tel Aviv 1968 • Heidelberg 1972 • Toronto 1976 • Arnhem 1980 • New York & Stoke Mandeville 1984 • Seoel 1988 • Barcelona 1992 • Atlanta 1996 • Sydney 2000 • Athene 2004 • Beijing 2008 • Londen 2012 • Rio de Janeiro 2016 • Tokio 2020 • Parys 2024 • Los Angeles 2028 • Brisbane 2032 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar