- Hierdie artikel handel oor die dorp in die Noord-Kaap in Suid-Afrika. Vir ander gelyknamige plekke, sien Warrenton (dubbelsinnigheidsbladsy).
Warrenton is 'n dorp in die ooste van die Noord-Kaap, in Suid-Afrika. Die dorp is langs die N12 nasionale pad en op die oewer van die Vaalrivier geleë. Die dorp ondersteun hoofsaaklik die omliggende boerdery-gemeenskappe. In 1888 word diamante hier ontdek en word tot 1926 ontgin. Die dorp is genoem na Charles Warren.
Warrenton | |
---|---|
Dorp | |
Spoorwegbrug oor die Vaalrivier by Warrenton | |
Warrenton Warrenton se ligging in Noord-Kaap | |
Koördinate: 28°7′S 24°51′O / 28.117°S 24.850°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Magareng |
Stigting | 1880 |
Regering | |
• Tipe | Plaaslike munisipaliteit |
• Burgemeester | Gladys Makena (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 31,7 km2 (12,2 vk. myl) |
Hoogte | 1 180 m (3 870 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 22 588 |
• Digtheid | 713/km2 (1 850/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 14.2% |
• Swart mense | 79.6% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 66.7% |
• Afrikaans | 21.7% |
• Xhosa | 3.8% |
• Sotho | 2.0% |
• Ander | 5.8% |
Poskode (strate) | 8530 |
Poskode (posbusse) | 8530 |
Skakelkode | 053 |
Distrik
Die distrik is 1 585 km² groot. Die landbou van die distrik, bedryf op die Vaal-Harts-besproeiing nedersetting, lewer grondbone, lusern, koring, mielies en katoen. Bees- en merinoskaapboerdery is ook belangrik. Daar is verskeie kaasfabrieke in die distrik. Kaolien (porseleinklei) word ook gemyn.
Sien ook
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Som van die hoofplekke Ikhutseng en Warrenton tydens die 2011-sensus.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Warrenton, Noord-Kaap.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar