<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
2 Augustus is die 214de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (215de in skrikkeljare). Daar volg nog 151 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 216 v.C. – Hannibal vernietig 'n leër van die Romeine by die Slag van Cannae.
- 257 – Pous Sixtus II volg Pous Stefanus I op.
- 1057 – Pous Stefanus IX (X) volg Pous Victor II op.
- 1757 – Pous Benedictus XIV publiseer Quam grave teen die opdra van die mis deur nie-priesters.
- 1762 – Die Franse parlement verbied die Jesuïte.
- 1870 – Tower Subway, die wêreld se eerste moltrein, open in Londen.
- 1917 – 'n Sopwith Pup word die eerste vliegtuig om op 'n skip te land en op te styg.
- 1934 – Adolf Hitler word Führer van Nazi Duitsland.
- 1945 – Die Geallieerdes se Potsdam Kongres bepaal die toekoms van die verslane Duitsland, en voorwaardes vir Japan.
- 1964 – Die vandag omstrede Tonkin-voorval lei tot die toetrede van die VSA tot die Viëtnamoorlog.
- 1980 – 'n Reuse bomontploffing lê die treinstasie in Bologna, Italië in puin met 75 sterftes tot gevolg.
- 1990 – Irak val Koeweit in wat aanleiding gee tot die Golfoorlog.
Geboortes
- 1696 – Mahmoed I, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk († 1754)
- 1778 – Erasmus Smit, eerste predikant van die Voortrekkers († 1863).
- 1799 – Karl Ludwig Philipp Zeyher, Suid-Afrikaanse plantkundige († 1858).
- 1814 – Sir Charles Adderley, Britse staatsman na wie Adderleystraat in Kaapstad vernoem is († 1905).
- 1835 – Elisha Gray, Amerikaanse elektriese ingenieur († 1901).
- 1876 – Frank Brownlee, magistraat in die Transkei en volksverhaal skrywer († 1952)
- 1881 – Gustave van de Woestijne, Belgiese ekspressionistiese skilder († 1947).
- 1925 – Piet Koornhof, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister († 2007).
- 1931 – Ruth Maria Kubitschek, Duitse aktrise († 2024).
- 1932 – Peter O'Toole, Ierse akteur en bekend geraak as Lawrence of Arabia († 2013).
- 1947 – Sjoerd Soeters, Nederlandse argitek.
- 1961 – Tom Gouws, Afrikaanse skrywer en akademikus († 2018).
- 1964 – Mary-Louise Parker, Amerikaanse aktrise.
- 1968 – Chanté Hinds, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1976 – Lianie May, Afrikaanse ligte sangeres.
- 1970 – Kevin Smith, Amerikaanse akteur.
- 1989 – Vanes-Mari du Toit, Suid-Afrikaanse professionele netbalspeler.
Sterftes
- 640 – Pous Severinus, die 71ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 686 – Pous Johannes V, die 82ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1100 – Willem II, koning van Engeland.
- 1785 – Georg Schmidt, sendeling van die Morawiese kerk (* 1709).
- 1906 – Marie Koopmans-de Wet, kampvegter vir Afrikanerregte, kultuurleidster (* 1834).
- 1920 – Enrico Caruso, Italiaanse operasanger (* 1873).
- 1922 – Alexander Graham Bell, Skotse wetenskaplike en uitvinder (* 1847).
- 1923 – Warren G. Harding, 29ste President van die Verenigde State (* 1865).
- 1936 – Louis Blériot, Franse ontdekker, lugvaartpionier en ingenieur (* 1872).
- 1945 – Pietro Mascagni, Italiaanse komponis (* 1863).
- 1997 – William S. Burroughs, Amerikaanse skrywer (* 1914).
- 2013 – Barbara Trentham, Amerikaanse aktrise en model (* 1944).
- 2019 – Leonard Reitstein, Suid-Afrikaanse skaakkaptein en skaakskrywer (* 1928).
- 2020 – Marinus Wijnbeek, Suid-Afrikaans-Nederlandse wetenskaplike en TV-programaanbieder (* 1940).
- 2020 – Leon Fleisher, Amerikaanse pianis en dirigent (* 1928).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Stefanus I in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 August. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar