<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
6 Januarie is die sesde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 359 dae in die res van die jaar (360 in skrikkeljare).
Gebeure
- 386 – Pous Siricius hou ’n sinode in Rome wat die kerklike dissipline vaslê.
- 754 – Pous Stefanus II trek oor die Alpe en ontmoet Pepyn die Korte by Ponthion om sy hulp te vra teen die Lombarde.
- 1450 – Pous Nicolaas V begin die heiligverklaringsproses van Sint Simpert van Ausburg. Die proses word eers in 1468 voltooi.
- 1453 – ’n Sameswering teen Pous Nicolaas V word ontdek en onderdruk.
- 1563 – Pous Pius IV stel Frederico Gonzaga, broer van die hertog van Mantua en Ferdinando de’ Medici, seun van die hertog van Florence aan as kardinale.
- 1485 – Pous Innocentius VIII verklaar Markgraaf Leopold van Oostenryk heilig.
- 1560 – Pous Pius IV word gekroon deur kardinaal Alessandro Farnese.
- 1622 – Pous Gregorius XV stig die Congregatio de propagande fide met sy bul Inscrutabili divinae providentia.
- 1704 – Eerste kerkgebou van NG gemeente Kaapstad die Groote Kerk word ingewy.
- 1768 – Pous Clemens XIII publiseer Summa Quae – Oor die Poolse Kerk.
- 1838 – Samuel Morse toets die elektriese telegraaf suksesvol vir die eerste keer.
- 1857 – Die Vierkleur word die eerste keer gehys.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Platrand vind plaas.
- 1903 – Albert Einstein trou met Mileva Maric.
- 1907 – Maria Montessori open haar eerste skool en dagsorgsentrum vir werkersklaskinders in Rome.
- 1912 – Nieu-Meksiko word die 47ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1963 - Windhoek se middestad word oorstroom na 'n wolkbreuk; ten minste 6 mense verdrink.
- 1973 – Schoolhouse Rock draai vir die eerste keer.
- 1995 – ’n Brand in ’n woonstel in Manila lei tot die ontbloting van die beplande Operasie Bojinka-komplot van Al-Kaïda.
- 2005 – Oudpres. Nelson Mandela bevestig dat sy enigste oorlewende seun, Makgatho Mandela, gesterf het aan MIV/vigs.
- 2021 – Gewapende aanhangers van die uitgaande president Donald Trump bestorm die Amerikaanse Kapitool in Washington, D.C.
Geboortes
- 1367 – Richard II van Engeland († 1400).
- 1412 – Johanna van Arkel, Franse nasionale heldin († 1431).
- 1834 – Georges de Layens, Franse botanis en byeboer († 1897).
- 1838 – Max Bruch, Duitse komponis en dirigent († 1920).
- 1861 – Victor Horta, Belgiese argitek en ontwerper († 1947).
- 1865 – Stephanus Postma, Afrikaanse teoloog en predikant († 1904).
- 1878 – Carl Sandburg, Amerikaanse digter en geskiedkundige († 1967).
- 1890 – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter († 1933).
- 1897 – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus († 1946).
- 1906 – Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 1982).
- 1913 – Loretta Young, Amerikaanse aktrise († 2000).
- 1944 – Bonnie Franklin, Amerikaanse aktrise († 2013).
- 1946 – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het († 2006).
- 1955 – Rowan Atkinson, Britse akteur.
- 1955 – Virginia Davids, Suid-Afrikaanse sopraan.
- 1962 – Mike Schüssler, Suid-Afrikaanse ekonoom († 2022).
- 1984 – Marius van der Westhuizen, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 1986 – Deepika Padukone, Indiese aktrise en model.
- 1987 – Bongani Khumalo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1999 – Eliza Scanlen, Australiese aktrise.
Sterftes
- 1448 – Christoffel van Beiere, 'n koning van Denemarke, Noorweë en Swede (* 1418).
- 1693 – Mehmet IV, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1642)
- 1884 – Gregor Mendel, Oostenrykse Augustynse monnik, bioloog en ontdekker van die grondslag van die genetika (* 1822).
- 1919 – Theodore Roosevelt, die 26ste President van die Verenigde State (1901–1909) (* 1858).
- 1919 – Walther Paucker, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1878).
- 1981 – A.J. Cronin, Skotse fisikus en digter (* 1896).
- 1993 – Rudolf Nureyev, Russiese balletdanser (* 1938).
- 1993 – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek (* 1917).
- 1995 – Joe Slovo, 'n Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, en 'n lid van die ANC (* 1926).
- 2013 – Neil Adcock, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1931).
- 2019 – Johan Claassen, Suid-Afrika se ses-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929).
- 2022 – Sir Sidney Poitier, Amerikaans gebore Bahamaanse akteur, regisseur, skrywer en diplomaat (* 1927).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Driekoningedag in Katolisisme
Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 January. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar