<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
9 Januarie is die negende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 356 dae in die res van die jaar (357 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1185 – Pous Lucius III stel Umberto Crivelli (later Pous Urbanus III) aan as kardinaal en aartsbiskop van Milaan.
- 1522 – Pous Adrianus VI volg Pous Leo X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1548 – Pous Paulus III stel Charles II de Bourbon-Vendôme aan as kardinaal.
- 1623 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale.
- 1788 – Connecticut word die 5de deelstaat van die Verenigde State.
- 1909 - Groot skade word aangerig en drie mense verdrink nadat die Apiesrivier sy walle oorstroom in Pretoria.
- 1922 – 'n Staking deur sowat 22,000 werkers in goudmyne aan die Witwatersrand begin.
- 1941 – Die Avro Lancaster bomwerper onderneem sy nooiensvlug.
- 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Britse en Suid-Afrikaanse magte herower Bardia in Noord-Afrika.
- 2008 – Peter de Villiers word aangewys as die eerste swart afrigter van die Springbokke.
- 2015 – 'n Massa vergiftiging by 'n begrafnis in Mosambiek laat 75 dood en meer as 230 mense siek.
Geboortes
- 1554 – Alessandro Ludovisi (later Pous Gregorius XV), 234ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1623).
- 1654 – Philippe van Dievoet, Belgiese goudsmid van koning Lodewyk XIV († 1738)
- 1871 – Eugène Marais, Afrikaanse skrywer en digter († 1936).
- 1888 – M.T.R. Smit, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer († 1972).
- 1908 – Simone de Beauvoir, Franse feministiese skryfster († 1986).
- 1911 – Gypsy Rose Lee, Amerikaanse aktrise († 1970).
- 1913 – Richard Nixon, Amerikaanse politikus en staatsman; 37ste President van die Verenigde State († 1994).
- 1928 – Judith Krantz, Amerikaanse romans skryfster († 2019).
- 1932 – Ryne de Beer, Suid-Afrikaanse musikant (Die Fluitende Predikantsvrou) († 2008).
- 1933 – Wilbur Smith, Zambiesgebore Suid-Afrikaanse romanskrywer († 2021).
- 1941 – Joan Baez, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer en aktivis.
- 1967 – Dave Matthews, Amerikaanse musikant.
- 1967 – Gary Teichmann, Suid-Afrika se vyf-en-veertigste Springbokkaptein.
- 1975 – André Vos, Suid-Afrika se nege-en-veertigste Springbokkaptein.
- 1982 – Catherine, Hertogin van Cambridge.
- 1998 – Kerris Dorsey, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
- 1514 – Anna van Bretagne, koningin van Frankryk (* 1477).
- 1848 – Caroline Herschel, Duits / Engelse sterrekundige en sangeres (* 1750).
- 1873 – Charles Louis Napoleon Bonaparte, keiser en bekend as Napoleon III van Frankryk (* 1808).
- 1878 – Victor Emmanuel II, koning van Italië (* 1820).
- 1908 – Wilhelm Busch, Duitse skilder (* 1832).
- 1904 – Alf Richards, Suid-Afrika se derde Springbokkaptein (* 1867).
- 1925 – Willem Conradie, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die skrywer van onder meer die Afrikaanse Kinderbybel (* 1857).
- 1930 – Eduard Willem Bok, Amerikaanse redakteur en bekroonde skrywer (* 1863).
- 1931 – Genl. Jan Celliers, Boerekryger (* 1861).
- 1947 – Karl Mannheim, Duitse sosioloog (* 1893).
- 1949 – Julius Allum, Noorse militêre attaché in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog en skrywer (*1865)
- 1966 – Antanas Žmuidzinavičius, Litause skilder (* 1876).
- 1995 – Souphanouvong, President van Laos (* 1909).
- 2014 – Paul du Toit, Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat gespesialiseer het in skilderkuns, papier, gemengde media en beeldhouwerk (* 1965).
- 2017 – Zygmunt Bauman, Pools-Britse sosioloog en filosoof (* 1925).
- 2018 – Gerald Morkel, premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad (* 1941).
- 2022 – Dwayne Hickman, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1934).
- 2023 – Melinda Dillon, Amerikaanse aktrise (* 1939).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Feesdag van Pous Gregorius X in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 9 January. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar