<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
30 Januarie is die 30ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 335 dae in die res van die jaar (336 in skrikkeljare).
Gebeure
- 1226 – Pous Honorius III keur die Orde van die Karmeliete goed met die bul "Ut vivendi normam".
- 1592 – Pous Clemens VIII volg Pous Innocentius IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1649 – Koning Charles I word onthoof vir hoogverraad voor die Banqueting House in Londen tydens die Engelse Burgeroorlog.
- 1713 – Pous Clemens XI stel Benedetto Erba-Odescacalchi, aartsbiskop van Milaan en Damian Hugo Philipp von Schönborn aan as kardinale.
- 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer Prodiit jamdudum, weer oor karnaval.
- 1820 – Edward Bransfield van die Britse Vloot land op die vasteland van Antarktika.
- 1933 – Adolf Hitler word ingesweer as kanselier van Duitsland.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Wilhelm Gustloff seeramp vind plaas.
- 1964 – Die onbemande ruimtetuig Ranger 6 word lanseer.
- 1968 – In die Viëtnamoorlog, stuur Viëtkong magte die Tết Offensief op Viëtnamese Nuwejaarsdag (Tet) van stapel.
- 1981 – Apartheid: Vier-en-twintig mense sterf in Operasie Beanbag, ’n aanval deur die Suid-Afrikaanse Weermag op die ANC en PAC, in Matola, ’n woonbuurt in Maputo, Mosambiek. ’n Portugese ingenieur, Jose Ramos, word verkeerdelik geïdentifiseer as Joe Slovo en by ’n padblokkade doodgeskiet.
- 2007 – ’n Omroeper by SAFM, John Perlman, bedank nadat hy politieke sensorskap by die SAUK onthul het.
- 2017 – Marokko sluit by die Organisasie vir Afrika-eenheid aan ná dié land se onttrekking 33 jaar tevore as gevolg van die Wes-Sahara-konflik.
Geboortes
- 133 – Didius Julianus, Romeinse keiser († 193).
- 1882 – Franklin D. Roosevelt, Amerikaanse politikus en staatsman, 32ste President van die Verenigde State († 1945).
- 1888 – D.B. Bosman, Afrikaanse taalkundige († 1960).
- 1899 – Max Theiler, Suid-Afrikaanse viroloog, ontvanger van die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde (1951) († 1972).
- 1913 – Amrita Sher-Gil, Indiese skilderes († 1941).
- 1925 – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis († 2013).
- 1930 – Genl. Magnus Malan, voormalige Minister van Verdediging en Hoof van die SA Weermag († 2011).
- 1937 – Boris Spasski, Russiese skaakspeler.
- 1938 – Islam Karimof, eerste president van Oesbekistan († 2016).
- 1946 – Paul Alexander, Amerikaanse verlamde polio-oorlewende, wat die laaste man was wat in 'n ysterlong geleef het († 2024).
- 1949 – Randall Wicomb, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer († 2015).
- 1951 – Phil Collins, Britse rocksanger en musiekvervaardiger.
- 1972 – Mike Johnson, Amerikaanse politikus.
- 1974 – Christian Bale, Britse akteur.
- 1977 − Khumbudzo Ntshavheni, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister.
- 2001 − Christo Lamprecht, Suid-Afrikaanse amateurgholfspeler.
Sterftes
- 1649 – Karel I van Engeland, koning van Engeland, Ierland en Skotland (* 1600).
- 1730 – Pieter II van Rusland, keiser van Rusland (* 1715).
- 1858 – Coenraad Jacob Temminck, 'n Nederlandse aristokraat, dierkundige en direkteur van 'n museum (* 1778).
- 1910 – Granville T. Woods, Amerikaanse uitvinder (* 1856).
- 1948 – Mahatma Gandhi, charismatiese Indiese massa-bewegingsleier, wat die saak van Brits-koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring het (* 1869).
- 1951 – Ferdinand Porsche, 'n Oostenryk-Duitse motoringenieur (* 1875).
- 1956 – Gerrit Mannoury, Nederlandse filosoof en wiskundige (* 1867).
- 1956 – Charlie Taylor, vervaardiger van die enjin vir die eerste eerste aangedrewe vlug deur die Wright-broers (* 1868).
- 2022 – Dawid Swart, Suid-Afrikaanse akteur (* 1945).
- 2023 – Cindy Williams, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1947).
- 2024 – Chita Rivera, Amerikaanse aktrise (* 1933).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Feesdag van St. Hippolitus in die Ortodokse Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 30 Januarie. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar