Florence (Italiaans: Firenze) is 'n stad in Italië, die hoofstad van die Toskane, en die provinsie . Die stad het omtrent 382 000 inwoners en is aan die Arno-rivier geleë. Dit is die bakermat van die renaissance en hiermee een van die bekendste kultuurstede in Europa. Die historiese sentrum van Florence is in 1982 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Florence | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Italië |
Administratiewe gewes | Toskane |
Koördinate | 43°46′N 11°15′O / 43.767°N 11.250°O |
Gestig op | 59 v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 102,41 vk km |
Hoogte bo seevlak | 50 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2017) | 382 258 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 732,6vk/km |
- Metropolitaanse gebied | 1 500 000 |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Dario Nardella (PD) |
Amptelike webwerf | comune.firenze.it |
Museums in Florence
Belangrike museums in Florence sluit die Uffizi, geleë op die plein die in, 'n kunsmuseum met skilderye van Leonardo da Vinci, Sandro Botticelli, Titiaan, Domenico Ghirlandaio, en baie bekende Europese skilders; die Galleria dell'Accademia, met beeldhouwwerke (Michelangelo se 'David') en die Palazzo Pitti.
Sport
Volgens oorlewering word in Florence sedert die 16de eeu Calcio storico fiorentino beoefen, wat baie ooreenkomste met beide sokker en rugby toon.
In sokker word Florence deur die ACF Fiorentina in die Serie A verteenwoordig. Hulle het in 1956 en 1969 twee Italiaanse kampioenskappe gewen en ses Italiaanse bekers. Die klub speel sy tuiswedstryde op die met 'n kapasiteit van 43 147, wat ook beide die Italiaanse nasionale rugbyspan en sokkerspan gehuisves het. Daarbenewens is dit sowel tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934 as tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990 vir wedstryde ingespan.
Rugby is ook gewild in Florence: Sedert 2017 speel die I Medicei in die hoogste Italiaanse rugbyliga, Eccellenza. In 2016 het die Italiaanse nasionale rugbyspan op Stadio Artemio Franchi hul eerste oorwinning teen die Springbokke nog aangeteken.
Verwysings
- (en) Jake Halpern (4 Augustus 2008). "Balls and Blood". Sports Illustrated. Besoek op 2 Junie 2022.
- (en) "Italy celebrate famous first win over sorry South Africa". The Guardian. 9 November 2016. Besoek op 2 Junie 2022.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Florence.
- Amptelike webtuistes
- (it) Amptelike webwerf
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
- Kuns, argitektuur en ontwerp
- (it) Uffizi
- (en) Architectural Digest: A Design Love's Guide to Florence
- Toerisme
- (en) Toerisme-inligting oor Florence op Wikivoyage
- (en) Foto's van Florence
- (en) Florence Travel Guide Geargiveer 21 Oktober 2006 op Wayback Machine
- (en) Florence Tourist Guide
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar