Kalsiumkarbonaat is 'n kalsiumsout van koolsuur. Die stof se chemiese formule is CaCO3.
Algemeen | |
---|---|
Naam | Kalsiumkarbonaat |
Chemiese formule | CaCO3 |
Molêre massa | 100,09 [g/mol] |
CAS-nommer | 471-34-1 |
Voorkoms | Wit vastestof |
Fasegedrag | |
(Selkonstantes) | a=4,989; c=17.062 Å; (heks.) Z=6 (kalsiet) a=4,959; b=7.968; c=5,741 Å; Z=4 (aragoniet) |
Ruimtegroep | romboedries R͞3c (kalsiet) ortorombies Pmcn (aragoniet) |
Nommer | 167 |
Smeltpunt | 825 °C |
Kookpunt | |
Digtheid | 2,7-2,9 (rel) |
(Oplosbaarheid) | 13 [mg/L] |
Ksp | 2,8 10-9 |
Brekingsindeks | dubbelbrekend (kalsiet) no=1.6557, ne=1.4852 @630nm |
3 Mohs (kalsiet) | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | onbrandbaar |
LD50 | 6450 [mg/kg] (oraal in rotte) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Dit is 'n algemene stof wat in gesteentes voorkom as die minerale kalsiet en aragoniet, veral in kryt en kalksteen, eierdoppe, buikpotige skulpe, skulpvisskelette en pêrels.
Kalsiumkarbonaat word al baie eeue in die bounywerheid gebruik, byvoorbeeld in portlandsement.
Vorming
Kalsiumkarbonaat kan vorm uit ongebluste kalk en koolstofdioksied
Of uit gebluste kalk en koolstofdioksied:
Verwering
In aanwesigheid van water kan kalsiumkarbonaat self verder reageer met koostofdioksied om kalsiumbikarbonaat te vorm
Omrede die bikarbonaat beter oplosbaar is as die karbonaat kan hierdie reaksie tot verwering lei van gesteentes soos kryt wat uit kalsiumkarbonaat bestaan. Die opgeloste kalsiumbikarbonaat kan in die grondwater deursyfer en in grotte druipsteen vorm, as stalagmiete en stalaktiete, soos dit gebeur in Suid-Afrika se Kangogrotte.
Optiese eienskappe
Groot kristalle van kalsiet kom in die natuur voor, veral op Ysland. In die sigbare en naby-infrarooigebied is hulle deursigtig, maar sterk dubbelbrekend. Die kristal is negatief eenassig en dit word toegepas as polariseerder in hierdie golflengtegebied. Dit is moontlik om kwartgolflengteplaatjies daaruit te maak wat liniêrgepolariseerde lig omsit in sirkulêrgepolariseerd.
Verwysings
- "MSDS Avogadro Iowa State" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2016. Besoek op 4 Februarie 2016.
- "Webmineral" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020.
- F. Wolfgang Tegethoff Calcium Carbonate: From the Cretaceous Period into the 21st Century, 2001,ISBN 978-3-0348-9490-6
- "Solubility Product Constants near 25 °C". University of Rhode Island.
- "Red Optronics webwerf" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2018. Besoek op 7 Februarie 2016.
- "Die geologie van die Swartberge, die Kangovallei en die omgewing van Prins Albert, K.P., 1966" (PDF). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 7 Februarie 2016.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar