- Hierdie is 'n artikel oor die Krokodilrivier, 'n sytak van die Limpopo. Vir die Krokodilrivier wat aansluit by die Komatirivier, sien Krokodilrivier (Mpumalanga).
Die Krokodilrivier is 'n takrivier van die Limpoporivier wat in Roodepoort, Gauteng ontspring en noord vloei tot dit by die Maricorivier aansluit, om die Limpoporivier te vorm. Die opvanggebied van die Krokodil word op 29 572 km2 geskat.
Krokodilrivier | |
---|---|
Krokodilrivier suid van Thabazimbi (NASA satellietfoto) | |
Stroomgebied | Gauteng, Noordwes, Limpopo |
Hoofrivier | Limpoporivier |
Oorsprong | Naby , Witwatersrand, Suid-Afrika |
Sytak -regs | Pienaarsrivier, Rietvleirivier |
Monding | Samevloei met Groot Maricorivier word Limpoporivier |
Krokodilrivier | |
Koördinate: 24°11′27″S 26°52′22″O / 24.19083°S 26.87278°O |
Ontstaan en roete
Die oorsprong van die Krokodilrivier is net noord van Ontdekkersweg by in Krugersdorp. Hier is die rivier nog 'n klein stroompie genaamd Muldersdrif se Loop. Dit vloei noord, oor die Witpoortjie-waterval in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Roodepoort en onderdeur die N14 nasionale pad by Muldersdrift.
Hiervandaan kronkel die rivier nog noordwaarts, verby die Lanseria-lughawe en vloei in die Hartbeespoortdam in. Anderkant die dam hou die rivier noordwes, verby Brits en deur die Rooikoppiesdam.
Die rivier vloei steeds noordwes, suid verby Thabazimbi tot waar dit met die Maricorivier saamvloei om die Limpoporivier te word, net wes van 'n gehuggie Rooibokkraal op die grens van Botswana en Suid-Afrika.
Verwysings
- http://www.fao.org/3/y5744e/y5744e07.htm
- Major rivers and streams within the Limpopo River Basin
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar