- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Punjabi's.
Pandjabi (Gurmukhi: ਪੰਜਾਬੀ, pãjābī; Sjahmukhi: پنجابی, paṉjābī, [pʌnˈdʒɑːbi]) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 100 miljoen mense, veral Punjabi's, in die historiese distrik Punjab van Indië en Pakistan gepraat word.
Pandjabi ਪੰਜਾਬੀ pãjābī پنجابی paṉjābī | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [pʌnˈdʒɑːbi] | |
Gepraat in: | Indië Pakistan | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 129 miljoen | |
Rang: | 10 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Indo-Aries Pandjabi | |
Skrifstelsel: | , | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Indië
| |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | pa | |
ISO 639-2: | pan | |
ISO 639-3: | pan | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Pandjabi is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstaat Punjab. In Pakistan is Pandjabi nie 'n amptelike taal nie, maar wel 'n streektaal in Punjab en die mees gebruikte taal in Pakistan, nog voor die amptelike taal Oerdoe. Pandjabi is wêreldwyd die tiende belangrikste taal. Pandjabi bestaan uit 'n oostelike en 'n westelike dialek. Dit is die naaste verwant aan Dogri en Sindhi.
Die Sikhs gebruik Pandjabi as seremoniële taal in die Gurmukhi-alfabet, terwyl Hindoes die Devanagari-alfabet gebruik en Pakistani's die Shahmukhi-alfabet. In Sikhisme is Pandjabi onder meer die taal van die heilige skrifte Adi Granth.
Sien ook
- Pandjabi-Wikipedia
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Punjabi, Eastern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 9 Augustus 2019.
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Punjabi, Western" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 9 Augustus 2019.
- (en) Skatting vir 2001 volgens George Cardona en Dhanesh Jain: General Introduction. In: George Cardona en Dhanesh Jain (uitgewer): The Indo-Aryan Languages. Routledge, London 2003. bl. 2.
- (en) "The Constitution of India" (PDF). Regering van Indië, Departement van Reg en Justisie. 1 Desember 2007 [1950]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 9 September 2014.
- (en) Kachru, Braj B.; Kachru, Yamuna; Sridhar, S. N. (27 Maart 2008). Language in South Asia. Cambridge University Press. p. 128. ISBN 978-1-139-46550-2. Besoek op 7 Junie 2015.
Sikhs often write Punjabi in Gurmukhi, Hindus in Devanagari, and Muslims in Perso-Arabic.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pandjabi.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Pandjabi.
- (en) "Punjabi language". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Augustus 2019.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar