Die nasionale vlag van Jordanië is op 18 April 1928 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon drie horisontale bane in swart, wit en groen met ’n rooi driehoek aan die vlagpaalkant waarin ’n wit sewepuntige ster is.
Gebruik | Burgerlike- en staatsvlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 16 April 1928 |
Ontwerp | ’n Horisontale driekleur in swart, wit en groen met ’n rooi driehoek teen die vlagpaal en ’n wit ster in die driehoek. |
Simboliek
Rooi, wit, groen en swart is tradisioneel die Pan-Arabiese kleure. In die vlag van Jordanië stel die kleure die volgende voor: swart stel die Abbasidiese Kalifaat voor, wit stel die Omajjadiese Kalifaat voor, groen stel die Fatimidiese Kalifaat voor en rooi stel die Hasjemiete en die Arabiese Opstand voor. Die sewepuntige ster stel die sewe verse van die eerste soera in die Koran en die eenheid van die Arabiese volk voor. Sommiges is van mening dat die ster die sewe heuwels waarop Amman, die hoofstad, gebou is, voorstel.
Kleure
Die kleurskema word hieronder gelys:
Rooi | Wit | Groen | Swart | |
---|---|---|---|---|
RGB | 206/17/38 | 255/255/255 | 0/122/61 | 0/0/0 |
Heksadesimaal | #ce1126ff | #FFFFFF | #007a3dff | #000000ff |
CMYK | 0/92/82/19 | 0/0/0/0 | 100/0/50/52 | 0/0/0/100 |
Interpretasie van kleure
Skema | Tekstielkleur |
---|---|
Rooi | Die Hasjemitiese dinastie; bloedige stryd vir vryheid. |
Wit | Die Omajjadiese dinastie; helder en vreedsame toekoms. |
Groen | Die Fatimidiese dinastie; Ali, die neef en skoonseun van Mohammed. |
Swart | Die Abbasidiese dinastie; onderdrukking in die verlede. |
Ander vlae
- Lugmagvaandel van Jordanië
- Vlootvaandel van Jordanië
- Vlag van die Jordaniese Koninklike Leër
- Koninklike standaard van Jordanië
- Vlag van die Arabiese Opstand, 1917
- Vlag van Transjordanië, 1921 tot 1928
- Vlag van Transjordanië, 1928 tot 1939
Soortgelyke vlae
- Vlag van die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara
- Vlag van Egipte
- Vlag van Irak
- Vlag van Jemen
- Vlag van Koeweit
-
- Vlag van Sirië (regering)
- Vlag van Sirië (1932–1958, 1961–1963, opposisie sedert 2011)
- Vlag van Soedan
- Vlag van Somaliland
- Vlag van die Verenigde Arabiese Emirate
Verwysings
- "Jordanië" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 27 Mei 2019.
- "Jordan" (in Engels). Central Intelligence Agency. 26 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2020. Besoek op 27 Mei 2019.
- "National Anthem". kinghussein.gov.jo (in Engels). Regering van Jordanië. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Desember 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Jordanië. |
- (en) Jordanië by Flags of the World.
- (en) "Flag of Jordan". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Mei 2019.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar