’n Dag-en-nag-ewening, soms net ’n nagewening of ook ekwinoks genoem (Latyn: aequinoctium, "gelyke nag"), is wanneer die Son loodreg bo die ewenaar skyn. Anders gestel, dit is wanneer die Son op een van die snypunte van die sonnebaan en die hemelewenaar lê.
Gebeure | Maart- ewening | Junie- stilstand | September- ewening | Desember- stilstand | ||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Maand | Maart | Junie | September | Desember | ||||
Jaar | ||||||||
Dag | Tyd | Dag | Tyd | Dag | Tyd | Dag | Tyd | |
2010 | 20 | 17:32 | 21 | 11:28 | 23 | 03:09 | 21 | 23:38 |
2011 | 20 | 23:21 | 21 | 17:16 | 23 | 09:04 | 22 | 05:30 |
2012 | 20 | 05:14 | 20 | 23:09 | 22 | 14:49 | 21 | 11:12 |
2013 | 20 | 11:02 | 21 | 05:04 | 22 | 20:44 | 21 | 17:11 |
2014 | 20 | 16:57 | 21 | 10:51 | 23 | 02:29 | 21 | 23:03 |
2015 | 20 | 22:45 | 21 | 16:38 | 23 | 08:20 | 22 | 04:48 |
2016 | 20 | 04:30 | 20 | 22:34 | 22 | 14:21 | 21 | 10:44 |
2017 | 20 | 10:28 | 21 | 04:24 | 22 | 20:02 | 21 | 16:28 |
2018 | 20 | 16:15 | 21 | 10:07 | 23 | 01:54 | 21 | 22:23 |
2019 | 20 | 21:58 | 21 | 15:54 | 23 | 07:50 | 22 | 04:19 |
2020 | 20 | 03:50 | 20 | 21:44 | 22 | 13:31 | 21 | 10:02 |
2021 | 20 | 09:37 | 21 | 03:32 | 22 | 19:21 | 21 | 15:59 |
2022 | 20 | 15:33 | 21 | 09:14 | 23 | 01:04 | 21 | 21:48 |
2023 | 20 | 21:24 | 21 | 14:58 | 23 | 06:50 | 22 | 03:27 |
2024 | 20 | 03:07 | 20 | 20:51 | 22 | 12:44 | 21 | 09:20 |
2025 | 20 | 09:02 | 21 | 02:42 | 22 | 18:20 | 21 | 15:03 |
Hoe dit werk
Met die dag-en-nag-ewenings is die lengte van die dag en nag oral op Aarde ewe lank en kom die Son presies in die ooste op. ’n Uitsondering hierop is by die Noord- en Suidpool: daar kom die Son met een ewening op en sak hy met die volgende ewening.
Twee nagewenings vind elke jaar plaas, op of rondom 20 Maart en 23 September. Omdat hulle in die Suidelike Halfrond onderskeidelik die begin van die herfs en lente aandui, word hulle ook soms die herfsnagewening en lentenagewening genoem. In die Noordelike Halfrond werk dit andersom: die Maart-ewening is die begin van die lente en die September-ewening die begin van die herfs.
Verskeie antieke en moderne konstruksies is so gebou dat die Son op die nagewenings op ’n spesiale manier daarin of daarop skyn, byvoorbeeld deur ’n deuropening of op ’n bepaalde punt. Voorbeelde daarvan is Stonehenge, die Piramide van Cheops en die Pantheon in Rome.
Verwysings
- United States Naval Observatory (4 Januarie 2018). "Earth's Seasons and Apsides: Equinoxes, Solstices, Perihelion, and Aphelion". Besoek op 18 September 2018.
- Astro Pixels (20 Februarie 2018). "Solstices and Equinoxes: 2001 to 2100". Besoek op 21 Desember 2018.
Eksterne skakels
- Besonderhede oor die lengte van die dag en nag op die nagewenings Geargiveer 17 September 2020 op Wayback Machine. U.S. Naval Observatory
- Bereking van die lengte van die dag
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dag-en-nag-ewening.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar