Prins Edward, die Hertog van Edinburg (Edward Antony Richard Louis; gebore 10 Maart 1964) is die jongste seun van koningin Elizabeth en prins Philip. Met sy geboorte was hy die derde aanspraakmaker op die Britse troon, maar is tans die 13de aanspraakmaker. Hy is op 10 Maart 2023, sy 59ste verjaardag, die Hertog van Edinburg gemaak. Dit is 'n titel wat voorheen aan sy pa, prins Philip, behoort het en van 2021-2022 aan sy broer, koning Charles III.
Prins Edward | |
---|---|
Hertog van Edinburg | |
Prins Edward in 2015 | |
Volle naam | Edward Antony Richard Louis |
Eggenote | Sophie, Hertogin van Edinburg |
Kinders | Lady Louise Mountbatten-Windsor James Mountbatten-Windsor, Graaf van Wessex |
Titels | SKH die Hertog van Edinburg SKH prins Edward |
Huis | Windsor |
Vader | Prins Philip |
Moeder | Koningin Elizabeth |
Gebore | 10 Maart 1964 Buckingham-paleis, Londen |
Hy het in 1986 ’n BA-graad behaal en het so slegs die vierde lid van die Britse koninklike familie geword wat ’n universiteitsgraad behaal.
Edward was betrokke by die teater en het in die laat 1980's vir twee teatermaatskappye gewerk, onder andere Andrew Lloyd Webber se Really Useful Group, waar hy deel was van produksies soos Phantom of the Opera, Starlight Express en Cats. Hy het daarna betrokke geraak by televisieproduksies, maar is daarvan beskuldig dat hy sy koninklike konneksies gebruik vir persoonlike gewin. Hy het hom daarna toegespits op sy openbare pligte. Hy het in die afgelope paar jaar baie van sy pa se rolle oorgeneem.
Edward is in 1999 getroud met Sophie Rhys-Jones. Hulle het twee kinders, lady Louise Mountbatten-Windsor en James Mountbatten-Windsor, Graaf van Wessex.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Prince Edward, Duke of Edinburgh
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Prins Edward, Hertog van Edinburg.
- Royal.uk – Die Hertog van Edinburg
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar