Die vlag van Frans-Guyana is ’n nie-amptelike vlag van die Franse oorsese gebied.
Gebruik | Nasionale vlag en - en vaandel |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 15 Februarie 1796 |
Ontwerp | Drie vertikale bane in blou, wit en rooi. |
Op 29 Januarie 2010 het die Algemene Raad van die département van Frans-Guyana eenstemmig besluit op ’n vlag vir Frans-Guyana. Dit is egter nie deur die opperste streeksraad erken nie. Die enigste franse vlag wat amptelike status op die eiland geniet, kragtens die Franse grondwet, is die vlag van Frankryk. Die kleure van die vlag wat deur die Algemene Raad goedgekeur is het die volgende simboliese waardes: groen stel die woude voor, geel stel goud en ander minerale van die eilande voor en die rooi ster stel sosialisme voor. Die vlag is identies aan dié van die vakbond UGT en die Mouvement de décolonisation et d'émancipation sociale (Dekolonisasie en Sosiale Bevrydingsbeweging) wat beide ten gunste van onafhanklikheid is.
Vlag van die gebied
Die vlag van die Région is 'n wit vlag met 'n logo van 'n geel ster op ’n blou strook bo ’n oranje figuur in ’n geel boor op ’n groen strook bo twee oranje golwende lyne. Bo en onder die logo is die woorde Guyane en la Région in groen aangebring.
Die amptelike vlag van die département is ’n diagonaal verdeelde groen en geel vlag met ’n rooi vyfpuntige ster in die middel van die vlag.
- Vlag van die Région Frans-Guyana
- Vlag van die hoofstad Cayenne
- Vlag van die département Frans-Guyana
- Vlag van die Onafhanklikheidsbeweging
Verwysings
- "Die Algemene Raad aanvaar die Guyanese vlag" (in Frans). 26 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2019. Besoek op 18 April 2013.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Vlae van Frans-Guyana. |
- (en) Frans-Guyana by Flags of the World.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar