<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
17 Augustus is die 229ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (230ste in skrikkeljare). Daar volg nog 136 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 682 – Pous Leo II volg Pous Agato op.
- 1498 – Cesare Borgia seun van Pous Alexander VI bedank as kardinaal.
- 1611 – Pous Paulus V stel elf kardinale aan, waaronder Gaspar Borja y Velasco, kanunnik van Toledo, Spanje.
- 1691 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word goewerneur van Ascoli.
- 1740 – Pous Benedictus XIV volg Pous Clemens XII as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1909 – Hewige sneeustorm in Joubertpark, Johannesburg wat plek-plek 40 cm sneeu agterlaat.
- 1943 – Die bomwerper Schweinfurt-Regensburg-sending vind plaas tydens die Tweede Wêreldoorlog.
- 1945 – Sukarno en Hatta verklaar Indonesiese onafhanklikheid.
- 1958 – Pioneer 0 word lanseer en ontplof net na lansering.
- 1960 – Gaboen, die laaste van die vier gebiede waaruit die voormalige Frans-Ekwatoriaal-Afrika bestaan het, word onafhanklik.
- 1962 – Oos-Duitse grenswagte skiet die 18-jarige Peter Fechter dood tydens sy poging om oor die Berlynse Muur na Wes-Berlyn te vlug.
- 1978 – Drie Amerikaanse ballonvaarders slaag in die eerste warmlugballonvlug oor die Atlantiese Oseaan.
- 1982 - Die anti-apartheidsaktivis Ruth First sterf in Maputo toe 'n briefbom in haar kantoor ontplof.
- 1987 – Nazi gevangene Rudolf Hess, word dood aangetref in die Spandaugevangenis.
- 1990 – Vyf-en-dertig mense sterf in gevegte tussen pro-Inkatha-hostelbewoners en inwoners van Soweto.
- 1993 – Veelparty-onderhandelaars besluit eenparig om Walvisbaai, destyds 'n enklawe van Suid-Afrika, aan Namibië te oorhandig.
- 1998 – Die Amerikaanse President Bill Clinton erken dat hy 'n onbehoorlike fisiese verhouding met Withuis intern Monica Lewinsky gehad het.
Geboortes
- 1601 – Pierre de Fermat, Franse wiskundige († 1665).
- 1786 – Davy Crockett, Amerikaanse avonturier.
- 1844 – Menelik II, keiser van Ethiopië († 1913).
- 1887 – Karel I van Oostenryk, laaste keiser van Oostenryk-Hongarye († 1922).
- 1888 – Monty Woolley, Amerikaanse akteur († 1963).
- 1893 – Mae West, Amerikaanse aktrise en draaiboekskrywer († 1980).
- 1896 – Leslie Groves, lt-generaal in die Amerikaanse Leër en projekbestuurder van die Manhattan-projek († 1970)
- 1896 – Hendrik de Vries, Nederlandse digter en skilder († 1989).
- 1918 – Evelyn Ankers, Brits-Amerikaanse aktrise († 1985).
- 1920 – Maureen O'Hara, Iers-Amerikaanse aktrise en sangeres († 2015).
- 1926 – Jiang Zemin, Chinese ingenieur, oud-politikus, 5de President van China.
- 1933 – Gene Kranz, Amerikaanse lugvaartingenieur en NASA se tweede hoofvlugdirekteur.
- 1943 – Robert de Niro, Amerikaanse akteur.
- 1943 – Mikola Sjmatko, Oekraïense beeldhouer, professor en skilder.
- 1946 – Hugh Baiocchi, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 1949 – Julian Fellowes, Engelse akteur en regisseur, politikus.
- 1951 – Richard Hunt, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1952 – Nelson Piquet (snr), Brasiliaanse voormalige Formule Eenrenjaer en driemalige wêreldkampioen.
- 1958 – Belinda Carlisle, Amerikaanse sangeres.
- 1959 – Jonathan Franzen, Amerikaanse skrywer (romansier en essayis).
- 1960 – Sean Penn, Amerikaanse akteur, regisseur, rolprentmaker en politieke aktivis.
- 1968 – Helen McCrory, Engelse aktrise († 2021).
- 1969 – Donnie Wahlberg, Amerikaanse akteur en vervaardiger.
- 1977 – Thierry Henry, Franse sokkerspeler.
- 1980 – Lene Marlin, Noorse musikant.
Sterftes
- 309 of 310 – Pous Eusebius, die 31ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1590 – Pous Sixtus V, die 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1521).
- 1681 – Patriarg Nikon, ’n Russiese geestelike (* 1605).
- 1786 – Fredrik II, koning van die Pruise (* 1712)
- 1809 – Matthew Boulton, Britse nyweraar en entrepreneur (* 1728).
- 1875 – Wilhelm Bleek, Duitse linguis en navorser van Afrikatale (* 1827).
- 1922 – Jacob van Deventer, Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder (* 1877
- 1942 – Herman Auerbach, Poolse wiskundige (* 1901).
- 1971 – Wilhelm List, Duitse veldmaarskalk (* 1880).
- 1979 – Vivian Vance, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1909).
- 1982 – Ruth First sterf toe sy 'n briefbom oopmaak wat vir haar man, Joe Slovo bedoel was (* 1928)
- 1987 – Rudolf Hess, Duitse soldaat en politikus (* 1894).
- 1990 – Pearl Bailey, Amerikaanse aktrise en sangeres (* 1918).
- 2010 – Francesco Cossiga, Italiaanse politikus, 8ste President van Italië (* 1928).
- 2022 – Marzanne Leroux-Van der Boon, Afrikaanse skrywer (* 1940).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 17 August. |
- Feesdag van Pous Eusebius in die Rooms-Katolieke Kerk (Voorheen op 26 September).
- (Onafhanklikheidsdag) in Indonesië (1945), Gaboen (1969)
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar