<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
1 Maart is die 60ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (61ste in skrikkeljare). Daar volg nog 305 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 492 – Pous Gelasius I volg Pous Felix III op.
- 705 – Pous Johannes VII volg Pous Johannes VI op.
- 1510 – Die Slag van Soutrivier vind in Tafelbaai plaas.
- 1553 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word aangestel as aartsbiskop van Rossano voordat hy priester was.
- 1562 – Die Franse geloofsoorloë begin met ’n menseslagting op die Hugenote.
- 1565 – Estácio de Sá stig die stad Rio de Janeiro (Brasilië).
- 1591 – Pous Gregorius XIV ekskommunikeer Henri IV, koning van Frankryk.
- 1686 – Twintig oorlewendes van die Stavenisse arriveer in die Kaap.
- 1710 – Pous Clemens XI verklaar Lucia Broccadelli van Narni salig.
- 1753 – Swede is die laaste Wes-Europese land wat die Gregoriaanse kalender aanvaar.
- 1803 – Ohio word die 17de deelstaat van die Verenigde State.
- 1841 – Pous Gregorius XVI stel Louis-Jacques-Maurice de Bonald, aartsbiskop van Lyon aan as kardinaal.
- 1867 – Nebraska word die 37ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1896 – Ethiopië wen die beslissende Slag van Adoea oor Italië wat die Eerste Italo-Abessiniese Oorlog tot ’n einde bring.
- 1919 – Japannese heerskappy in Korea: Die Samilbeweging in Korea begin landwyd met menige vreedsame protesaksies, maar word brutaal deur die Japannese polisie en weermag onderdruk.
- 1941 – In Suidwes-Afrika stig die NG gemeente Omaruru af van die moedergemeente, Otjiwarongo.
- 1947 – Die Internasionale Monetêre Fonds begin sy finansiële werksaamhede.
- 1954 – Die 15-megaton waterstofbom Castle Bravo ontplof op Bikini-atol in die Stille Oseaan, wat een van die ergste gevalle van radioaktiewe besoedeling deur kerntoetsing tot gevolg het.
- 1970 – Verenigde State President John F. Kennedy stig die Peace Corps.
- 1970 – Ysland sluit aan by die Europese Vryhandelsvereniging.
- 1992 − Bosnië-Herzegowina verklaar sy onafhanklikheid van Joego-Slawië.
- 1994 – Walvisbaai word amptelik deur Suid-Afrika aan Namibië oorhandig.
- 2001 – Wang Wei, in 'n Chinese vegvliegtuig, tref 'n VSA spioenvliegtuig.
- 2006 – Die Nuwe Nasionale Party ontbind.
Geboortes
- 1445 – Sandro Botticelli, skilder van "The birth of Venus" († 1510).
- 1798 – Gerrit Maritz, vername Voortrekkerpionier en leier († 1838).
- 1810 – Frédéric Chopin, Franse komponis († 1849).
- 1833 – Johann Heinrich Ferdinand Parow, Duitse eiendomsmagnaat aan die Kaap († 1910).
- 1850 – Abraham Kriel, Suid-Afrikaanse predikant en stigter van die Langlaagte-kinderhuis († 1928).
- 1878 – A.G. Visser, Suid-Afrikaanse digter († 1929).
- 1904 – Paul Hartman, Amerikaanse akteur († 1973).
- 1926 – Cesare Danova, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1927 – Basie Vivier, Suid-Afrika se vier-en-twintigste Springbokkaptein († 2009).
- 1938 – Aart Staartjes, 'n Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrmaker († 2020).
- 1939 – George Louw, Suid-Afrikaanse uitgewer, digter, en dramaturg († 2023).
- 1953 – Marietjie de Jongh, 'n Suid-Afrikaanse en Afrikaanse skryfster.
- 1954 – Catherine Bach, Amerikaanse aktrise.
- 1954 – Ron Howard, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Bryan Batt, Amerikaanse akteur.
- 1967 – George Eads, Amerikaanse akteur.
- 1971 – Thomas Adès, Britse komponis, pianis en dirigent.
- 1978 – Jensen Ackles, Amerikaanse akteur.
- 1983 – Lupita Nyong'o, Keniaanse aktrise en vervaardiger.
- 1994 – Justin Bieber, Kanadese sanger.
Sterftes
- 492 – Pous Felix III, die 48 pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 965 – Pous Leo VIII, die 131ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1510 – Francisco de Almeida, 'n Portugese edelman, soldaat en ontdekkingsreisiger (* 1450).
- 1551 – Martin Bucer, Duitse teoloog (* 1491).
- 1792 – Leopold II, Heilige Romeinse Keiser, (* 1747).
- 1911 – Jacobus Henricus van 't Hoff, Nederlandse fisiese chemikus (* 1852).
- 1970 – Ed. Hoornik, Nederlandse digter, skrywer, dramaturg (* 1910).
- 1987 – Bertrand de Jouvenel, Franse filosoof, politieke ekonoom en futuris (* 1903).
- 2006 – Jack Wild, Britse akteur en sanger (* 1952).
- 2013 – Bonnie Franklin, Amerikaanse aktrise (* 1944).
- 2015 – Daniel von Bargen, Amerikaanse akteur (* 1950).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Sint Dawiddag in Wallis.
- Mărţişor in Roemenië.
- Martenitsa in Bulgarye.
- Feesdag van Pous Felix III in die Rooms-Katolieke Kerk.
Gepubliseer
Teologie
- 1756 – Ex Quo: Oor die Euchologion (Bisantynse liturgieboek) - deur Pous Benedictus XIV.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 March. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar