<< | Maart 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
6 Maart is die 65ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (66ste in skrikkeljare). Daar volg nog 300 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1446 – Ou-Zürich-oorlog: Veldslag by Bad Ragaz. Die Switserse Bondgenootskap verslaan ´n Oostenrykse aanvalsmag van 5000 soldate.
- 1447 – Pous Nicolaas V volg Pous Eugenius IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1521 – Ferdinand Magellaan en sy bemanning word die eerste Europeërs om Guam in die Mariana-eilande te bereik.
- 1559 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word goewerneur van Perugia en Umbrië.
- 1561 – Pous Pius IV laat kardinaal Carlo Carafa en sy broer Giovanni Carafa, hertog van Paliano, teregstel weens hulle betrokkenheid by die moord op die hertog se swanger vrou.
- 1566 – Pous Pius V stel sy familielid Michele Bonelli aan as kardinaal.
- 1591 – Pous Gregorius XIV stel nog vier nuwe kardinale aan waaronder Odoardo Farnese, ab van Grottaferrata.
- 1642 – Pous Urbanus VIII publiseer sy bul "In eminenti" waarin die Jansenisme veroordeel word.
- 1645 – Pous Innocentius X stel sewe nuwe kardinale aan, waaronder Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI).
- 1665 – Die eerste uitgawe van die Philosophical Transactions of the Royal Society verskyn.
- 1779 – Pous Pius VI publiseer "Nuper pro" oor erflatings in Portugal.
- 1869 – Dmitri Mendelejef stel die eerste periodieke tabel van chemiese elemente aan die Russiese chemiese vereniging voor.
- 1899 – Bayer registreer Aspirien as 'n handelsmerk.
- 1957 – Ghana word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1987 – 193 mense aanboord van die Britse veerboot M/S Herald of Free Enterprise kom om toe dit omslaan terwyl dit die hawe van Zeebrugge, België verlaat onderweg na Dover, Engeland oor die Engelse Kanaal.
- 2006 – Die Suid-Afrikaanse rolprent Tsotsi ontvang die Oscar vir die beste buitelandse rolprent op die toekenningseremonie in Hollywood.
- 2009 – Knysna-meer, die Wildernis, Tsitsikamma en ander parke in staatsbesit smelt saam om die nuwe Tuinroete Nasionale Park te vorm.
Geboortes
- 1340 – Jan van Gent, die 1ste Hertog van Lancaster, was ’n lid van die Huis van Plantagenêt († 1399)
- 1475 – Michelangelo, Italiaanse skilder, beeldhouer, argitek, digter en ingenieur († 1564).
- 1619 – Cyrano de Bergerac, Franse dramaturg en soldaat († 1655)
- 1779 – Antoine-Henri Jomini, Switserse generaal († 1869).
- 1914 – Kiril Kondrašin, Sowjet- en Russiese dirigent († 1981).
- 1917 – Frankie Howerd, Engelse komediant, akteur († 1992).
- 1926 – Andrzej Wajda, Poolse teater- en filmregisseur († 2016).
- 1927 – Gabriel García Márquez, Colombiaanse skrywer († 2014).
- 1930 – Lorin Maazel, Amerikaanse dirigent, violis en komponis († 2014).
- 1936 – Colin Meads, Nieu-Seelandse rugbyspeler († 2017).
- 1937 – Valentina Teresjkova, lid van die Russiese Staatsdoema, ingenieur en voormalige ruimtevaarder.
- 1939 – Lina Spies, Afrikaanse literator en digter.
- 1944 – Kiri Te Kanawa, gewese Nieu-Seelandse operasangeres.
- 1947 – Cicely van Straten, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1947 – Rob Reiner, Amerikaanse akteur.
- 1952 – Chris Burger, heelagter van die WP, wat gesterf het na nekbesering († 1980).
- 1941 – Karyn Kupcinet, Amerikaanse aktrise († 1963).
- 1968 – Moira Kelly, Amerikaanse aktrise.
- 1972 – Shaquille O'Neal, Amerikaanse afgetreede basketbalspeler, akteur.
- 1984 – Leïla Bekhti, Frans-Algeriese rolprent- en televisieaktrise.
- 1987 – Bobby van Jaarsveld, Afrikaanse sanger en akteur.
- 1992 – Samuel Bankman-Fried, Amerikaanse belegger.
Sterftes
- 1836 – James Bowie, Amerikaanse pionier en jagter (* 1796)
- 1930 – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) (* 1854).
- 1930 – Alfred von Tirpitz, Duitse admiraal (* 1849).
- 1967 – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur (* 1901).
- 1982 – Ayn Rand, Amerikaanse skryfster en filosoof (* 1905).
- 1994 – Koos Prinsloo, Afrikaanse joernalis en skrywer van postmodernistiese kortverhale (* 1957).
- 2001 – Dr. Gert van der Linde, predikant van die Gereformeerde Kerk (* 1920).
- 2005 – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 1906).
- 2007 – Jean Baudrillard, Franse sosioloog, kultuurkritikus en filosoof (* 1929).
- 2016 – Nancy Reagan, Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State (* 1921).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Onafhanklikheidsdag in Ghana (1957)
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar