<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
1 Mei is die 121ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (122ste in skrikkeljare). Daar volg nog 244 dae.
Gebeure
- Jaarliks: Die Suiderkruis bereik sy hoogste punt aan die hemelruim om tien uur saans.
- 305 – Diocletianus en Maximianus bedank uit die diens van die Romeinse keiser.
- 752 – Pepyn die Korte word as die eerste koning van die Franke gekroon; waarskynlik deur Sint Bonifatius.
- 1045 – Pous Gregorius VI volg Pous Benedictus IX op.
- 1274 – Tweede konsilie van Lyon begin.
- 1328 – Verdrag van Edinburgh-Northampton - Engeland erken Skotland as ’n onafhanklike volk na die Oorloë van Skotse Onafhanklikheid.
- 1551 – Die tweede sessie van die konsilie van Trente begin.
- 1579 – Pous Gregorius XIII stig die Engelse seminarie in Rome.
- 1585 – Pous Sixtus V word gekroon deur kardinaal Ferdinando De’Medici.
- 1672 – Pous Pius V word salig verklaar deur Pous Clemens X.
- 1699 – Pierre Le Moyne d’Iberville stig die eerste Europese vesting in die Mississippirivier vallei.
- 1707 – Die Uniewet verbind Engeland en Skotland om saam om die Koninkryk van Groot-Brittanje te vorm.
- 1714 – George I van die Huis van Hannover is verkies om die troon van die Koninkryk van Groot-Brittanje op te volg na die dood van Koningin Anna.
- 1753 – Publikasie van Species Plantarum deur Carolus Linnaeus, en die formele begindatum van plant-taksonomie aanvaar deur die International Code van Botanical Nomenclature.
- 1776 – Adam Weishaupt stig die Illuminati in Ingolstadt, Duitsland.
- 1786 – Openingsaand van die opera Die huwelik van Figaro deur Wolfgang Amadeus Mozart in Wene.
- 1790 – Die Verenigde State se eerste sensus word voltooi.
- 1798 – In die Slag van Rothenthurm verslaan 4 000 burgerlikes uit Schwyz onder Alois Reding 'n Franse aanvalsmag van 12 000 soldate.
- 1840 – Die Penny Black-posseël word verkoop in die Verenigde Koninkryk.
- 1851 – Die Great Exhibition open in Londen.
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Chancellorsville begin.
- 1869 – Die Folies-Bergere open in Parys.
- 1873 – Die 1873 Vienna World Fair open in Wene.
- 1876 – Colorado word as staat verklaar.
- 1884 – Proklamasie van die aandring van die agt-uur werksdag in die Verenigde State.
- 1886 – Die begin van die algemene staking wat uiteindelik lei tot die agt-ure werksdag in die Verenigde State. Dit word deesdae gevier as May Day of Werkersdag in die meeste industriële lande.
- 1883 – Buffalo Bill se eerste Wild West Show.
- 1893 – Die World Columbian Exposition open in Chicago (Illinois).
- 1894 – Japan verklaar oorlog teen China as gevolg van Korea.
- 1894 – Coxey se Weermag, die eerste noemenswaardige Amerikaanse protes optog, arriveer in Washington, D.C.
- 1898 – Spaans-Amerikaanse Oorlog: die Slag van Manilabaai en die Verenigde State Vloot verwoes die Spaanse Stille Oseaan vloot.
- 1901 – Die Pan American Exposition word geopen in Buffalo, New York.
- 1931 – Die Empire State Gebou open in New York Stad.
- 1940 – Die 1940 Somer Olimpiese Spele word gekanselleer.
- 1941 – Orson Welles se Citizen Kane premier in New York Stad.
- 1941 – Tweede Wêreldoorlog: Duitsland val Tobruk aan.
- 1944 – Die NG gemeente Johannesburg-Wes stig af van die NG gemeente Brixton.
- 1948 – Die Demokratiese Republiek van Korea (Noord-Korea) word gestig, met Kim Il-sung as president.
- 1950 – Guam word georganiseer as ’n Verenigde State gemeenskapslid.
- 1954 – Taku, ’n stad in Japan, word gestig.
- 1956 – Die polio-entstof ontwikkel deur Jonas Salk word beskikbaar gemaak aan die publiek.
- 1960 – Benin verkry onafhanklikheid as Dahomey.
- 1960 – Francis Gary Powers, in ’n U-2 spioenasievliegtuig, word afgeskiet oor die Sowjetunie en die U-2-krisis begin.
- 1967 – Elvis Presley trou met Priscilla Beaulieu.
- 1978 – Japan se Naomi Uemura word die eerste persoon om die Noordpool alleen te bereik.
- 1982 – Die 1982 World’s Fair open in Knoxville, Tennessee.
- 1983 – Edwin El Chapo Rosario wen die WBC wêreldliggewigbokstitel deur Jose Luis Ramirez te verslaan in San Juan, en word Puerto Rico se 14de wêreld-bokskampioen.
- 1994 – Die Brasilaanse Formule 1-renkampioen Ayrton Senna sterf gedurende die San Marino Grand Prix.
- 2004 – Estland, Hongarye, Letland, Litaue, Pole, Slowakye, Slowenië en Tsjeggië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en sluit met Malta en Siprus aan by die Europese Unie.
- 2010 – Geskeduleerde vlugte begin by die nuwe Koning Shaka Internasionale Lughawe noord van Durban.
- 2011 – Pous Johannes Paulus II word salig verklaar deur sy opvolger Pous Benedictus XVI.
Geboortes
- 1218 – Rudolph I von Habsburg, Keiser van die Heilige Romeinse Ryk († 1291).
- 1769 – Arthur Wellesley, 1ste hertog van Wellington, Britse veldmaarskalk en staatsman, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 1852).
- 1772 – Sir Galbraith Lowry Cole, die vyfde Britse goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop († 1842).
- 1859 – Willem Johannes Leyds, 'n Nederlandse prokureur, staatsman en Staatsekretaris in die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1940).
- 1909 – Kate Smith, Amerikaanse sangeres († 1986).
- 1916 – Glenn Ford, Kanadese akteur († 2006).
- 1923 – Joseph Heller, Amerikaanse skrywer († 1999).
- 1925 – Scott Carpenter, Amerikaanse ruimtevaarder († 2013).
- 1937 – Una Stubbs, Britse aktrise en danseres († 2021).
- 1950 – Rodoljub Vulović, Bosniese musikant.
- 1952 – Pierre van Pletzen, Suid-Afrikaanse akteur en regisseur.
- 1958 – Patrice Talon sakeman, politikus en president van Benin.
- 1975 – Neil Sandilands, Suid-Afrikaanse akteur en sanger.
- 1978 – Gina Grad, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 408 – Arcadius, keiser van die Bisantynse Ryk (* ± 377)
- 1555 – Pous Marcellus II, die 222ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1501).
- 1572 – Pous Pius V, die 225ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1504).
- 1841 – Sir Rufane Donkin, 'n waarnemende goewerneur van die Kaapkolonie en die grondlegger van Port Elizabeth (* 1772).
- 1904 – Antonín Dvořák, Tsjeggiese komponis (* 1841).
- 1945 – Joseph Goebbels, Duitse politikus (* 1897).
- 1945 – Hans Krebs, Duitse generaal (* 1898).
- 1978 – Felix du Plessis, Suid-Afrika se twintigste Springbokkaptein (* 1919).
- 1991 – Jack Cope, Suid-Afrikaanse skrywer, digter asook ’n redakteur (* 1913)
- 1994 – Ayrton Senna, Brasiliaanse renjaer (* 1960).
- 2007 – Emgee Pretorius, Afrikaanse akteur (* 1923).
- 2017 – Karel Schoeman, Afrikaanse skrywer (* 1939).
- 2021 – Olympia Dukakis, Amerikaanse aktrise († 1931).
Vakansiedae
- Beltane, Lá Bealtaine, die eerste dag van Somer in moderne Ierland gevier deur die Kelte, en word nou gevier deur die Nieu-Heidense groeperings en aanhangers van die Wicca-religie.
- Dag van die Internasionale Solidariteit van Werkers (spesifiek in Kommunistiese lande).
- Meidag, Werkersdag, Loyalty Day
- Lei Dag – Hawaiï se vakansiedag vir die Lei.
- Romeinse Ryk – slegs-vroue fees ter ere van Bona Dea
- Romeinse Ryk – vierde en laaste dag van die Floralia ter ere van Flora
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar