<< | April 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | ||||
Al die dae |
4 April is die 94ste dag van die jaar in die Gregorian Kalender (95ste in 'n skrikkeljaar). Daar is nog 271 dae in hierdie jaar.
Gebeure
- 1139 – Pous Innocentius II begin die tweede Lateraanse Konsilie.
- 1312 – Pous Clemens V roep op tot 'n nuwe kruistog tydens die konsilie van Vienne.
- 1477 – Koning Lodewyk XI betaal 100000 Gulde aan die Switserse Bondgenootskap om 6000 huursoldate binne die Bondgenootskap te werf.
- 1553 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word tot biskop gewy.
- 1581 – Ses maande ná sy wêreldomseiling slaan koningin Elizabeth I van Engeland die ontdekkingsreisiger Francis Drake tot ridder.
- 1650 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI) word biskop van Novara.
- 1792 – Pous Pius VI publiseer Ubi Communis teen die Franse grondwet.
- 1814 – Napoleon tree af vir die eerste keer.
- 1905 – In Kangra, Indië sterf 370 000 mense in 'n aardbewing.
- 1932 – Alfons Paoli Schwartz keer as laaste Duitse krygsgevangene van die Eerste Wêreldoorlog terug na Duitsland. Hy was op Frans-Guayana geïnterneer.
- 1939 – Ghazi I, Koning van Irak sterf en word opgevolg deur sy seun Faisal II. Omdat Faisal II nog minderjarig is aanvaar sy oom Abd ul-Ilah die regentskap.
- 1941 – Die Libiese stad Benghazi word tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Duits-Italiaanse pantsereenhede verower.
- 1945 – Die Duitse stad Nordhausen word tydens 'n Britse bomaanval grotendeels vernietig. Tydens die lugaanval sterf meer as 8800 mense, hoofsaaklik burgerlikes.
- 1949 – Die twaalf nasies België, Denemarke, Frankryk, Italië, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Portugal, die Verenigde Koninkryk, die Verenigde State van Amerika en Ysland teken die Noord-Atlantiese Verdrag en stig die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie.
- 1968 – Apollo 6 word gelanseer.
- 1974 – 'n Douglas DC4-vliegtuig van Wenela Air Services stort neer by Francistown-lughawe in Botswana; 78 sterf.
- 1976 – Prins Sihanouk bedank as leier van Kambodja.
- 1983 – Ruimtependeltuig Challenger se eerste ruimtetog.
- 1984 – President Ronald Reagan vra vir 'n internasionale verbanning van chemiese wapens.
- 1984 – Die kernreaktor by Koeberg wek vir die eerste keer elektrisiteit op.
- 2022 – In Suid-Afrika kondig President Cyril Ramaphosa die opheffing aan van die landswye staat van inperking, wat in Maart 2020 as gevolg van die Covid-19-pandemie ingestel is.
- 2023 – In reaksie op die Russiese inval in Oekraïne sedert 2022 sluit Finland as 31ste lidland by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan.
Geboortes
- 186 – Caracalla, Romeinse keiser († 217).
- 1785 – Bettina von Arnim, Duitse skryfster van die Romantiek († 1859).
- 1878 – Gideon Scheepers, Boerekommandant en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog († 1902).
- 1884 – Isoroku Yamamoto, Japannese vlootkommandeur († 1943).
- 1889 – Henry Fagan, Suid-Afrikaanse skrywer, politikus, regter en joernalis († 6 Desember 1963).
- 1906 – Bea Benaderet, Amerikaanse aktrise († 1968).
- 1924 – Noreen Nash, Amerikaanse aktrise en skryfster († 2023).
- 1928 – Maya Angelou, Amerikaanse skrywer en digter († 2014).
- 1928 – Wolfgang von Trips, Duitse motorrenjaer, sterf weens 'n noodlottige ongeluk tydens die 1961 Italiaanse Grand Prix († 1961).
- 1932 – Andrei Tarkofski, Sowjet-Russiese rolprentregisseur, filmteoretikus, toneel- en operaregisseur († 1986).
- 1932 – Anthony Perkins, Amerikaanse akteur († 1992).
- 1935 – Kenneth Mars, Amerikaanse akteur († 2011).
- 1938 – Hermann Giliomee, Suid-Afrikaanse historikus en akademikus.
- 1939 – Hugh Masekela, Suid-Afrikaanse trompetspeler († 2018).
- 1945 – Craig T. Nelson, Amerikaanse akteur "Coach" "The District".
- 1950 – Christine Lahti, Amerikaanse aktrise.
- 1960 – Hugo Weaving, Engelse akteur.
- 1965 – Robert Downey jr., Amerikaanse akteur.
- 1970 – Barry Pepper, Kanadese akteur.
- 1973 – Ernst van Dyk, Suid-Afrikaanse handfietsrenjaer.
- 1979 – Heath Ledger, Australiese akteur († 2008).
- 1991 – Jamie Lynn Spears, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
- 896 – Pous Formosus, die 111de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±816).
- 1284 – Alfonso X, Koning van Kastilië en León
- 1292 – Pous Nicolaas IV, die 191ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1227)
- 1588 – Frederik II van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1534).
- 1617 – John Napier, Skotse wiskundige (* 1550)
- 1774 – Oliver Goldsmith, Ierse skrywer en dokter (* 1728).
- 1841 – William Henry Harrison, generaal en negende President van die Verenigde State (* 1773).
- 1875 – Karl Mauch, Duitse ontdekkingsreisiger van Afrika (* 1837)
- 1932 – Wilhelm Ostwald, Duitse chemikus en filosoof, Nobelprys-wenner (* 1853).
- 1968 – Dr. Martin Luther King Jr., burgerregte-aktivis, vermoor in die Lorraine Motel in Memphis, Tennessee, VSA (* 1929).
- 1981 – Brad Johnson, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 1983 – Gloria Swanson, Amerikaanse aktrise (* 1899).
- 1984 – Oleg K. Antonow, Sowjet-Russiese vliegtuigontwerper (* 1906).
- 2021 – Frank Mdlalose, eerste Premier van KwaZulu-Natal (* 1931).
- 2021 – Tine Balder, Vlaamsgebore aktrise, woon en werk van 1960 in Suid-Afrika (* 1924).
- 2024 – Hennie Maas, Suid-Afrikaanse omroeper (* 1942).
Vakansies en vierings
Hierdie dag in die geskiedenis: 04-03 | 04-04 | 04-05
Wikimedia Commons bevat media in verband met 4 April. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar