André Marinus de Ruyter (gebore 20 Maart 1968) is 'n Suid-Afrikaanse sakeman.
André de Ruyter | |
---|---|
Gebore | André Marinus de Ruyter 20 Maart 1968 |
Beroep | Sakeman |
Titel | Voormalige HUB van Eskom |
Opvoeding
De Ruyter het 'n Meestersgraad in Besigheidsadministrasie aan die Nyenrode Besigheidsuniversiteit in Nederland, 'n Baccalaureus in die Regte (LLB) wat hy aan die Universiteit van Suid-Afrika verwerf het, asook 'n Baccalaureus in Siviele Reg en 'n Baccalaureus Artium aan die Universiteit van Pretoria.
Loopbaan
De Ruyter het vir meer as 20 jaar by SASOL gewerk, en was van 2014 tot 2019 die HUB van Nampak. De Ruyter was sedert 15 Januarie 2020 die hoof- uitvoerende beampte van Eskom, maar het op 14 Desember 2022 sy bedanking aangekondig om einde Maart 2023 te vertrek. By Eskom het De Ruyter aandag aan hul hoogs onreëlmatige aankooppraktyke geskenk, benewens die invordering van onbetaalde skuld wat deur munisipaliteite aangegaan is. Eskom se historiese skuld het op nagenoeg R500 miljard gestaan, en NERSA se tariefvoorskrifte het 'n demper op hul skulddelging en winsgewendheid geplaas. Weens die operasionele en finansiële uitdagings moes Eskom jaarliks R50 miljard se hulp van die regering ontvang.
Bedanking by Eskom
Die Eskom-direksie het op 22 Februarie 2023 besluit daar sal nie van De Ruyter verwag word om die res van sy kennistydperk uit te dien nie. Hy het daarna sy bedanking met onmiddellike effek aangekondig, en Hoof Finansiële Beampte Calib Cassim is as tussentydse HUB aangestel.
Sy bedanking het gevolg op 'n onderhoud wat hy aan News24 gegee het. Hy het beweer dat diefstal en verduistering tot verliese van R1 miljard per maand by Eskom lei, dat 'n senior ANC-LP betrokke was, en die polisie wat sy vergiftiging ondersoek het, "het 'n dosis sianied met 'n sinusklag verwar". Hy beweer dat hy 'n kabinetsminister (sonder sukses) genader het om sy kommer uit te spreek oor die twyfelagtige toekennings rondom die R8,5 miljard-fonds vir skoon energie wat Eskom tydens die COP27-beraad beding het. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het bewyse geëis om die bewerings te staaf, gedreig om “op te tree” en het daarop aangedring dat die ANC “nie korrup is nie”.
Persoonlike lewe
De Ruyter is getroud, het drie kinders en woon in Johannesburg.
Verwysings
- https://www.africa-confidential.com/profile/id/4320/Andr%C3%A9_Marinus_de_Ruyter
- Profiel van André de Ruyter
- "Eskom's new boss officially starts today – here's what we know about André de Ruyter". Bloomberg. 6 Januarie 2020.
- Paul Burkhardt (18 November 2019). "Nampak's André de Ruyter appointed as Eskom CEO". Moneyweb.
- https://www.businessinsider.co.za/who-is-sasol-ceo-andre-de-ruyter-2020-1
- Staff writer (1 November 2020). "Eskom's procurement mess: R200,000 for a wooden-handled mop". Energy. businesstech.co.za. BusinessTech. Besoek op 17 Desember 2023.
- "Andrè de Ruyter leaves Eskom with immediate effect". Eskom. 22 Februarie 2023. Besoek op 23 Februarie 2023.
- "Eskom appoints Calib Cassim as interim CEO after De Ruyter's early exit". News24 Business (in Engels (VSA)). Besoek op 24 Februarie 2023.
- Larsen, Annika (24 Februarie 2023). "My Guest Tonight With Annika Larsen". YouTube. ETV.
- Cohen, Tim (23 Februarie 2023). "BUSINESS REFLECTION: After the Bell: There are implications to André de Ruyter's public revelations about the Eskom crisis". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 26 Februarie 2023.
- Nanni, Mariska (8 Januarie 2023). "André de Ruyter dien klag van poging tot moord in". Maroela Media.
- Strydom, Nico (9 Januarie 2023). "De Ruyter-gifvoorval: 'Misdadige elemente in Eskom te blameer'". Maroela Media.
- ENCA, De Ruyter claims R1bn stolen monthly from Eskom, 23 Februarie 2023, https://www.enca.com/news/r1bn-stolen-eskom-every-year-de-ruyter Geargiveer 26 Februarie 2023 op Wayback Machine. Besoek op 26 Februarie 2023.
- O'Regan, Victoria (23 Februarie 2023). "'We challenge you' – ANC's Fikile Mbalula calls on André de Ruyter to provide evidence for 'baseless' corruption claims at Eskom". Daily Maverick.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar