Rusland is verdeel in twaalf ekonomiese streke (Russies: экономи́ческие райо́ны, ekonomitsjeskije rajoni) – groepe administratiewe eenhede wat die volgende eienskappe deel:
- Ooreenstemmende ekonomiese en sosiale doelwitte en deelname aan ontwikkelingsprogramme;
- Min of meer dieselfde ekonomiese toestande en potensiaal;
- Dieselfde klimaats-, ekologiese en geologiese toestande;
- Ooreenstemmende metodes om nuwe konstruksies te inspekteer;
- Ooreenstemmende metodes om belastingkwessies te hanteer;
- Ooreenstemmende lewensomstandighede van die bevolking.
Geen federale deelgebied mag tot meer as een ekonomiese streek behoort nie. Die federale regering van Rusland besluit oor die stigting en afskaffing van ekonomiese streke of enige verandering in hul samestelling.
Hierdie verdeling in ekonomiese streke verskil van die indeling in federale distrikte – eersgenoemde is uitsluitlik vir ekonomiese en statistieke doeleindes, terwyl laasgenoemde suiwer om administratiewe redes is.
Lys en samestelling van die ekonomiese streke
Hier volg ’n lys van die ekonomiese streke volgens bevolking.
- Sentrale (Центральный, Tsentralni)
- Brjansk-oblast
- Iwanowo-oblast
- Kaloega-oblast
- Kostroma-oblast
- Federale stad Moskou
- Moskou-oblast
- Orjol-oblast
- Rjazan-oblast
- Smolensk-oblast
- Toela-oblast
- Twer-oblast
- Wladimir-oblast
- Jaroslawl-oblast
- Oeral (Уральский, Oeralski)
- Republiek van Basjkortostan
- Tsjeljabinsk-oblast
- Koergan-oblast
- Orenburg-oblast
- Perm-krai
- Swerdlofsk-oblast
- Republiek van Oedmoertië
- Noord-Kaukasus (Северо-Кавказский, Sewero-Kafkazski)
- Republiek van Adigea
- Tsjetsjniese Republiek
- Republiek van Dagestan
- Republiek van Ingoesjetië
- Republiek van Kabardino-Balkarië
- Republiek van Karatsjai-Tsjerkessië
- Krasnodar-krai
- Republiek van Noord-Ossetië-Alanië
- Rostof-oblast
- Stawropol-krai
- Wolga (Поволжский, Powolzjski), die tradisionele naam, wat beteken "die gebied aan die Wolga-rivier"
- Astrachan-oblast
- Republiek van Kalmikië
- Penza-oblast
- Samara-oblast
- Saratof-oblast
- Republiek van Tartarstan
- Oeljanofsk-oblast
- Wolgograd-oblast
- Wes–Siberiese (Западно-Сибирский, Zapadno-Sibirski)
- Altai-krai
- Republiek van Altai
- Kemerowo-oblast
- Chanto-Mansië
- Nowosibirsk-oblast
- Omsk-oblast
- Tomsk-oblast
- Tjoemen-oblast
- Jamalo-Nenetsië
- Oos–Siberiese (Восточно-Сибирский, Wostotsjno-Sibirski)
- Boerjatië
- Irkoetsk-oblast
- Republiek van Chakassië
- Krasnojarsk-krai
- Republiek van Tiwa
- Zabaikalski-krai
- Wolga-Wjatka (Волго-Вятский, Wolgo-Wjatski)
- Republiek van Tsjoewasjië
- Kirof-oblast
- Republiek van Mari El
- Republiek van Mordowië
- Nizjni Nowgorod-oblast
- Noordwestelike (Северо-Западный, Sewero-Zapadni)
- Leningrad-oblast
- Nowgorod-oblast
- Pskof-oblast
- Federale stad Sint Petersburg
- Sentraal-Swartgrond (Центрально-Чернозёмный, Tsentralno-Tsjernozjomni)
- Belgorod-oblast
- Koersk-oblast
- Lipetsk-oblast
- Tambof-oblast
- Woronezj-oblast
- Verre-Oosterse (Дальневосточный, Dalnewostotsjni)
- Amoer-oblast
- Tsjoekotka
- Joodse Outonome Oblast
- Kamtsjatka-krai
- Chabarofsk-krai
- Magadan-oblast
- Primorski-krai
- Sacha (Jakoetië)
- Sachalin-oblast
- Noordelike (Северный, Sewerni)
- Archangelsk-oblast
- Republiek van Karelië
- Republiek van Komi
- Moermansk-oblast
- Nenets- Outonome Okroeg
- Wologda-oblast
- (Калининградский, Kaliningradski)
Sien ook
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Economic regions of Russia
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar