Die Krieketwêreldbeker 1987 (Engels: 1987 Cricket World Cup; Hindi: 1987 क्रिकेट विश्व कप; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1987ء) is van 8 Oktober tot 8 November 1987 in Indië en Pakistan beslis. Dit was die vierde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die eerste buite Engeland. Die Krieketwêreldbeker 1987 is deur die Indiese houermaatskappy geborg en staan dus amptelik bekend as die Reliancebeker 1987.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1987 | |
Datums | 8 Oktober – 8 November |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketkonferensie (IKK) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Indië Pakistan |
Kampioen | Australië (1ste titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 8 (24 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 27 |
Meeste lopies | (471) |
Meeste paaltjies | (18) |
← 1983 1992 → |
Die toernooi se formaat van 1983 het onveranderd gebly, behalwe vir die afname in die aantal boulbeurte van 60 tot 50, die huidige standaard vir alle EDI-wedstryde wat buite Engeland gespeel word, en agt nasionale krieketspanne het aan die toernooi deelgeneem: Die destydse sewe toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1986-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1987 is 27 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span twee keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan en is – vir ’n laaste keer in die toernooi se geskiedenis – in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.
Australië, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Engeland het Indië geklop, voordat Australië die eindstryd op Eden Gardens in Kalkutta teen sy aartsvyand Engeland met sewe lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die tweemalige kampioen Wes-Indië het nie aan die verwagtinge voldoen nie en nie die uitklopfase gehaal nie.Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Zimbabwe het vir ’n tweede keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vierde keer verskyn het. Daar was dus geen debutant nie.
Toewysing
Die Krieketwêreldbeker 1987 is ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken, nadat die IKK na onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur en die volgende Krieketwêreldbeker 1992 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys het. ’n Verskuiwing van die toernooi se huisvesting het ’n afname in die aantal boulbeurte per span van sestig tot vyftig weens die korter dagligtydperk tot gevolg gehad.
Deelnemers
Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1987 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1987 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee 1986 teen Nederland te wen. Dieselfde agt spanne het ook aan die 1983-toernooi deelgeneem.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Indië | Gashere | Vierde | 1983 | Kampioen (1983) | A |
Pakistan | Vierde | 1983 | Halfeindrondte (1979, 1983) | B | |
Australië | Volle lede | Vierde | 1983 | Naaswenner (1975) | A |
Engeland | Vierde | 1983 | Naaswenner (1979) | B | |
Nieu-Seeland | Vierde | 1983 | Halfeindrondte (1975, 1979) | A | |
Sri Lanka | Vierde | 1983 | Groepfase (1975, 1979, 1983) | B | |
Wes-Indië | Vierde | 1983 | Kampioen (1975, 1979) | B | |
Zimbabwe | IKK-trofee in 1986-wenner | Tweede | 1983 | Groepfase (1983) | A |
Stadions
Indië het 17 wedstryde op 14 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan tien wedstryde op sewe plekke aangebied het.
Formaat
Die Krieketwêreldbeker 1987 is oor 32 dae tussen agt verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 8 Oktober 1987 op Niazstadion in Hyderabad, Pakistan, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Pakistan en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Eden Gardens in Kalkutta, Indië, op 8 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die Reliancebeker ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1983 gebruik.
Kalender
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1987 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Groep A | Groep B |
---|---|
Australië |
Groepfase
Die Krieketwêreldbeker 1987 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 1983 gebruik is; elke span het twee wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters
’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A
Span | S | W | V | O | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|
Indië | 6 | 5 | 1 | 0 | +5.41 | 20 |
Australië | 6 | 5 | 1 | 0 | +5.19 | 20 |
Nieu-Seeland | 6 | 2 | 4 | 0 | +4.89 | 8 |
Zimbabwe | 6 | 0 | 6 | 0 | +3.76 | 0 |
9 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
110 (141) 2/47 (10 boulbeurte) | 73 (79) 4/56 (10 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide (Ind) en (Aus) het hul EDI-debuut gemaak.
- (Aus) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
10 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
Martin Crowe 72 (88) 2/42 (9 boulbeurte) | 142 (137) 2/36 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (NZ), asook en (albei Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
- (Zim) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
13 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
Allan Border 67 (88) 2/29 (8 boulbeurte) | 30 (38) 4/39 (9.4 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide (Aus) en (Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
14 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
75 (71) 3/36 (10 boulbeurte) | 75 (95) 2/40 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
17 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
61 (102) 4/19 (8 boulbeurte) | 46* (37) 2/27 (8 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide en (albei Zim) het hul EDI-debuut gemaak.
18–19 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
87 (96) 2/36 (6 boulbeurte) | Martin Crowe 58 (48) Steve Waugh 2/36 (6 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Geen spel weens reën op 18 Oktober nie. Reserwedag op 19 Oktober gebruik, wedstryd verkort tot 30 boulbeurte per span weens verdere reën.
- Australië vorder hiermee tot die uitklopfase.
22 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
63 (60) 3/61 (10 boulbeurte) | 62 (59) 3/19 (3.5 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Aus) het sy EDI-debuut gemaak.
- Indië vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Zimbabwe is hiermee uit die toernooi geskakel.
23 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
52* (46) 2/43 (10 boulbeurte) | 88* (105) 2/34 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
26 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
60 (126) 2/41 (10 boulbeurte) | 55 (61) 2/46 (8 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Ind) slaan nege sesse tydens die krieketwêreldbeker – tot dusver die hoogste aantal sesse deur ’n speler tydens ’n enkele toernooi. Hy moker ook vier vyftigtalle in vier agtereenvolgende kolfbeurte, ’n nuwe destydse rekord.
27 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
126* (149) 2/46 (8 boulbeurte) | 61 (82) Allan Border 2/27 (7 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (Aus) teken sy tweede krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Nieu-Seeland is hiermee uit die toernooi geskakel.
30 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
93 (101) 2/45 (10 boulbeurte) | 38 (46) 2/30 (10 boulbeurte) |
- Zimbabwe het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Zim) het met pyn ?* van 10/0 tot 97/4 afgetree.
31 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
40 (51) 3/51 (10 boulbeurte) | 103* (88) 1/50 (10 boulbeurte) |
- Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (NZ) het sy EDI-debuut gemaak.
- (Ind) word die eerste bouler en die eerste Indiese bouler in ’n EDI-wedstryd wat ’n driekuns tydens ’n krieketwêreldbekerwedstryd neem, toe hy , en (almal NZ) in drie agtereenvolgende aflewerings uitboul.
- (Ind) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
Groep B
Span | S | W | V | O | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|
Pakistan | 6 | 5 | 1 | 0 | +5.01 | 20 |
Engeland | 6 | 4 | 2 | 0 | +5.14 | 16 |
Wes-Indië | 6 | 3 | 3 | 0 | +5.16 | 12 |
Sri Lanka | 6 | 0 | 6 | 0 | +4.04 | 0 |
8 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
103 (100) 2/47 (9 boulbeurte) | 89 (117) 2/30 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
9 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
53 (80) 3/53 (10 boulbeurte) | 67* (68) 3/42 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
12–13 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
65 (80) 3/42 (10 boulbeurte) | 43 (47) 4/31 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Die wedstryd is weens reën op 12 Oktober afgelas. Reserwedag op 13 Oktober gebruik.
13 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
181 (125) 2/68 (8 boulbeurte) | 52* (93) 2/39 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Beide en (albei WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Viv Richards teken met 181 lopies die destyds hoogste individuelle telling in ’n krieketwêreldbekerwedstryd aan en oortref (Ind) se vorige rekord teen Zimbabwe tydens die 1983-toernooi – later oortref deur Gary Kirsten (RSA) teen die Verenigde Arabiese Emirate tydens die 1996-toernooi.
16 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
50 (57) Imran Khan 4/37 (8.3 boulbeurte) | 56 (49) 4/40 (10 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (WI) het sy EDI-debuut gemaak.
17 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
84 (100) 2/62 (9 boulbeurte) | 40 (67) 2/26 (10 boulbeurte) |
- Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- Reën onderbreek Sri Lanka se kolfbeurt. Sri Lanka se teiken verminder tot 267 lopies in 45 boulbeurte deur die gemiddelde hardloopmetode.
- Sri Lanka is hiermee uit die toernooi geskakel.
20 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
86 (104) Imran Khan 4/37 (9 boulbeurte) | 113 (148) 1/34 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Pakistan vorder hiermee tot die uitklopfase.
21 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
89 (126) 3/41 (10 boulbeurte) | 86* (100) 3/31 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
25 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
100 (95) 1/37 (6 boulbeurte) | 58 (65) 3/40 (10 boulbeurte) |
- Pakistan het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Pak) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
26 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
92 (137) 3/56 (9 boulbeurte) | 93 (130) 3/28 (9.1 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- Engeland vorder hiermee tot die uitklopfase.
- Wes-Indië is hiermee uit die toernooi geskakel.
30 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
80 (105) 3/57 (10 boulbeurte) | 61 (79) 2/45 (10 boulbeurte) |
- Sri Lanka het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
30 Oktober 1987 Telkaart |
t | ||
110 (135) 3/45 (10 boulbeurte) | 70 (111) 3/34 (10 boulbeurte) |
- Wes-Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- (WI) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
Uitklopfase
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
4 November – Lahore | ||||||
Australië | 267/6 | |||||
Pakistan | 249 | 8 November – Kalkutta | ||||
Australië | 253/5 | |||||
5 November – Bombaai | Engeland | 246/8 | ||||
Engeland | 254/6 | |||||
Indië | 219 |
Halfeindrondte
4 November 1987 Telkaart |
t | ||
65 (91) Imran Khan 3/36 (10 boulbeurte) | 70 (103) 5/44 (10 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
- is as paaltjiewagter aangewys nadat ’n bal in (albei Pak) se mond gedeflekteer is.
- (Aus) neem ’n vyf-paaltjie-oes.
5 November 1987 Telkaart |
t | ||
115 (136) 3/54 (10 boulbeurte) | 64 (74) 4/52 (9.3 boulbeurte) |
- Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
- (Eng) teken ’n krieketwêreldbekerhonderdtal aan.
- Dit is die laaste keer tot in die 2015-toernooi wat geen Asiatiese span die krieketwêreldbekereindstryd kon haal nie.
Eindstryd
8 November 1987 Telkaart |
t | ||
75 (125) 2/48 (10 boulbeurte) | 58 (103) Steve Waugh 2/37 (9 boulbeurte) |
- Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
Krieketwêreldkampioen 1987 |
---|
Australië |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1987.
Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | LD | LT | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Australië | A | 8 | 7 | 0 | 1 | 1974 | 1818 | +156 | 28 | |
2 | Engeland | B | 8 | 5 | 0 | 3 | 1995 | 1812 | +183 | 20 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Pakistan | B | 7 | 5 | 0 | 2 | 1746 | 1642 | +104 | 20 | |
4 | Indië | A | 7 | 5 | 0 | 2 | 1583 | 1540 | +43 | 20 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Wes-Indië | B | 6 | 3 | 0 | 3 | 1548 | 1342 | –206 | +5.16 | 12 |
6 | Nieu-Seeland | A | 6 | 2 | 0 | 4 | 1357 | 1392 | –35 | +4.89 | 8 |
7 | Sri Lanka | B | 6 | 0 | 0 | 6 | 1192 | 1675 | –483 | +4.04 | 0 |
8 | Zimbabwe | A | 6 | 0 | 0 | 6 | 1127 | 1301 | –174 | +3.76 | 0 |
Meeste lopies en paaltjies
Meeste lopies aangeteken:
| Meeste paaltjies geneem:
|
Sien ook
- Rugbywêreldbeker 1987
Verwysings
- (en) "Reliance World Cup, 1987/88 / Records / Most Runs". ESPNcricinfo. 8 November 1987. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Reliance World Cup, 1987/88 / Records / Most Wickets". ESPNcricinfo. 8 November 1987. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "The 1987 World Cup in India and Pakistan – Australia win tight tournament". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "The gracious Mr Walsh". ESPNcricinfo. 12 Februarie 2011. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) Amrit Mathur (22 Desember 2014). "The World Cup leaves England". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals/ Batting Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) Raj Chengappa (15 November 1987). "Navjot Sidhu makes a dramatic comeback by hitting four consecutive ODI fifties". India Today. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "World Cup 2019: Mohammed Shami creates history, becomes 2nd Indian to take World Cup hat-trick". Hindustan Times. 23 Junie 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "High scores For World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "World Cup Countdown: 1987 – Craig McDermott shatters Imran Khan's dreams at Lahore". Cricket Country. 15 Maart 2019. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Statistics / Statsguru / One-Day Internationals / Bowling Records". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "No Asian team in World Cup final for first time since 1987". Times of India. 26 Maart 2015. Besoek op 20 Oktober 2024.
- (en) "Australia v England". ESPNcricinfo. Besoek op 20 Oktober 2024.
Verdere leesstof
- (en) Peter Murray (2019). World Cup Cricket – A Complete History. G2 Entertainment. ISBN 978-1-78281-491-7.
- (en) Andrew Roberts (2019). A History & Guide to the Cricket World Cup. Pen & Sword Books Limited. ISBN 978-1-5267-5361-8.
- (en) Phil Walker; Reynolds Harman (2019). The Official History of the ICC Cricket World Cup. Jellyfish Publishing Solutions. ISBN 978-1-909811-47-8.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Mark Browning; James Grapsas (2014). A Complete History of World Cup Cricket. New Holland Publishers.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) James Alter (2011). The History of World Cup Cricket. Roli Books. ISBN 978-8174368416.
- (en) Mark Browning (1999). A complete history of World Cup Cricket 1975–1999. Simon & Schuster. ISBN 0-7318-0833-9.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1987. |
- (en) India and Pakistan – The World Cup, 1987
- (en) Reliance World Cup 1987/88
- (en) Reliance World Cup, 1987–88
- (en) Reliance World Cup 1987 – Fixtures and Results
- (en) Reliance World Cup Cricket 1987 op IMDb
Krieketwêreldbeker | |||
---|---|---|---|
Engeland 1975 • Engeland 1979 • Engeland / Wallis 1983 • Indië / Pakistan 1987 • Australië / Nieu-Seeland 1992 • Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996 • Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003 • Wes-Indië 2007 • Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011 • Australië / Nieu-Seeland 2015 • Engeland / Wallis 2019 • Indië 2023 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027 • Indië / Bangladesj 2031 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar