Hierdie is 'n lys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika:
Tans
Die openbare vakansiedae wat tans in Suid-Afrika gevier word is as volg:
Datum | Afrikaanse Naam |
1 Januarie | Nuwejaarsdag |
21 Maart | Menseregtedag |
Die Vrydag voor Paasfees | Goeie Vrydag |
Die Maandag na Paasfees | Gesinsdag |
27 April | Vryheidsdag |
1 Mei | Werkersdag |
16 Junie | Jeugdag |
9 Augustus | Nasionale Vrouedag |
24 September | Erfenisdag |
16 Desember | Versoeningsdag |
25 Desember | Kersdag |
26 Desember | Welwillendheidsdag |
Eenmalige vakansiedae
Sedert 1994 word alle verkiesingsdae tot vakansie geproklameer.
31 Desember 1999 en 2 Januarie 2000 was tot vakansiedae verklaar om die sogenaamde "Y2K" oorskakeling te akkommodeer. 3 Januarie was derhalwe outomaties ook 'n vakansiedag omdat die vorige vakansiedag 'n Sondag was.
2 Mei 2008 was tot vakansiedag verklaar toe Menseregtedag en Goeie Vrydag albei op 21 Maart 2008 plaasgevind het.
Afgeskaf
Vakansiedae wat afgeskaf is:
Datum | Afrikaanse Naam |
6 April | Stigtingsdag (vroeër Van Riebeeckdag) |
Verskillende dae | Hemelvaartsdag |
31 Mei | Republiekdag |
10 Oktober | Krugerdag (ook Heldedag genoem) |
16 Desember | Geloftedag (ook Dingaansdag genoem) |
Lees ook
- Staatsverjaardag
- Tweede Nuwe Jaar
- Wienerdag
Verwysings
- "Persverklaring". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2012. Besoek op 8 Februarie 2011.
- "Mbeki verklaar 2 Mei 2008 tot vakansiedag". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2008. Besoek op 8 Februarie 2011.
- SA kry in '95 vier nuwe vakansiedae Stigting, jeug, vroue en erfenis gedenk[dooie skakel], Beeld, 8 September 1994.
Eksterne skakels
- https://www.gov.za/about-sa/public-holidays
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar