- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Oesbekies.
Die Oesbeke (Oesbekiese enkelvoud: Oʻzbek, Ўзбек, اوزبیک; meervoud: Oʻzbeklar, Ўзбеклар) vorm die grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië en die tweede grootste naas die Turke. Hulle vorm die titulêre nasie van Oesbekistan, waar hulle sowat 80% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Oesbekies, 'n Turkse taal, as moedertaal.
Oesbeke | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 30 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Oesbekistan ~24 miljoen Afghanistan 2,8 miljoen |
Taal: | Oesbekies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Islam (Soenniete of Kulturele Islam), minderhede van ongebondes. Histories |
Verwante etniese groepe: | Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Kirgisiërs, Oeigoere, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene |
Naas Oesbeke leef nog klein minderhede soos Russe (5,5%), Tadjiks (5%), Kasakke (3%), Karakalpakke (2,5%), Tartare (1,5%) en ander (7%) in Oesbekistan. Oesbekiese minderhede leef in lande soos Afghanistan (9%), Tadjikistan (14%), Kirgisië (14%), Rusland, Kasakstan (2,5%), Saoedi-Arabië, Turkmenistan (6%), Pakistan, Turkye en die Volksrepubliek China.
Wêreldwyd leef omtrent 30 miljoen Oesbeke, waarvan sowat 24 miljoen in Oesbekistan, 2,8 miljoen in Afghanistan, 1,2 miljoen in Tadjikistan en byna 1 miljoen in Kirgisië. In die Volksrepubliek China behoort die Oesbeke tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle leef veral in die Wes-Chinese outonome gewes van Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Kasakke en Kirgisiërs.
Verwysings
- (en) "Population: 28,661,637 (July 2013 est.) [Uzbeks = 80%]". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 10 Junie 2013.
- (en) "Afghan Population: 31,108,077 (July 2013 est.) [Uzbeks = 9%]". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2017. Besoek op 10 Junie 2013.
- (en) "Population: 7,910,041 (July 2013 est.) [Uzbeks = 15.3%]". Central Intelligence Agency (CIA). The World Factbook. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 10 Junie 2013.
- (en) CIA World Factbook – Kyrgyzstan[dooie skakel]
- (ru) Russia Census 2002 Geargiveer 6 September 2018 op Wayback Machine
- (en) Ethnic groups in Kazakhstan, official estimation 2010-01-01 based on National Census 2009 Geargiveer 8 Februarie 2010 op Wayback Machine
- (en) CIA World Factbook – Turkmenistan Geargiveer 12 Junie 2007 op Wayback Machine
- (en) Rhoda Margesson (January 26, 2007). "Afghan Refugees: Current Status and Future Prospects" bl. 7. Report RL33851, Congressional Research Service.
- (tr) "Evrenpaşa Köyü – Güney Türkistan'dan Anadoluya Urfa Ceylanpınar Özbek Türkleri". Evrenpasakoyu.wordpress.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 12 Julie 2013.
- (en) State Statistics Committee of Ukraine: The distribution of the population by nationality and mother tongue Geargiveer 1 Desember 2008 op Wayback Machine
- (en) Chinese Nationalities (Uzbek Minority) (Ozbek) -- Minorities by Descending Populations
- (en) Census of Mongolia, slide# 23. http://www.toollogo2010.mn/doc/Main%20results_20110615_to%20EZBH_for%20print.pdf
- (en) "Chapter 1: Religious Affiliation". The World’s Muslims: Unity and Diversity. Pew Research Center's Religion & Public Life Project. 9 Augustus 2012.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oesbeke.
- (en) "Uzbek". Encyclopædia Britannica. Besoek op 25 Januarie 2019.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar