Pous Franciskus (Latyn: Franciscus PP. [franˈtʃiskus], Italiaans: Francesco [franˈtʃesko], Spaans: Francisco; gebore op 17 Desember 1936 in Buenos Aires, Argentinië, as Jorge Mario Bergoglio) is die 266ste en huidige pous van die Rooms-Katolieke Kerk, biskop van Rome en staatshoof van die Vatikaanstad. Hy is op 13 Maart 2013 verkies tydens die konklawe wat gehou is ná die aftrede van Pous Benedictus XVI. Tot sy verkiesing het Jorge Mario Bergoglio as aartsbiskop en kardinaal-priester van Buenos Aires gedien. Die naam ‘Franciskus’ beteken 'die vrye'.
Pous Franciskus | |
---|---|
Geboortenaam | Jorge Mario Bergoglio |
Pontifikaat begin | 13 Maart 2013 |
Pontifikaat eindig | |
Voorganger | Benedictus XVI |
Gebore | 17 Desember 1936 Buenos Aires, Argentinië |
Franciskus is as Argentyn die eerste Latyns-Amerikaner en Jesuïet wat as hoof van die Rooms-Katolieke Kerk verkies is. Hy is ook die eerste pous vanuit die Amerikas, die Nuwe Wêreld en die Suidelike Halfrond. Die vorige pous wat van 'n nie-Europese afkoms was, was die Siriër pous Gregorius III wat vanaf 731 tot 741 gedien het. Franciskus het homself na Franciskus van Assisi, die "heilige van die armes", genoem, en sy slagspreuk is Miserando atque eligendo ("Hy [God] het hom deur die oë van barmhartigheid gesien en gekies"). Hy is op 19 Maart 2013 ingehuldig.
Jorge Mario Bergoglio is van Italiaanse afkoms en praat Italiaans, Spaans, Duits en Latyn. Hy het ook kennis van Engels, Frans en vermoedelik van Portugees.
Saligverklarings
- 19 Oktober 2014: Pous Paulus VI.
- 4 September 2022: Pous Johannes Paulus I.
Heiligverklarings
- 27 April 2014: Pous Johannes XXIII en Pous Johannes Paulus II.
- 4 September 2016: Moeder Teresa.
- 14 Oktober 2018: Pous Paulus VI.
Bulle, briewe, ensiklieke en konstitusies
- Bulle
- Misericordiae vultus ("Aangesig van Genade", 11 April 2015)
- Briewe
- Evangelii gaudium ("Vreugde van die Evangelie", 24 November 2013)
- Fidelis dispensator et prudens ("Getroue en verstandige bestuurders", 24 Februarie 2014)
- "Apostoliese brief vir die jaar van die gewyde lewe" (21 November 2014)
- Amoris laetitia ("Die vreugde van liefde", 8 April 2016)
- Gaudete et exsultate ("Wees bly en juig", 9 April 2018)
- Christus vivit ("Christus leef", 25 Maart 2019)
- Querida Amazonia ("Geliefde Amasone", 2 Februarie 2020)
- Ensiklieke
- Lumen Fidei ("Die lig van geloof", 29 Junie 2013)
- Laudato si’ ("Geseënd is jy", 18 Junie 2015)
- Fratelli tutti ("Almal is broers", 4 Oktober 2020)
- Konstitusies
- Vultum Dei quaerere ("Op soek na die aangesig van God", 22 Julie 2016)
- Veritatis gaudium ("Die vreugde van waarheid", 29 Januarie 2018)
- Episcopalis communio ("Biskoplike Nagmaal", 15 September 2018)
- Pascite gregem Dei ("Voed God se kudde", 23 Mei 2021)
- Praedicate evangelium ("Preek die Evangelie", 19 Maart 2022)
Verwysings
- Spaanse uitspraak [ˈxo̞rxe ˈmaɾjo β̞e̞rˈɣ̞oɣ̞ljo̞] en Italiaanse uitspraak [bɛrˈgɔʎːo]
- (en) vatican.va: Habemus Papam Franciscum
- (en) catholic-hierarchy.org: Pope Francis – Jorge Mario Bergoglio, S.J.
- (en) vatican.va: Audience to Represantives of the Communications Media – Address of the Holy Father Pope Francis
- (en) Scarsbrick, Veronica. "Pope Francis : "Miserando atque eligendo"..." Vatikaanse radio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2017. Besoek op 6 Desember 2013.
- (en) vatican.va: Homily of the Holy Father Pope Francis
- (de) de.radiovaticana.va: Kardinal Lehmann: Humorvolle Gesten von Papst Franziskus
- (it) news.va: Briefing di padre Lombardi Geargiveer 18 Oktober 2017 op Wayback Machine
Bronne
- (en) 2010: Cardinal Argentin: Jorge Mario Bergoglio, Leonardo Sandri, Estanislao Esteban Karlic, Eduardo Francisco Pironio, Ral Primatesta, Livres Groupe, ISBN 978-1-159-40346-1
- (es) Horacio Verbitsky: El silencio: de Paulo VI a Bergoglio: las relaciones secretas de la Iglesia con la ESMA. Sudamericana, Buenos Aires 2005, ISBN 978-950-07-2035-9.
- (es) Sergio Rubín, Francesca Ambrogetti: El jesuita : conversaciones con el cardenal Jorge Bergoglio. Javier Vergara Editor, Buenos Aires 2010, ISBN 978-950-15-2450-5.
- (es) Sergio Rubin, Francesca Ambrogetti: El Papa Francisco. Conversaciones con Jorge Bergoglio.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Franciscus. |
- (it) Amptelike webwerf van Pous Franciskus op vatican.va
- (en) Amptelike biografie van Jorge Mario Bergoglio Geargiveer 18 Oktober 2017 op Wayback Machine op news.va
- (en) Pous Franciskus op Twitter
- (en) Pous Franciskus op YouTube
- (en) Pous Franciskus op Instagram
Voorafgegaan deur Antonio Quarracino | Aartsbiskop van Buenos Aires 1998–2013 | Opgevolg deur Mario Aurelio Poli |
Voorafgegaan deur Benedictus XVI | Pous (Pontifex Maximus) 2013–hede | Sittend |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar