<< | September 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | |||||
Al die dae |
4 September is die 247ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (248ste in skrikkeljare). Daar volg nog 118 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 476 – Romulus Augustus, die laaste keiser van die Wes-Romeinse Ryk, word afgesit en Odoaker word as koning van Rome gekroon.
- 1261 – Pous Urbanus IV word gekroon.
- 1483 – Pous Sixtus IV publiseer die bul "grave nimis" oor Maria se Onbevlekte Ontvangenis.
- 1556 – Antonio Ghislieri (later Pous Pius V) word biskop van Sutri en Nepi.
- 1781 – Los Angeles word gestig as El Pueblo de Nuestra Señora la Reina de los Ángeles del Río de Porciúncula deur 44 Spaanse setlaars.
- 1870 – Frankryk se Derde Republiek word uitgeroep.
- 1888 – Uitvinder George Eastman registreer die handelsmerk Kodak (fotografie en beeldreproduksie).
- 1957 – Little Rock-krisis: Die goewerneur van Arkansas in die VSA probeer nege swart kinders verhoed om die Little Rock Central High School by te woon in weerwil van 'n VSA-hooggeregshofbevel.
- 1974 – Die VSA vestig diplomatieke betrekkinge met Oos-Duitsland.
- 1989 – Tydens die eerste Maandagbetoging in Leipzig eis sowat 1200 betogers reis-, persvryheid en vryheid van vergadering.
- 2008 – Die laaste uitgawe van die onafhanklike weekblad vir die Weskusstreek, Swartland en Weskus Herald, verskyn op Vredendal in Suid-Afrika.
- 2016 – Moeder Teresa word deur Pous Franciskus heilig verklaar.
- 2022 – Pous Johannes Paulus I word deur Pous Franciskus salig verklaar.
Geboortes
- 1383 – Amadeus VIII, hertog van Savoje, later Teenpous Felix V († 1451).
- 1596 – Constantijn Huygens, 'n digter, komponis, argitek, diplomaat en geleerde van die Nederlandse Goue Eeu († 1687).
- 1746 – Friedrich Ludwig Benda, Duitse violis en komponis († 1792)
- 1908 – Ds. Thomas Duncan Moodie, leraar in die Nederduitse Gereformeerde Kerk, onder meer op Melsetter, die dorp wat sy oupa gestig het († 1978).
- 1917 – Henry Ford II, president van die Ford Motormaatskappy († 1987).
- 1923 – Gideon Joubert, 'n Suid-Afrikaanse verslaggewer en skrywer († 2010).
- 1925 – Leo Apostel, Belgiese filosoof († 1995).
- 1926 – Ivan Illich, Duitse filosoof en teoloog († 2002).
- 1937 – Pieter Kooij,'n Suid-Afrikaanse pianis, musiekonderwyser en -resensent († 2018).
- 1964 – René Pape, Duitse opera bassanger.
- 1973 – Jason David Frank, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1981 – Beyoncé Knowles, Amerikaanse popsangeres.
Sterftes
- 422 – Pous Bonifatius I, die 42ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1903 – Daantjie van den Heever, Hollandse taalstryder en lid van die Kaapse Parlement (* 1838).
- 1907 – Edvard Grieg, Noorse komponis (* 1843).
- 1961 – Isidore Fattal, biskop in Libanon en Sirië (* 1886)
- 2006 – Steve Irwin, Australiese wildkenner, TV-persoonlikheid en omgewingsbewaarder (* 1962).
- 2010 – Fanie Botha, Suid-Afrikaanse politikus en Minister van Waterwese en Bosbou (*1922).
- 2014 – Gerrit Kouwenaar, Nederlandse skrywer, digter, joernalis en vertaler. (* 1923).
- 2019 – Karl-Heinz Zimmer, Duitse politikus (* 1937).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Op 4 September word 'n tradisie uitgevoer waarin mense kaalvoet van Palermo tot by Mount Pellegrino loop ter nagedagtenis van Sint Rosalia.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 September. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar