Prinses Helena (Helena Augusta Victoria: Prinses Christian van Sleeswyk-Holstein deur haar huwelik; 25 Mei 1846 – 9 Junie 1923) was die derde dogter en vyfde kind van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk en prins Albert van Sakse-Koburg en Gotha.
Prinses Helena | |
---|---|
Prinses Christian van Sleeswyk-Holstein | |
Volle naam | Helena Augusta Victoria |
Eggenoot | |
Kinders | Prins Christian Victor Prins Harold |
Titels | HKH prinses Christian HKH prinses Christian van Sleeswyk-Holstein HKH prinses Helena |
Huis | Oldenburg Sakse-Koburg en Gotha |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria van die Verenigde Koninkryk |
Gebore | 25 Mei 1846; Buckingham-paleis, Londen |
Oorlede | 9 Junie 1923; , Londen |
In die vroeë 1860's het Helena ’n flirtasie met prins Albert se bibliotekaris, Carl Ruland, begin. Hoewel die aard daarvan onbekend is, het Helena se romantiese briewe aan hom bewaar gebly. Toe die koningin in 1863 daarvan uitvind, het sy Ruland afgedank en hy het na sy vaderland, Duitsland, teruggekeer. Drie jaar later, op 5 Julie 1866, is Helena getroud met die verarmde Duitse .
Helena was die aktiefste lid van die koningshuis. Sy het ’n vol program van koninklike afsprake gehad in ’n tyd toe daar nie van koninklikes verwag is om dikwels in die openbaar te verskyn nie. Sy was aktief by liefdadigheidsorganisasies betrokke en was ’n stigterslid van die Rooi Kruis. Sy was in 1916 die eerste lid van die familie wat haar 50ste huweliksherdenking gevier het, maar haar man is ’n jaar later dood. Helena is ses jaar later, op 19 Junie 1923, op die ouderdom van 77 in dood.
Eksterne skakels
- Helena's Oxford Dictionary of National Biography, artikel deur John van der Kiste
- Koninklike begrafnisse Geargiveer 10 Februarie 2008 op Wayback Machine
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Princess Helena of the United Kingdom
- Nadat koning George V in 1917 afstand gedoen het van sy familie se Duitse titels en aanspreekvorms, het die egpaar bloot prins en prinses Christian geword sonder enige verwysing na ’n gebied.
- Chomet, p. 6
- Bennet, D., Queen Victoria's Children (Gollancz, Londen, 1980)
ISBN 0-57502-690-1
- Chomet, Seweryn, Helena: A princess reclaimed (Begell House, New York, 1999)
ISBN 1-56700-145-9
- Packard, Jerrold M., Victoria's Daughters (St Martin's Griffin, New York, 1998)
ISBN 0-312-24496-7
- Van der Kiste, John, Queen Victoria's Children (Sutton Publishing, Gloucester, 2006)
ISBN 0-7509-3476-X
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar