Die Rugbywêreldbeker 2003 (Engels: 2003 Rugby World Cup) is van 10 Oktober tot 22 November 2003 in Australië beslis. Oorspronklik was ook wedstryde in Nieu-Seeland beplan, maar ná ’n dispuut tussen die Nieu-Seelandse Rugbyunie en die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) is dié plan laat vaar. Dit was die vyfde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die IRR aangebied word en die derde in die Suidelike Halfrond. Australië het met Nieu-Seeland die eerste Rugbywêreldbeker 1987 saam gehuisves.
Rugbywêreldbeker 2003 | |
Toernooibesonderhede | |
---|---|
Gasheer | Australië |
Datums | 10 Oktober – 22 November |
Aantal nasies | 20 (88 kwalifiseer) |
Finale posisies | |
Kampioen | Engeland |
Naaswenner | Australië |
Derde plek | Nieu-Seeland |
Toernooistatistiek | |
Wedstryde | 48 |
Bywoning | 1 837 547 (gem. 38 282 per wedstryd) |
Drieë | 329 (gemiddeld 6.85 per wedstryd) |
Meeste punte | Jonny Wilkinson (113) |
Meeste drieë | Doug Howlett (7 drieë elk) |
← 1999 | 2007 → |
20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2003 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1999-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis), saam met die twaalf beste spanne van die kwalifisering (Fidji, Georgië, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Samoa, Tonga, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die Rugbywêreldbeker 2003 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het (altesaam agt spanne), het ook regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gekwalifiseer.
Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2003 is Engeland, Nieu-Seeland, Frankryk, Australië en Suid-Afrika as gunstelinge op die titel beskou. Engeland het die eindstryd op Telstra-stadion in Sydney teen die verdedigende kampioen en gasheer Australië met 20–17 gewen, nadat ’n bykomende tien minute ekstra tyd toegestaan is toe die telling 17–17 was, en sodoende sy eerste wêreldtitel ingepalm. Engeland het daarmee die eerste nasionale rugbyspan van die Noordelike Halfrond geword om die toernooi te wen. Daarbenewens is dit ná sokker in 1966 die tweede wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het; in 2019 het ook die krieketwêreldbekertitel gevolg. Nieu-Seeland het in die derde en Frankryk in die vierde plek geëindig; interessant genoeg het die vier groepwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig. Suid-Afrika is in die kwarteindrondte deur Nieu-Seeland met 9–29 uitgeskakel; Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel. Die Georgiese nasionale rugbyspan het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. Rudie van Vuuren, wat vir Namibië gespeel het, het voorheen met dié land se nasionale krieketspan ook aan die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika deelgeneem, waardeur hy die eerste sportlui geword het wat in dieselfde jaar in twee verskillende sportkodes aan wêreldbekertoernooie deelgeneem het.
Die Rugbywêreldbeker 2003 het om verskeie redes geskiedenis gemaak: nadat die Rugbywêreldbeker 1999 se ingewikkelde formaat met vyf groepe van vier spanne elk en die uitspeelrondte gekritiseer is, is vir die Rugbywêreldbeker 2003 ’n eenvoudiger formaat gebruik, waarvolgens die 20 spanne in vier groepe van vyf elk verdeel is. Vervolgens was dit die eerste rugbywêreldbekertoernooi waartydens 48 wedstryde gespeel is. Daarbenewens is vir die eerste keer in die groepfase die bonuspuntstelsel gebruik vir die druk van vier of meer drieë of ’n nederlaag met sewe of minder punte. Die toernooi was volgens die ekonomiese impak die tweede grootste sportgebeurtenis wat nog in Australië aangebied is ná die Olimpiese Somerspele 2000, groter as die Melbourne Lentewedrenkarnaval 2002, die Australiese Grand Prix en die Australiese Ope. Die organiseerders het 65 000 oorsese besoekers verwag wat na Australië vir die aangeleentheid sou reis. Die gasheer en verdedigende kampioen Australië het die eerste span geword wat daarin geslaag het om vir ’n derde keer in ’n eindstryd te verskyn. Die Rugbywêreldbeker 2003 het ook die opkoms van Georgië, wat sedertdien vir elke rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer het, gesien. Die Rugbywêreldbeker 2003 is tot dusver die enigste toernooi waartydens geen speler ’n rooikaart gesien het nie.
Toewysing
Die Rugbywêreldbeker 2003 is oorspronklik aan beide Australië en Nieu-Seeland toegewys. Ná ’n kontraktuele dispuut oor grondtekenregte tussen die Nieu-Seelandse Rugbyunie en die IRR is aan Australië die alleenlike gasheerreg vir die Rugbywêreldbeker 2003 toegestaan. Nieu-Seeland sou oorspronklik 23 van die 48 wedstryde huisves, maar Nieu-Seeland se aandringing op die wysiging van die bepalings rakende stadionadvertensies was onaanvaarbaar vir die IRR. Daarmee het dit ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika die tweede rugbywêreldbekertoernooi geword wat geheel en al in een land aangebied is.
Deelnemers
Kwalifisering
20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 2003 gekwalifiseer. Die agt kwarteindstrydfinaliste van die Rugbywêreldbeker 1999 – Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis – het almal regstreeks gekwalifiseer, terwyl die res van die spanne moes kwalifiseer tydens ’n reeks kompetisies wat regoor die wêreld gehou is. Tien van die twintig posisies wat in die toernooi beskikbaar was, is gevul deur streekskwalifiseerders, terwyl die oorblywende twee posisies deur heruitdunning gevul is. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Amerikas, Asië, Europa en Oseanië. Vier plekke is vir die nasionale spanne van Europa gereserveer, twee plekke elk vir die Amerikas en Oseanië en een elk vir Afrika en Asië. Die twee oorblywende plekke is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte beslis. As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 88 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Australië.
In Julie 2002 is Fidji en Samoa bevestig as kwalifiseerders van Oseanië, as onderskeidelik Oseanië 1 en 2. In dieselfde maand het Japan die enigste Asiatiese toekenning gewen nadat hulle die Republiek China met 120–3 in Tainan verslaan het. In Augustus van dieselfde jaar het Kanada as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle Chili met 27–6 in Calgary verslaan het. Amerikas 2 is in September gevul toe Uruguay Chili met 34–23 in Montevideo geklop het. In daardie maand het Italië in die Europese kwalifisering se Groep A as Europa 2 gekwalifiseer toe hulle Roemenië met 25–17 in geklop het; Roemenië het Spanje met 67–6 in geklop en daarmee ook vir die Rugbywêreldbeker 2003 gekwalifiseer as Europa 3. In Groep B het Ierland Georgië met 63–14 in Dublin verslaan om eerste plek in die land se kwalifiseringsgroep te behaal en gekwalifiseer as Europa 1; Georgië het Rusland met 17–13 in Tbilisi geklop en as Europa 4 gekwalifiseer.Namibië het vir sy tweede agtereenvolgende Wêreldbeker gekwalifiseer toe die span oor twee seksies in November geklop het.
Aanvanklik het Rusland die Europese uitspeelwedstryd teen Spanje met ’n algehele telling van 58–41 gewen, maar omdat die Russe drie uitgeslote Suid-Afrikaanse spelers ingespan het, is hulle van die kwalifisering uitgesluit en Spanje het pleks van Rusland gevorder. Die Verenigde State het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span Spanje geklop het. Die finale plek in Groep C het na Tonga gegaan nadat die span Korea in twee wedstryde gemaklik met 194–0 geklop het.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 20 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer. Georgië, wat Spanje vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1999. Georgië het ook vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie | Groep |
---|---|---|---|---|---|
Australië | Gasheer | Vyfde | 1999 | Kampioen (1991, 1999) | A |
Argentinië | Regstreeks | Vyfde | 1999 | Kwarteindrondte (1999) | A |
Engeland | Vyfde | 1999 | Naaswenner (1991) | C | |
Frankryk | Vyfde | 1999 | Naaswenner (1987, 1999) | B | |
Nieu-Seeland | Vyfde | 1999 | Kampioen (1987) | D | |
Skotland | Vyfde | 1999 | Vierde plek (1991) | B | |
Suid-Afrika | Derde | 1999 | Kampioen (1995) | C | |
Wallis | Vyfde | 1999 | Derde plek (1987) | D | |
Fidji | Oseanië 1 | Vierde | 1999 | Kwarteindrondte (1987) | B |
Georgië | Europa 4 | Eerste | – | Debuut | C |
Ierland | Europa 1 | Vyfde | 1999 | Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995) | A |
Italië | Europa 2 | Vyfde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999) | D |
Japan | Asië 1 | Vyfde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999) | B |
Kanada | Amerikas 1 | Vyfde | 1999 | Kwarteindrondte (1991) | D |
Namibië | Afrika 1 | Tweede | 1999 | Groepfase (1999) | A |
Roemenië | Europa 1 | Vyfde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999) | A |
Samoa | Oseanië 2 | Vierde | 1999 | Kwarteindrondte (1991, 1995) | C |
Tonga | Uitspeelwenner 2 | Vierde | 1999 | Groepfase (1987, 1995, 1999) | D |
Uruguay | Amerikas 2 | Tweede | 1999 | Groepfase (1999) | C |
Verenigde State | Uitspeelwenner 1 | Vierde | 1999 | Groepfase (1987, 1991, 1999) | B |
Stadions
Die 48 wedstryde is op elf verskillende stadions dwarsdeur Australië aangebied, waarvan die meeste langs die ooskus. Die algehele stadionkapasiteit was 421 311, ’n vermindering teenoor die Rugbywêreldbeker 1999 in Wallis (met wedstryde wat ook in Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland gehou is) met ’n algehele kapasiteit van 654 677 oor 18 plekke.
Adelaide-ovaal, weliswaar ’n krieketstadion, is met die oog op die Rugbywêreldbeker 2003 opgeknap en twee pawiljoene langsaan die Victor Richardson-hekke is bygevoeg. Die koste van AU$ 20 miljoen is deur die Suid-Australiese Krieketvereniging gedra.Langpark in Brisbane is nuut opgerig en op rugby- asook sokkerwedstryde gespesialiseer. Die boukoste het sowat AU$ 280 miljoen beloop en dié stadion is enkele dae voor die begin van die toernooi ingewy. Die nuwe stadion se kapasiteit van 52 000 was 12 000 meer as dié van die ou Langpark. Die Central Coast-stadion in Gosford is in Februarie 2000 ingewy en ook op rugby en sokker gespesialiseer; die boukoste het sowat 30 miljoen AUD beloop.
Sydney se wedstryde is in twee stadions aangebied. Die Aussiestadion het tydens die Olimpiese Somerspele 2000 se sokkertoernooi as hoofstadion gedien. Die Telstrastadion in die Olimpiese Park in Sydney was die Olimpiese Stadion tydens die Olimpiese Spele. Die boukoste het sowat AU$ 690 miljoen beloop; die stadion is die tweede grootste in Australië, net ná die Melbourne-krieketveld. Met ’n kapasiteit van 83 500 was dit die grootste stadion gedurende die Rugbywêreldbeker 2003 (dié stadion het ’n oorspronklike kapasiteit van 110 000 gehad en ná die Olimpiese Spele ’n herontwikkeling van 2001 tot 2003 ondergaan). Die Telstrastadion in Melbourne is die enigste stadion met ’n sondak. Hoewel die Telstrastadion oor beweegbare sitplekke beskik wat vier dele van die onderste bak met 18 meter vorentoe kan beweeg om die veld ’n meer reghoekige omringing te gee, is dit nie tydens die Rugbywêreldbeker 2003 gebruik nie, aangesien dit die stadion se kapasiteit met sowat 3 500 verminder.
Formaat
Die Rugbywêreldbeker 2003 is oor 42 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 10 Oktober 2003 op die Aussiestadion in Sydney met die openingswedstryd tussen die gasheer Australië en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 22 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Rose die Webb Ellis-beker ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 2003 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepe
Die eerste rondte, of die groepfase, het 20 lande wat in vier groepe van vyf spanne elk gedeel is. Die loting vir die groepfase was op 20 Mei 2002 in die Sydney-opera waar die agt regstreekse kwalifiseerders in twee groepe gedeel is na aanleiding van hul prestasies tydens die 1999-toernooi.
In die lootstelsel is die agt regstreekse kwalifiseerders uit 1999 op die lotingsdag aan hul onderskeie groepe toegewys, gebaseer op hul prestasies tydens die Rugbywêreldbeker 1999:
- Groep 1: Die vier beste gekeurde spanne
- Groep 2: Die vier naasbeste gekeurde spanne
Dit beteken dat die agt regstreekse kwalifiseerders soos volg gekeur is (volgens hul 1999-prestasies):
Groep 1 | Groep 2 |
---|---|
|
|
Ná die loting op 20 Mei 2002 lyk die groepe soos volg:
Groep A | Groep B | Groep C | Groep D |
---|---|---|---|
Australië | Frankryk | Suid-Afrika | Nieu-Seeland |
Groepfase
Anders as tydens die Rugbywêreldbeker 1999 is die 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vyf spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vier wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aantal Bonuspunte gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Vier wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Twee vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag;
- Een bonuspunt vir die druk van vier of meer drieë, of ’n nederlaag met sewe punte of minder.
Bonuspunte wat bydra tot spanne se versamelde wedstrydpuntetelling is toegeken in elkeen van die volgende omstandighede (een wedstrydpunt vir elke geval):
- ’n span druk vier of meer drieë (ongeag van die wedstryduitslag);
- ’n span verloor met sewe (’n verdoelde drie) of minder.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vyfde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die aantal Bonuspunte bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers in óf die klein finale óf die eindstryd kon herontmoet het.
Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.
2003-effek op 2007-kwalifisering
Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.
Kaartjies en borgskappe
Die eerste kaartjies vir die Rugbywêreldbeker 2003 is op 19 Oktober 2002 vrygestel. Sowat twee miljoen toeskouers het die rugbywêreldbekerwedstryde bygewoon.
Die wêreldwye vennote van die toernooi was Coca-Cola, , , Qantas, British Airways, en , en die amptelike borge sluit in , Peugeot en . het die rugbyballe vir die toernooi verskaf en die Xact-wedstrydbal is deurgaans in die toernooi gebruik. Dit sit Gilbert se betrokkenheid by rugbywêreldbekertoernooie voort nadat die maatskappy die Barbarian- (1995) en Revolution-balle (1999) vir vorige toernooie verskaf het. Saam met Gilbert was die amptelike verskaffers , , Super Odds, Allens Arthur Robinson, Unysis, Sony, Rugby Logistics en Rugby Hospitality.
Wedstrydbeamptes
’n Paneel van 16 skeidsregters en agt lynregters en televisieskeidsregters is vir die toernooi ingespan.
Skeidsregters
|
Lynregters en televisieskeidsregters
|
Wedstryde
Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2007. |
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2007 mis. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase
20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring en regstreeks vir die volgende toernooi gekwalifiseer.
Groep A
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Australië | 4 | 4 | 0 | 0 | 273 | 32 | +241 | 38 | 2 | 18 |
Ierland | 4 | 3 | 0 | 1 | 141 | 56 | +85 | 17 | 3 | 15 |
Argentinië | 4 | 2 | 0 | 2 | 140 | 57 | +83 | 18 | 3 | 11 |
Roemenië | 4 | 1 | 0 | 3 | 65 | 192 | −127 | 8 | 1 | 5 |
Namibië | 4 | 0 | 0 | 4 | 4 | 310 | −282 | 28 | 0 | 0 |
10 Oktober 2003 | Australië | 24–8 | Argentinië | Aussiestadion, Sydney | |
20:30 (AEST) | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (4) | Verslag | Drie: Strafdoel: Kaart: 23' tot 33' | Bywoning: 81 350 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
11 Oktober 2003 | Ierland | 45–17 | Roemenië | , Gosford | |
17:00 (AEST) | Drieë: , , (2), Doelskoppe: (3), Strafdoele: (4) | Verslag | Drie: (Strafdrie), Doelskoppe: , Strafdoel: | Bywoning: 19 193 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
|
14 Oktober 2003 | Argentinië | 67–14 | Namibië | , Gosford | |
19:30 (AEST) | Drieë: , (2), , (Strafdrie) (2), (3), Doelskoppe: (7) Strafdoel: | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: (2) | Bywoning: 17 887 Skeidsregter: Nigel Williams (Wal) | |
|
18 Oktober 2003 | Australië | 90–8 | Roemenië | Langpark, Brisbane | |
16:00 (AEST) | Drieë: , (3), (2), (2), , , , , Doelskoppe: (11) Strafdoel: | Verslag | Drie: Strafdoel: Kaart: 57' tot 67' | Bywoning: 48 778 Skeidsregter: Pablo De Luca (Arg) | |
|
19 Oktober 2003 | Ierland | 64–7 | Namibië | Aussiestadion, Sydney | |
20:00 (AEST) | Drieë: (2), , , , (2), , , Doelskoppe: (7) | Verslag | Drie: Doelskop: Kaart: 21' tot 31' | Bywoning: 35 382 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
|
22 Oktober 2003 | Argentinië | 50–3 | Roemenië | Aussiestadion, Sydney | |
20:30 (AEST) | Drieë: , (2), , , (2) Doelskoppe: (4), (2) Strafdoel: | Verslag | Strafdoel: | Bywoning: 33 673 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
26 Oktober 2003 | Argentinië | 15–16 | Ierland | Adelaide-ovaal, Adelaide | |
18:00 (ACDT) | Strafdoele: (3) Skepdoele: , | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: , (2) | Bywoning: 28 803 Skeidsregter: (RSA) | |
|
1 November 2003 | Australië | 17–16 | Ierland | , Melbourne | |
20:35 (AEDT) | Drie: Strafdoele: (3) Skepdoel: Kaart: 41' tot 51' | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (2) Skepdoel: Kaart: 41' tot 51' | Bywoning: 54 206 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
Groep B
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Frankryk | 4 | 4 | 0 | 0 | 204 | 70 | +134 | 23 | 4 | 20 |
Skotland | 4 | 3 | 0 | 1 | 102 | 97 | +5 | 11 | 2 | 14 |
Fidji | 4 | 2 | 0 | 2 | 98 | 114 | −16 | 10 | 2 | 10 |
Verenigde State | 4 | 1 | 0 | 3 | 86 | 125 | −39 | 9 | 2 | 6 |
Japan | 4 | 0 | 0 | 4 | 79 | 163 | −84 | 6 | 0 | 0 |
11 Oktober 2003 | Frankryk | 61–18 | Fidji | Langpark, Brisbane | |
19:30 (AEST) | Drieë: (2), , (3), Doelskoppe: (4) Strafdoele: (6) Kaart: 64' tot 74' | Verslag | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (2) Kaart: 64' tot 74' | Bywoning: 46 795 Skeidsregter: Alain Rolland (Irl) | |
|
15 Oktober 2003 | Fidji | 19–18 | Verenigde State | Langpark, Brisbane | |
17:00 (AEST) | Drie: Doelskop: Strafdoele: (4) | Verslag | Drieë: , Doelskop: Strafdoele: (2) | Bywoning: 30 990 Skeidsregter: Joël Jutge (Fra) | |
|
18 Oktober 2003 | Frankryk | 51–29 | Japan | , Townsville | |
19:06 (AEST) | Drieë: , (2), , , Doelskoppe: (5), Strafdoele: (3) | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (5) | Bywoning: 21 309 Skeidsregter: Alan Lewis (Irl) | |
20 Oktober 2003 | Skotland | 39–15 | Verenigde State | Langpark, Brisbane | |
19:30 (AEST) | Drieë: (2), , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (2) Kaart: 41' tot 51' | Verslag | Strafdoele: (5) Kaart: 64' tot 74' | Bywoning: 46 796 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
25 Oktober 2003 | Frankryk | 51–9 | Skotland | Telstra-stadion, Sydney | |
20:30 (AEST) | Drieë: , , , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (4) Skepdoele: , | Verslag | Strafdoele: (3) | Bywoning: 78 974 Skeidsregter: David McHugh (Irl) | |
|
27 Oktober 2003 | Japan | 26–39 | Verenigde State | , Gosford | |
19:30 (AEDT) | Drieë: , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (4) | Verslag | Drieë: , , , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (2) | Bywoning: 19 653 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
31 Oktober 2003 | Frankryk | 41–14 | Verenigde State | , Wollongong | |
19:30 (AEDT) | Drieë: (3), , Doelskoppe: (2) Strafdoele: (3) Skepdoel: Kaart: 76' tot 80+' | Verslag | Drieë: , Doelskoppe: (2) | Bywoning: 17 833 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
|
1 November 2003 | Skotland | 22–20 | Fidji | Aussiestadion, Sydney | |
16:00 (AEDT) | Drie: Doelskop: Strafdoele: (5) | Verslag | Drieë: (2) Doelskoppe: (2) Strafdoele: (2) Kaart: 76' tot 80+' | Bywoning: 37 137 Skeidsregter: Tony Spreadbury (Eng) | |
|
Groep C
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Engeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 255 | 47 | +208 | 34 | 3 | 19 |
Suid-Afrika | 4 | 3 | 0 | 1 | 184 | 60 | +124 | 26 | 3 | 15 |
Samoa | 4 | 2 | 0 | 2 | 138 | 117 | +21 | 18 | 2 | 10 |
Uruguay | 4 | 1 | 0 | 3 | 56 | 255 | −199 | 6 | 0 | 4 |
Georgië | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 200 | −154 | 1 | 0 | 0 |
11 Oktober 2003 | Suid-Afrika | 72–6 | Uruguay | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Drieë: Joost van der Westhuizen (3), , Bakkies Botha (2), , Jaque Fourie, , Danie Rossouw, , Doelskoppe: (5), Derick Hougaard | Verslag | Strafdoele: (2) | Bywoning: 16 906 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
|
12 Oktober 2003 | Engeland | 84–6 | Georgië | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Drieë: , , , , , (2), , (2), , Doelskoppe: Jonny Wilkinson (5), (4) Strafdoele: Jonny Wilkinson (2) | Verslag | Strafdoele: , | Bywoning: 25 501 Skeidsregter: Pablo De Luca (Arg) | |
|
18 Oktober 2003 | Suid-Afrika | 6–25 | Engeland | Subiaco Ovaal, Perth | |
20:00 (AWST) | Strafdoele: (2) | Verslag | Drie: Doelskop: Jonny Wilkinson Strafdoele: Jonny Wilkinson (4) Skepdoele: Jonny Wilkinson (2) | Bywoning: 38 834 Skeidsregter: Peter Marshall (Aus) | |
24 Oktober 2003 | Suid-Afrika | 46–19 | Georgië | Aussiestadion, Sydney | |
20:00 (AWST) | Drieë: Danie Rossouw (2), Derick Hougaard, , Jaque Fourie, Bakkies Botha, Schalk Burger Doelskoppe: Derick Hougaard (4) Strafdoel: Derick Hougaard Kaart: 53' tot 63' | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (3), Kaart: 73' tot 80+' | Bywoning: 34 308 Skeidsregter: Stuart Dickinson (Aus) | |
|
26 Oktober 2003 | Engeland | 35–22 | Samoa | , Melbourne | |
20:30 (AEDT) | Drieë: , (Strafdrie), , Doelskoppe: Jonny Wilkinson (3) Strafdoele: Jonny Wilkinson (2) Skepdoel: Jonny Wilkinson | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (5) | Bywoning: 50 647 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
|
28 Oktober 2003 | Georgië | 12–24 | Uruguay | Aussiestadion, Sydney | |
19:30 (AEDT) | Strafdoele: , (3) | Verslag | Drieë: , , Doelskoppe: (2), Strafdoel: | Bywoning: 28 576 Skeidsregter: Kelvin Deaker (NZL) | |
|
1 November 2003 | Suid-Afrika | 60–10 | Samoa | Langpark, Brisbane | |
17:30 (AEST) | Drieë: , , Derick Hougaard, Juan Smith, , Jaque Fourie, , Doelskoppe: Derick Hougaard (5), (2) Strafdoel: Derick Hougaard Skepdoel: Derick Hougaard | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: | Bywoning: 48 496 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
2 November 2003 | Engeland | 111–13 | Uruguay | Langpark, Brisbane | |
17:30 (AEST) | Drieë: , (5), (2), (2), (2), , , (2), Doelskoppe: (11), (2) Kaart: 78' tot 80+' | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (2) | Bywoning: 46 233 Skeidsregter: Nigel Whitehouse (Wal) | |
|
Groep D
Span | S | W | G | V | P v | P t | +/− | D v | BP | P |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 4 | 4 | 0 | 0 | 282 | 57 | +225 | 42 | 4 | 20 |
Wallis | 4 | 3 | 0 | 1 | 132 | 98 | +34 | 14 | 2 | 14 |
Italië | 4 | 2 | 0 | 2 | 77 | 123 | −46 | 5 | 0 | 8 |
Kanada | 4 | 1 | 0 | 3 | 54 | 135 | −81 | 4 | 1 | 5 |
Tonga | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 178 | −132 | 7 | 1 | 1 |
11 Oktober 2003 | Nieu-Seeland | 70–7 | Italië | , Melbourne | |
14:30 (AEST) | Drieë: , , Doug Howlett (2), (2), Joe Rokocoko (2), , Dan Carter, Doelskoppe: Dan Carter (6) Strafdoel: | Verslag | Drie: Doelskop: | Bywoning: 40 715 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
12 Oktober 2003 | Wallis | 41–10 | Kanada | , Melbourne | |
18:00 (AEST) | Drieë: , , , , Doelskoppe: (5) Strafdoele: (2) Kaarte: 9' tot 19', 71' tot 80+' | Verslag | Drie: Doelskop: Skepdoel: | Bywoning: 24 874 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
15 Oktober 2003 | Italië | 36–12 | Tonga | Canberrastadion, Canberra | |
19:30 (AEST) | Drieë: , (2) Doelskoppe: (3) Strafdoele: (5) Kaart: 69' tot 79' | Verslag | Drieë: , Doelskop: Kaarte: 2' tot 12', 67' tot 77' | Bywoning: 18 967 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
|
17 Oktober 2003 | Nieu-Seeland | 68–6 | Kanada | , Melbourne | |
19:30 (AEST) | Drieë: (2), (2), (4), , Doelskoppe: Dan Carter (9) Kaart: 79' tot 80+' | Verslag | Strafdoele: (2) | Bywoning: 38 899 Skeidsregter: Tony Spreadbury (Eng) | |
|
19 Oktober 2003 | Wallis | 27–20 | Tonga | Canberrastadion, Canberra | |
18:00 (AEST) | Drieë: , Doelskop: Stephen Jones Strafdoele: Stephen Jones (4) Skepdoel: | Verslag | Drieë: , , Doelskop: Strafdoel: | Bywoning: 19 806 Skeidsregter: Paul Honiss (NZL) | |
21 Oktober 2003 | Italië | 19–14 | Kanada | Canberrastadion, Canberra | |
19:30 (AEST) | Drie: Doelskop: Strafdoele: (4) Kaart: 79' tot 80+' | Verslag | Drie: Strafdoele: (3) Kaart: 51' tot 61' | Bywoning: 20 515 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
|
24 Oktober 2003 | Nieu-Seeland | 91–7 | Tonga | Langpark, Brisbane | |
17:30 (AEST) | Drieë: , Dan Carter, , (2), , , (Strafdrie), (2), , Doug Howlett (2) Doelskoppe: (12), | Verslag | Drie: Doelskop: Kaart: 67' tot 77' | Bywoning: 47 588 Skeidsregter: Pablo De Luca (Arg) | |
|
25 Oktober 2003 | Italië | 15–27 | Wallis | Canberrastadion, Canberra | |
18:30 (AEST) | Strafdoele: (5) | Verslag | Drieë: , , Doelskoppe: (3) Strafdoele: (2) | Bywoning: 22 641 Skeidsregter: Andrew Cole (Aus) | |
|
2 November 2003 | Nieu-Seeland | 53–37 | Wallis | Telstra-stadion, Sydney | |
20:35 (AEDT) | Drieë: Joe Rokocoko (2), , , Doug Howlett (2), , Doelskoppe: (5) Strafdoel: | Verslag | Drieë: , , , Doelskoppe: Stephen Jones (4) Strafdoele: Stephen Jones (3) | Bywoning: 80 112 Skeidsregter: (RSA) | |
Uitklopfase
Kwarteindrondte | Halfeindrondte | Eindstryd | ||||||||
8 November – Melbourne | ||||||||||
Nieu-Seeland | 29 | |||||||||
15 November – Sydney | ||||||||||
Suid-Afrika | 9 | |||||||||
Nieu-Seeland | 10 | |||||||||
8 November – Brisbane | ||||||||||
Australië | 22 | |||||||||
Australië | 33 | |||||||||
22 November – Sydney | ||||||||||
Skotland | 16 | |||||||||
Australië | 17 | |||||||||
9 November – Melbourne | ||||||||||
Engeland | 20 | |||||||||
Frankryk | 43 | |||||||||
16 November – Sydney | ||||||||||
Ierland | 21 | |||||||||
Frankryk | 7 | Uitspeel om derde plek | ||||||||
9 November – Brisbane | ||||||||||
Engeland | 24 | 20 November – Sydney | ||||||||
Engeland | 28 | |||||||||
Nieu-Seeland | 40 | |||||||||
Wallis | 17 | |||||||||
Frankryk | 13 | |||||||||
Kwarteindrondte
8 November 2003 | Nieu-Seeland | 29–9 | Suid-Afrika | , Melbourne | |
18:30 (AEDT) | Drieë: , , Joe Rokocoko Doelskop: Strafdoele: (3) Skepdoel: | Verslag | Strafdoele: Derick Hougaard (3) | Bywoning: 40 734 Skeidsregter: Tony Spreadbury (Eng) | |
8 November 2003 | Australië | 33–16 | Skotland | Langpark, Brisbane | |
20:00 (AEST) | Drieë: , , Doelskoppe: (3) Strafdoele: (4) | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (2) Skepdoel: | Bywoning: 45 412 Skeidsregter: Steve Walsh (NZL) | |
9 November 2003 | Frankryk | 43–21 | Ierland | , Melbourne | |
18:30 (AEDT) | Drieë: , , , Doelskoppe: (4) Strafdoele: (5) Kaart: 65' tot 75' | Verslag | Drieë: , (2) Doelskoppe: (3) | Bywoning: 33 134 Skeidsregter: Jonathan Kaplan (RSA) | |
9 November 2003 | Engeland | 28–17 | Wallis | Langpark, Brisbane | |
20:00 (AEST) | Drie: Doelskop: Jonny Wilkinson Strafdoele: Jonny Wilkinson (6) Skepdoel: Jonny Wilkinson | Verslag | Drieë: Stephen Jones, , Doelskop: | Bywoning: 45 252 Skeidsregter: Alain Rolland (Irl) | |
Halfeindrondte
15 November 2003 | Nieu-Seeland | 10–22 | Australië | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drie: Doelskop: Strafdoel: | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoele: (5) | Bywoning: 82 444 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
|
16 November 2003 | Frankryk | 7–24 | Engeland | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drie: Doelskop: Kaarte: 23' tot 33', 53' tot 63' | Verslag | Strafdoele: Jonny Wilkinson (5) Skepdoele: Jonny Wilkinson (3) | Bywoning: 82 346 Skeidsregter: Paddy O’Brien (NZL) | |
|
Bronseindstryd
20 November 2003 | Nieu-Seeland | 40–13 | Frankryk | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drieë: , Doug Howlett, Joe Rokocoko, , , Doelskoppe: , Dan Carter (4) | Verslag | Drie: Doelskop: Strafdoel: Skepdoel: | Bywoning: 62 712 Skeidsregter: Chris White (Eng) | |
Eindstryd
22 November 2003 | Australië | 17–20 (e.t.) | Engeland | Telstra-stadion, Sydney | |
20:00 (AEDT) | Drie: Strafdoele: (4) | Verslag | Drie: Strafdoele: Jonny Wilkinson (4) Skepdoel: Jonny Wilkinson | Bywoning: 82 957 Skeidsregter: (RSA) Speler van die wedstryd: Jonny Wilkinson (Eng) | |
|
Rugbywêreldkampioen 2003 |
---|
Engeland |
Statistiek
Finale puntestand
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2003.
Rang | Span | Groep | S | W | G | V | P | Drieë | Doelskoppe | Strafdoele | Skepdoele |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1 | Engeland | C | 7 | 7 | 0 | 0 | 327 | 36 | 27 | 23 | 8 |
2 | Australië | A | 7 | 6 | 0 | 1 | 345 | 43 | 32 | 21 | 1 |
3 | Nieu-Seeland | D | 7 | 6 | 0 | 1 | 361 | 52 | 40 | 6 | 1 |
4 | Frankryk | B | 7 | 5 | 0 | 2 | 267 | 29 | 22 | 22 | 4 |
In die kwarteindrondte uitgeskakel | |||||||||||
5 | Suid-Afrika | C | 5 | 3 | 0 | 2 | 193 | 27 | 17 | 7 | 1 |
6 | Ierland | A | 5 | 3 | 0 | 2 | 162 | 20 | 16 | 9 | 1 |
7 | Wallis | D | 5 | 3 | 0 | 2 | 149 | 17 | 14 | 11 | 1 |
8 | Skotland | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 118 | 12 | 8 | 13 | 1 |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
9 | Argentinië | A | 4 | 2 | 0 | 2 | 140 | 18 | 13 | 6 | 2 |
10 | Samoa | C | 4 | 2 | 0 | 2 | 138 | 18 | 12 | 8 | 0 |
11 | Fidji | B | 4 | 2 | 0 | 2 | 98 | 10 | 6 | 12 | 0 |
12 | Italië | D | 4 | 2 | 0 | 2 | 77 | 5 | 5 | 14 | 0 |
13 | Verenigde State | B | 4 | 1 | 0 | 3 | 86 | 9 | 7 | 9 | 0 |
14 | Roemenië | A | 4 | 1 | 0 | 3 | 65 | 8 | 5 | 5 | 0 |
15 | Uruguay | C | 4 | 1 | 0 | 3 | 56 | 6 | 4 | 6 | 0 |
16 | Kanada | D | 4 | 1 | 0 | 3 | 54 | 4 | 2 | 9 | 1 |
17 | Japan | B | 4 | 0 | 0 | 4 | 79 | 6 | 5 | 12 | 1 |
18 | Tonga | D | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 7 | 4 | 1 | 0 |
19 | Georgië | C | 4 | 0 | 0 | 4 | 46 | 1 | 1 | 12 | 1 |
20 | Namibië | A | 4 | 0 | 0 | 4 | 28 | 4 | 4 | 0 | 0 |
Algeheel | 48 | 2828 | 329 | 244 | 206 | 23 |
Meeste punte en drieë
Meeste punte aangeteken:
|
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar