Die Tai-Kadai-tale, soms ook Kra-Dai-, Dais- of Kadai-tale genoem, is 'n taalfamilie wat uit 95 tale bestaan wat deur sowat 100 miljoen mense gepraat word. Hulle is oorwegend oor Suid-China, Hainan, Indo-China en Noordoos-Indië versprei.
Tai-Kadai-tale Kra-Dai-, Dais- of Kadai-tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: | Suid-China, Hainan, Indo-China en Noordoos-Indië |
Genetiese klassifikasie: | Tai-Kadai-tale |
Onderafdelings: | (Zhuang-Tai) |
Verspreiding van Tai-Kadai-tale |
Die Tai-Kadai-tale is na die twee hooftakke, naamlik die Tai-tale en die Kra-tale (by Ethnologue Kra-Dai), genoem. Dis hoekom dié benaming omstrede en nie algemeen aanvaar is nie. Aan dié taalfamilie behoort nog die taal Ong Be (op Hainan), die Kam-Sui-tale en die Hlai-tale (ook op Hainan); altesaam bestaan dié taalfamilie uit vyf sytakke waarvan die Tai-tale net die grootste is. Van die alternatiewe benamings sluit in Kra-Dai-, Dais- en Kadai-tale.
Die diversiteit van die Tai-Kadai-tale in suidoostelike China, veral in Guizhou en Hainan, dui daarop dat dit naby aan hul tuisland is. Die Tai-tak het net sowat 'n duisend jaar gelede suid ná Suidoos-Asië verskuif in wat Austro-Asiatiese grondgebied gewees het met die oprigting van nasies wat later Thailand en Laos sou word.
Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Thai (20 miljoen), Tai Yai (3,3 miljoen) en Lao (3 miljoen). Thai en Lao is die enigste van die Tai-Kadai-tale wat amptelike status in 'n land geniet (in Thailand en Laos, respektiewelik).
Verwysings
- (en) Diller, Anthony, Jerry Edmondson, Yongxian Luo (2008). The Tai–Kadai Languages. London: Routledge. ISBN 978-0-7007-1457-5.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - (en) Chamberlain, James R. (2016). "Kra-Dai and the Proto-History of South China and Vietnam". Journal of the Siam Society. p. 67.
Bronne
- (en) Diller, A., J. Edmondson, & Yongxian Luo (2005). The Tai–Kadai languages. Londen: Routledge. ISBN 0-7007-1457-X.
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tai-Kadai-tale.
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, 17th edition, Kra-Dai". Ethnologue. Besoek op 27 April 2021.
- (en) "Tai-Kadai languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 April 2021.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar