Wes-Virginië (Engels: State of West Virginia) is 'n deelstaat in die Appalachegebied van die Verenigde State van Amerika geleë in die Appalache-streek - vandaar die bynaam Mountain State. Hier word een van die belangrikste karstgebiede op aarde aangetref. Sy grotte is die onderwerp van wetenskaplike navorsing, maar ook 'n toeriste-aantreklikheid. Wes-Virginië het 'n oppervlakte van 62 755 vierkante kilometer (wat van die deelstaat die 41ste grootste in die Unie maak) en 'n bevolking van sowat 1,85 miljoen (as die Unie se 38ste mees bevolkte staat). Die hoofstad en grootste nedersetting is Charleston. Belangrike tradisionele ekonomiese sektore sluit die houtbedryf en steenkoolmynbou in. Daarnaas word ruolie en aardgas ontgin.
Deelstaat Wes-Virginië | |||||
| |||||
Bynaam(e): Mountain State | |||||
Amptelike taal(e) | Geen (Engelsde facto) | ||||
Hoofstad | Charleston | ||||
Grootste stad | Charleston | ||||
Area | 41ste in die V.S. | ||||
- Totaal | 62 755 km2 | ||||
- Wydte | 210 km | ||||
- Lengte | 385 km | ||||
- Water | 395 km2 | ||||
- % water | 0,6 % | ||||
- Breedtegraad | 37° 12′ N tot 40° 39′ N | ||||
- Lengtegraad | 77° 43′ W tot 82° 39′ W | ||||
Bevolking | 37de in die V.S. | ||||
- Totaal | 5,087,138 | ||||
- Digtheid | 80,64/km2 27ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Spruce Knob 1 427 m | ||||
- Gemiddeld | 460 m | ||||
- Laagste punt | 73 m | ||||
Toetrede tot die Unie | 20 Junie 1863 (35ste) | ||||
Goewerneur | Jim Justice (R) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Mitch Carmichael (R) | ||||
Wetgewer | Wes-Virginië Wetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Joe Manchin (D) Shelley Moore Capito (R) | ||||
Tydsone | UTC -5 / Somertyd -4 | ||||
Afkortings | WV | ||||
Webblad | www.wv.gov |
Wes-Viginië word in die noorde deur Pennsilvanië, in die ooste deur Maryland en Virginië, in die suide deur Virginië, en in die weste deur Ohio en Kentucky begrens. Dit is op 20 Junie 1863 as die 35ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Wes-Virginië is een van drie Amerikaanse deelstate wat gevorm is deur afstigting van 'n bestaande deelstaat en die enigste wat losgebreek het van 'n Gekonfedereerde deelstaat, Virginië. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog tussen 1861 en 1865 het dit 'n strategiese rol gespeel as grensstaat. Interessant genoeg bepaal die Amerikaanse grondwet dat in die geval van 'n afstigting toestemming verkry moet word van die oorspronklike deelstaat. Hierdie toestemming is nooit verkry nie. Ook is die stemming, wat in 1861 gehou is en waarydens burgers in 39 distrikte die afstigting van Wes-Virginië as Unionistiese deelstaat goedgekeur het, weens die stasionering van Unietroepe by stemlokale bevraagteken.
Distrikte in die ooste en suide was gekant teen die afstigting, maar is nogtans om politieke, ekonomiese en militêre redes ingesluit by die nuwe deelstaat. Die bergreeks wes van die Blue Ridge Mountains het Wes-Virginië se natuurlike oosgrens geword wat verdediging teen aanvalle deur Gekonfedereerde magte vergemaklik het. Een van die mees omstrede besluite was die insluiting van die sogenaamde Eastern Panhandle-distrikte wat die Gekonfedereerde saak gesteun het. Die doelwit was om Gekonfedereerde toegang tot die Baltimore- en Ohio-spoorweë, wat deur hierdie gebied geloop het en van groot belang was vir troepebewegings en die ekonomie van die deelstaat, te verhinder.
Eksterne skakels
- Toerisme
- West Virginia Tourism
- Geskiedenis
- West Virginia Historical Society Geargiveer 30 Julie 2020 op Wayback Machine
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar