Willem III (14 November 1650 – 8 Maart 1702) was ’n soewereine Prins van Oranje van geboorte. Vanaf 1672 het hy as stadhouer Willem III van Oranje oor Holland, Zeeland, Utrecht, Gelderland en Overijssel van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande regeer. Hy het vanaf 1689 as Willem III oor Engeland en Ierland regeer en as Willem II oor Skotland. Willem was van die Huis van Oranje-Nassau en het die Engelse, Ierse en Skotse troon bestyg ná die Glorieryke Rewolusie, waarin sy oom en skoonpa Jakobus II afgesit is. Hy het in dié lande saam met sy vrou, Maria II, regeer tot met haar dood op 28 Desember 1694.
Willem III & II | |
---|---|
Prins van Oranje Koning van Engeland, Ierland en Skotland | |
Willem III deur sir Godfrey Kneller. | |
Titel | Prins van Oranje |
Regeer | 14 November 1650 – 8 Maart 1702 |
Voorganger | |
Opvolger | |
Titel | Koning van Engeland, Ierland en Skotland |
Regeer | 13 Februarie 1689 – 8 Maart 1702 |
Voorganger | Jakobus VII & II |
Opvolger | Anna |
Mede-monarg | Maria II |
Vrou | Maria II |
Huis | Oranje-Nassau |
Vader | |
Moeder | |
Gebore | 14 November 1650; Den Haag |
Oorlede | 8 Maart 1702, Londen |
Willem was ’n Protestant en het aan verskeie oorloë teen die magtige Katolieke koning van Frankryk, Lodewyk XIV deelgeneem in koalisie met Protestantse en Katolieke magte in Europa. Baie Protestante het hom beskou as die voorvegter van hul geloof. Dit was grootliks danksy hierdie aansien dat Willem die Britse trone kon oorneem te midde van ’n vrees vir ’n herlewing van Katolisisme onder Jakobus. Sy bewind was die begin van die oorgang van die persoonlike regering van die Stuarts na die meer parlement-gesentreerde regering van die Huis van Hannover.
Vroeë jare
Willem Hendrik van Oranje, die enigste kind van stadhouer en , is op 14 November 1650 in Den Haag in die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande gebore. Agt dae voor sy dood is sy pa aan pokke dood en Willem was dus van sy geboorte af die soewereine Prins van Oranje.
In 1677 is Willem getroud met Maria Stuart, sy niggie en die dogter van Jakobus, die Hertog van York. Jakobus was die broer van sy ma, Maria. Willem het geglo dat ’n huwelik met Maria sy kanse sou vergroot om die Engelse koning te word ná Karel II en dat dit die Engelse monarg sou laat afwyk van sy pro-Franse beleidrigtings. Jakobus wou eers nie instem nie, maar Karel het druk op hom uitgeoefen. Karel wou die huwelik gebruik om sy eie invloed uit te brei. Op 4 November 1677 is die egpaar in die huwelik bevestig. Maria het kort daarna verwag, maar het ’n miskraam gehad.
Ná sy troue het Willem ’n moontlike kandidaat vir die Engelse troon geword indien sy oom en skoonpa, Jakobus, uitgesluit sou word omdat hy ’n Katoliek was. In 1685 het Jakobus egter wel vir Karel opgevolg en sy oudste dogter en Willem se vrou, Maria, het die eerste aanspraakmaker op die troon geword. Betrekkinge tussen Jakobus en Willem het later versleg. Om die guns van die Protestante in Engeland te wen, het Willem in 1687 ’n ope brief aan die Engelse volk geskryf waarin hy sy afkeer van Jakobus se godsdienstige beleidrigtings uitspreek. Baie Engelse politici het Willem as ’n vriend beskou en het oor die jare in die geheim kontak met hom behou. Hulle het begin om ’n gewapende inval in Engeland te beplan.
Rewolusie
Willem was eers teen die inval, maar die meeste historici stem saam dat hy in April 1688 ’n mag op die been begin bring het. In Junie het Jakobus se vrou, Maria van Modena, die lewe geskenk aan ’n seun, Jakobus Francis Eduard, wat Willem se vrou vervang het as die eerste aanspraakmaker op die Engelse troon. Openbare teenkanting teen Jakobus het intussen opgevlam ná die verhoor van sewe biskoppe wat openlik teen sy godsdienstige beleidrigtings was en ’n beroep op hom gedoen het om dit te verander.
Willem is intussen amptelik genooi om aan die inval deel te neem en op 5 November 1688 het hy by in Suidwes-Engeland aan wal gegaan. Saam met hom was sowat 11 000 voet- en 4 000 berede soldate. Die steun vir Jakobus het feitlik onmiddellik begin afneem en invloedryke edelmanne dwarsoor die land het hul steun aan die invaller toegesê.
Jakobus wou Willem eers teengaan, maar het gesien hy het nie ’n kans teen hom nie. Hy het toe afgevaardigdes na Willem gestuur om te onderhandel, maar in die geheim op 11 Desember probeer vlug. Dit het misluk, maar op 23 Desember slaag sy tweede poging om landuit vlug.
Koning
Hoewel sy vrou ’n aanspraakmaker op die Engelse troon was, wou Willem uit eie reg regeer en nie net as ’n prinsgemaal nie. Omdat Jakobus gevlug het, is die troon as vakant beskou en sy seun het sy reg daarop verloor. Willem en Maria is toe aangewys as mede-monarge. Hulle is op 11 April 1689 in die Westminster-abdy gekroon. Op dieselfde dag het Skotland aangekondig dat Jakobus ook nie meer die Skotse koning is nie en Willem en Maria is die Skotse troon aangebied. Hulle het dit op 11 Mei aanvaar.
In 1694 is Maria aan pokke dood en Willem het die alleenheerser geword. Sy gewildheid het daarna vinnig afgeneem. Hy is in 1702 aan longontsteking dood en is opgevolg deur Maria se suster, Anna.
Verwysings
- "Act of Union 1707, the Revolution in Scotland" (in Engels). UK Parliament. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2010. Besoek op 8 Augustus 2008.
- Claydon, 9
- Claydon, 14
- Van der Kiste, 38–39
- Van der Kiste, 42–43
- Van der Kiste, 47
- Troost, 186
- e.g.Troost, 190
- Claydon, Tony (September 2004). "William III and II (1650–1702)". Oxford Dictionary of National Biography. Oxford University Press. Besoek op 8 Augustus 2008. (Subskripsie nodig)
- Troost, 191; van der Kiste, 91–92
- Van der Kiste, 91
- Troost, 200–203; van der Kiste, 102–103
- Van der Kiste, 105
- Troost, 204–205
- Troost, 205–207
- Troost, 207–210
- Davies, 614–615. Willem was "Willem II" van Skotland omdat die Skotte nog net een vorige koning met die naan Willem gehad het.
- Van der Kiste, 179–180
- Van der Kiste, 251–254
Bronne
- Baxter, Stephen B., William III and the Defense of European Liberty, 1650–1702 (1966) ASIN: B000OKZST4
- Chapman, Hester W., Mary II: Queen of England (1953)
- Churchill, Winston. A History of the English-Speaking Peoples: Age of Revolution. Weidenfeld & Nicolson, (2002). ISBN 0-304-36393-6
- Claydon, Tony, William III: Profiles in Power (2002) ISBN 0-582-40523-8
- Davies, Norman, The Isles: A History (1999) ISBN 0-19-513442-7
- Israel, Jonathan I., The Dutch Republic: Its Rise, Greatness, and Fall, 1477–1806 (1995) ISBN 0-19-820734-4
- Meinel, Freidrich, Samuel Chappuzeau 1625–1701. Dissertation, Universiteit van Leipzig, (1908)
- Mijers, Esther & Onnekink, David, red., Redefining William III. The Impact of the King-Stadholder in International Context Geargiveer 23 September 2015 op Wayback Machine (Ashgate, 2007)
- Miller, John, James II: A Study in Kingship (1991) ISBN 0-413-65290-4
- Robb, Nesca, William of Orange (1962)
- Troost, Wout, William III, The Stadholder-king: A Political Biography (2005) (vertaal deur J.C. Grayson) ISBN 0-7546-5071-5
- Van der Kiste, John, William and Mary (2003) ISBN 0-7509-3048-9
- Van der Zee, Henri en Barbara, William and Mary (1973) ISBN 0-394-48092-9
- Waller, Maureen, Sovereign Ladies: Sex, Sacrifice, and Power. The Six Reigning Queens of England. St. Martin's Press, New York (2006) ISBN 0-312-33801-5
Eksterne skakels
- Amptelike webtuiste van die Huis van Oranje Geargiveer 15 Junie 2006 op Wayback Machine
- Huis van Oranje
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Willem III van Engeland.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar