Die Indo-Europese tale sluit sowat 443 ( skatting) tale en dialekte wat deur omtrent drie miljard mense gepraat word en die meeste groot taalfamilies van Europa en westelike Asië in die superfamilie in. Eietydse tale in die superfamilie sluit Bengaals, Engels, Duits, Frans, Hindi, Persies, Portugees, Russies, en Spaans (elk met meer as 100 miljoen eerstetaal sprekers) en Afrikaans en Nederlands in, sowel as soos Latyn en kunsmatige tale soos Esperanto. Interessant genoeg is 'n paar Europese tale soos Fins, Hongaars en Baskies nie deel van die superfamilie nie. Dieselfde geld vir die meeste suider-Indiese tale, wat van Drawidiese oorsprong is (soos Telugu, Tamil, Kannada en Malayalam). Dié taalfamilie is so genoem omdat die taalgebied van Indië af tot regoor Europa strek.
Indo-Europese tale | |
---|---|
Geografiese verspreiding: | wêreldwyd |
Genetiese klassifikasie: | Indo-Europees Indo-Europese tale |
Onderafdelings: | Albanees Anatolies Armeens Balties Indo-Irannees Togaars |
Lande met 'n meerderheid sprekers van Indo-Europese tale Lande waar 'n Indo-Europese taal amptelike status geniet Lande waar 'n Indo-Europese taal geen amptelike status geniet nie |
Indo-Europese tale |
---|
Indo-Europese tale |
Albanees | Anatolies Armeens | Balties | Kelties Germaans | Grieks | Indo-Irannees Italies | Slawies | Togaars |
Proto-Indo-Europees |
Taal | | | | | |
Geskiedenis
Sien ook: Proto-Indo-Europees, Diachroniese taalkunde, .
██ Grieks ██ Romaans ██ Indo-Irannees ██ Kelties | ██ Germaans ██ Armeens ██ Balties ██ Slawies | ██ Albanees ██ Nie-Indo-Europese tale |
Die moontlikheid van 'n gemene oorsprong vir die uiteenlopende tale is vir die eerste keer voorgestel deur die Nederlander Marcus Zuerius van Boxhorn. Hy was 'n 17de-eeuse taalkundige met 'n groot kennis van Latyn. Hy het tewens Russies, Persies en Turks bestudeer. Hy het geweet van Xenofon se reise na Indië, waardeur hy ooreenkomste met Sanskrit kom opmerk het. Dit het daartoe gelei dat hy gelykenisse tussen verskillende Indo-Europese tale ontdek het, waarby hy die bestaan van 'n primitiewe gemeenskaplike taal – wat hy toe 'Skities' noem – veronderstel het. Hy het by hierdie hipotese Nederlands, Grieks, Latyn, Persies en Duits ingesluit, waarna hy later ook die Slawiese, Keltiese en die Baltiese tale ingesluit het. 'n Semitiese taal soos Hebreeus het hy daarvan uitgesluit.
Die bekendste en later ontdekker is egter die agttiende-eeuse Engelsman wat ooreenkomste in van die vier oudste tale wat toe bekend was opgemerk het naamlik, Latyn, Grieks, Sanskrit, en Persies. Stelselmatige vergelyking van dié en ouer tale onderneem deur , het die teorie ondersteun. In die 19de eeu het vakkundiges die groep "Indo-Germaans" of soms "Aries" genoem. Toe dit egter later duidelik word dat daar 'n verband is tussen meeste van Europa se tale, is die naam uitgebrei na Indo-Europees. 'n Voorbeeld hiervan is die sterk ooreenkomste wat ontdek is tussen Sanskrit en ouer gesproke dialekte van Litaus en Lets.
Die gemeenskaplike voorouerlike (heropgeboude) taal word Proto-Indo-Europees (PIE) genoem. Daar is 'n meningsverskil wat betref die oorspronklike geografiese ligging (die sogenaamde of oorspronklike tuisland), waar die taal sy oorsprong vind. Daar is vandag twee hoofkandidate: 1. die steppe noordelik van die Swartsee en die (sien ) en 2. Anatolië (sien ). Voorstanders van die Kurgan-hipotese neig om die datum vir die proto-taal op [c.] te skat, terwyl die voorstanders van die Anatoliese oorsprong gewoonlik 'n datum van enkele millennia vroeër voorstel (sien ).
Subgroepe
Die verskeie subgroepe van die Indo-Europese familie sluit in (in historiese volgorde wat betref die oudste opgespoorde teks):
- Anatoliese tale — vroegste bevestigde tak, van die 18de eeu v.C.; uitgestorwe, mees noemenswaardig was die taal van die .
- Indo-Irannese tale, wat van die gemene voorouertaal, afstam
- Grieks — gefragmenteerde gegewens in Micene vanaf die 14de eeu v.C.; Homeros dateer uit die 8ste eeu v.C. Sien .
- Italiese tale — insluitend Latyn en sy afstammelinge, die Romaanse tale, waarvan dokumentasie uit die 1ste millennium v.C. bestaan.
- Keltiese tale — Galliese inskripsies wat ten minste reeds uit die 6de eeu v.C. dateer; Oudierse tekste uit die 6de eeu n.C. Die Italiese en Keltiese takke is vroeër as groepeerbaar binne 'n sogenaamde "Italo-keltiese" tak gepostuleer, 'n gedagte wat nie meer deur meeste vakkundiges ondersteun word nie.
- Germaanse tale (insluitend Engels) — vroegste bewyse in runeskrif-inskripsies van omtrent die 2de eeu, vroegste koherente tekste in Goties, 4de eeu.
- Armeens — dokumente uit 5de eeu.
- Togaarse tale — uitgestorwe tale van die , wat in twee dialekte voorgekom het vanaf ongeveer die 6de eeu.
- Balto-Slawiese tale, deur baie vakkundiges beskou as afgelei van 'n gemeenskaplike proto-taal later as Proto-Indo-Europees, terwyl ander skepties is oor die moontlikheid en van mening is dat Balties en Slawies glad nie meer verwant is as enige ander twee takke van Indo-Europees nie. Leksikografiese ooreenkomste is egter geweldig groot.
- Slawiese tale — dokumente uit die 9de eeu, vroegste tekste in Ou Kerkslawies.
- Baltiese tale — dokumente uit die 14de eeu, en vir tale wat eers so laat geattesteer is, behou hulle ongewoon baie argaïese eienskappe wat aan Proto-Indo-Europees toegeskryf word. Dié argaïese eienskappe kan veral in die agtervoegsels van die selfstandige naamwoorde en dié naamwoorde se nominatiefagtervoegsels gevind word.
- Albanees — geattesteer van die 16de eeu; verwantskappe met , , of voorgestel.
Bo en behalwe die klassieke tien takke hierbo gelys, is daar verskeie uitgestorwe tale waaroor daar baie min bekend is:
- — waarskynlik verwant aan Messapies; vewantskappe met Albanees soms voorgestel.
- — na aan Italies.
- — taal nie ontsyfer nie; montlik verwant aan Illiries.
- — taal van antieke Frigië; verwant aan Grieks.
- ;
- — moontlik verwant aan Albanees.
- — waarskynlik verwant aan Grieks, ander stel 'n verhouding met Illiries, Thracies or Frigies voor.
- - een van antieke tale van Sicilië.
- - soortgelyk aan Kelties en Italies, waarskynlik nader aan Italies.
Daar is sonder twyfel ander Indo-Europese tale wat verwdwyn het sonder om enige spore oor te laat.
Satem- en Kentum-tale
Die Indo-Europese subtakke word baiemaal geklassifiseer as 'n Satem- of 'n Kentumgroep, onderskeidelik vernoem na die woord vir 100: centum in Latyn (oorspronklik as 'kentum' uitgespreek) en satəm in Avesties. Dit is gebaseer op die maniere waarop die drie oorspronklike velêre beginklinkers in onderskeie taalgroepe hanteer word. Satem-tale het die onderskeid tussen die labiovelêre en suiwer velêre klanke verloor, en terselfdertyd het die palatale-velêre klanke (d.i. 'n ontwikkeling na 'n s-klank) ondergaan. Die Kentumtale het, aan die ander kant, die onderskeid tussen die palatale velêre en suiwer velêre klanke verloor. Oor die algemeen is die "oostelike" tale Satemtale (Indo-Irannees, Balto-Slawies), en die "westelike" tale Kentum-tale (Germaans, Italies, Kelties). Die Satem-Kentum isoglos loop reg tussen die (andersins na verwante) Griekse (Kentum) en Armeense (Satem) tale, met Grieks wat geringe Satem-eienskappe vertoon. Daar kan moontlik ander tale wees wat nie as Satem nog as Kentum geklassifisseer kan word nie (Anatolies, Tochaars, en moontlik Albanees). In elk geval word die Kentum-Satem tweedeling as parafileties beskou, i.e. daar was nooit 'n "proto-Kentum" of 'n "proto-Satem" nie, maar die klankverandering het deur gebiedskontak tussen die reeds onderskeibare post-PIE tale versprei (sê maar, gedurende die ).
Satem-tale:
- Indo-Irannees (Indies, Irannees en Persies)
- Armeens
- Albanees
- Balto-Slawies (Litaus, Russies, Pools, Kroaties, Serwies ens.)
Kentum-tale:
- Grieks
- Italies (bv. Latyn) en Romaans (bv. Italiaans, Frans, Spaans en Portugees)
- Kelties (bv. Gallies, Iers, Skots, Wallies en Bretons)
- Germaans (bv. Afrikaans, Engels, Duits, Nederlands, Deens, Noors en Sweeds)
'n Glottochronologiese ondersoek van 2003 van Russel D. Gray en Quentin D. Atkinson het 'n stamboom van die taalfamilie gegee met skattings vir die aftakkingstye van die groepe. Die glottochronologiese metode het in die jare 1970 in diskrediet gekom, maar is rond 2000 baie verbeter deur verbeterings in die statistiek wat veral in die DNS-ondersoek toegepas is. Die tye (in jare voor nu: sien afbeelding) wat gevind is vir de oudste aftakkings -na die Anatoliese groep-, ondersteun die sgn. Anatoliese hipotese en nie die Kurgan teorie nie. Die aanhangers van die Kurgan teorie veg dit aan deur te wys op die metodiek wat afhang van watter woorde jy kies om in die analise mee te neem.
In die Anatoliese teorie word aangeneem dat die familie eers in Anatolië ontstaan is maar dat 'n groep díe gebied later verlaat het en verantwoordelik was gewees voor 'n latere Kurgan-ekspansie.
Nie-Indo-Europese tale van Europa
Die meeste gesproke Europese tale behoort tot die Indo-Europese superfamilie. Daar is egter taalfamilies in Europa wat nie daaraan behoort nie. Die Oeraalse taalfamilie, wat Hongaars, Estnies, Fins, heelwat tale in Noord-Wes-Siberië en die tale van die Sami (dikwels "Lappe" genoem), insluit is 'n voorbeeld. Die Kaukasiese tale is nog 'n voorbeeld. Die Baskiese taal is ongewoon in die sin dat dit oënskynlik nie aan enige bekende lewendige taal verwant is nie. Taalkundiges vermoed dat Baskies die enigste taal is wat die Indo-Europese invalle oorlewe het. Die taal was ook 'n geïsoleerde, nie-Indo-Europese taal wat op die Italiaanse skiereiland gepraat is maar nou uitgestorwe is. Die Leidse taalkundige Robert Beekes het bevind dat Etruskies se oorsprong in Klein-Asië lê.
Maltees en Turks is twee voorbeelde van tale wat in Europa gepraat word wat beslis nie-Europese oorspronge het. Turks is 'n Turkse taal en Maltees is grootliks van Arabies afgelei.
Superfamilie
Sommige taalkundiges stel voor dat die Indo-Europese tale deel is van 'n hipotetiese superfamilie, en poog om verwantskkappe tussen Indo-Europees en ander taalfamilies soos byvoorbeeld die Kaukasiese tale, Altaïese tale, Oeraalse tale, Drawidiese tale en Afro-Asiatiese tale. Die teorie is omstrede, net soos die soortgelyke teorie van . Ooreenkomste tussen, byvoorbeeld, Indo-Europese en Oeral-Altaïese tale berus meestal op wedersydse ontlenings vanweë die lang periode van gemeenskaplike grondgebiede in westelike Asië ten tyde van die ontstaan van Indo-Europees.
Sien ook
- Indo-Europese fabel
Verwysings
- Beekes, R.S.P. Comparative Indo-European Linguistics: an Introduction, John Benjamins Publishing, 1995.
- Mallory, J.P. In Search of the Indo-Europeans
- Meier-Brügger, Michael Indo-European Linguistics. With contributions by Matthias Fritz and Manfred Mayrhofer. Berlin/New York: de Gruyter, 2003. 386 pages. ISBN 3-11-017433-2.
- Language-tree divergence times support the Anatolian theory of Indo-European origin, Russel D. Gray & Quentin D. Atkinson, Nature 426, 435-439
- Stevenson, V., Atlas van de Europese talen, Het Spectrum 1989.
- Watkins, Calvert (2000). The American Heritage Dictionary of Indo-European Roots. Houghton Mifflin. ISBN 0-618-08250-6.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Indo-Europese tale. |
- (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Indo-European". Ethnologue. Besoek op 27 Januarie 2018.
- (en) "Indo-European languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Januarie 2018.
- Die Evolusie van die Indo-Europese tale, deur Dr. C. George Boeree.
- Indo-European Roots, van die American Heritage Dictionary.
- Indo-European Documentation Center Geargiveer 14 Junie 2006 op Wayback Machine by die Universiteit van Texas
- Sê iets in Proto-Indo-Europees (deur Geoffrey Sampson)
- IE taalfamilie oorsig (SIL)
- Gray & Atkinson, artikel oor PIE Filogenese Geargiveer 2 April 2007 op Wayback Machine
- Indo-European Root/lemmas (deur Andi Zeneli)
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar