Komatipoort is 'n dorp in die verre ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika, op die grens met Mosambiek. Die dorp het in 2011 'n bevolking van 4 683 gehad. Komatipoort is hoofsaaklik 'n spoorwegdorp en doeanesentrum, maar beskik ook oor 'n klein lughawe. Die spoorlyn van pres. Paul Kruger het die dorp teen 1 Julie 1891 vanaf Delagoabaai bereik.
Komatipoort | |
---|---|
'n Straat in Komatipoort se dorp | |
Komatipoort Komatipoort se ligging in Mpumalanga | |
Koördinate: 25°26′S 31°57′O / 25.433°S 31.950°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Nkomazi |
Stigting | 1874 |
Regering | |
• Tipe | Deel van 'n Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 11,71 km2 (4,52 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 4 683 |
• Digtheid | 400/km2 (1 000/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 34,4% |
• Indiërs/Asiërs | 2,8% |
• Bruin mense | 1,2% |
• Swart mense | 61,0% |
• Ander | 0,6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 30,8% |
• Tsonga | 28,4% |
• Swazi | 27,7% |
• Engels | 7,6% |
• Ander | 5,5% |
Poskode (strate) | 1340 |
Skakelkode | 013 |
Omgewing
'n Diep kloof voer die Krokodilrivier, N4 nasionale pad en treinspoor deur die Lebomboberg tussen Suid-Afrika en Mosambiek. Die dorp is een van die warmstes in die land. Die gemiddelde maksimum-dagtemperatuur gedurende Januarie is 32,9°C en in Julie is dit 26,4°C. Die belangrikste gewasse van die distrik is suikerriet, groente en subtropiese vrugte. Die Lebombo-grenspos is net oos van die dorp.
Sien ook
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
- "Hoofplek Komatipoort". Sensus 2011.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar