- Sotho stuur aan na hierdie artikel. Alhoewel Sotho gewoonlik na Suid-Sotho verwys, kan dit dalk ook verwys na die Sotho-tale oor die algemeen.
Die taal Suid-Sotho (Sesotho [sɪ̀sʊ́tʰʊ̀] in Suid-Sotho) word deur sowat 5,6 miljoen mense, hoofsaaklik Suid-Sotho's, gepraat (2011-sensus), van wie 4 240 000 in Suid-Afrika waar dit 'n amptelike taal is. Dit is (saam met Engels) ook die amptelike taal van Lesotho en het daar 1 770 000 sprekers. Daar is 'n paar ortografiese verskille tussen die Suid-Sotho van Suid-Afrika en dié van Lesotho. Suid-Sotho is deel van die Sotho-taalfamilie. Dit is ook 'n amptelike taal van Zimbabwe.
Suid-Sotho Sesotho | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Lesotho Suid-Afrika | |
Gebied: | Suider-Afrika | |
Totale sprekers: | 5,6 miljoen (moedertaal, 2011) 7,9 miljoen (tweede taal in Suid-Afrika, 2002) | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidelike Bantoetale Sotho Suid-Sotho | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Lesotho Suid-Afrika Zimbabwe | |
Gereguleer deur: | Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | st | |
ISO 639-2: | sot | |
ISO 639-3: | sot | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Woorde
Algemene woorde en frases:
Afrikaans | Suid-Sotho |
---|---|
Welkom | Kamohelo (naamwoord) / Amohela (werkwoord) |
Dankie | Ke a leboha |
Goeiedag / Hallo | Dumela (enkelvoud) / Dumelang (meervoud) |
Totsiens | Sala hantle (bly wel) / Tsamaya hantle (gaan wel) |
Rook verbode | Ha ho tsubiwe |
Geen ingang | Ha ho kenwe |
Pasop vir die trap | Hlokomela setepisi |
Pasop! | Hlokomela! |
Veels geluk met jou verjaarsdag | Letsatsi le monate la tswalo |
Seisoengroete | Ditakaletso tse Molemo |
Geseënde Kersfees | Keresemese e monate |
Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar | Keresemese e monate le mahlohonolo a selemo se setjha |
Sien ook
- Lys van gedrukte Afrikaans-vreemdtalige woordeboeke
- Suid-Sotho Wikipedia
- Tale in Suid-Afrika
Bronne
- Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409672, volume 26, bl. 39
Verwysings
- "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Sotho, Southern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 21 Januarie 2016.
- (en) Webb, Vic. 2002. "Language in South Africa: the role of language in national transformation, reconstruction and development." Impact: Studies in language and society, 14:78
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Sotho language. |
Sien Suid-Sotho in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
Taalhulpmiddels
- Sesotho.web.za : Engelse inleiding tot Sesotho vir nuwe aanleerders; sluit aanlyn en aflaaibare woordeboeke in
- Vry en gratis Sotho speltoetser vir OpenOffice, Mozilla Firefox en Mozilla Thunderbird Geargiveer 9 Februarie 2007 op Wayback Machine
Sagteware in Sotho
- Mozilla Firefox Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - webblaaier
- Mozilla Thunderbird Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - e-posprogram
- OpenOffice.org Geargiveer 3 Oktober 2006 op Wayback Machine - kantoorsuite
- Translate.org.za Geargiveer 28 Junie 2007 op Wayback Machine - 'n Projek om vrye en oopbronsagteware in Sotho en ander Suid-Afrikaanse tale te vertaal
- Pootle[dooie skakel] - aanlyn vertaling van Sotho oopbronsagteware
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar