Wes-Vlaams (West-Vlams, West-Vlams, West-Vloams, Nederlands: West-Vlaams) is 'n Nederfrankiese dialek, wat tot die Nederlandse taal behoort. Wes-Vlaams word tot die Hollands-Frankiese dialekte en die suidwestelike dialekgroep gereken.
Wes-Vlaams West-Vlams/West-Vloams | ||
---|---|---|
Gepraat in: | België Frankryk Nederland | |
Gebied: | Wes-Vlaandere | |
Totale sprekers: | 1 204 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Nederfrankies Nederlands Wes-Vlaams | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | vls | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Wes-Vlaams word in die westelike deel van België gepraat: hoofsaaklik in die provinsie Wes-Vlaandere, verder in die noord- en middel-weste van die provinsie Oos-Vlaandere en in die munisipaliteit van die provinsie Hainaut (gedeeltelik). Daarbenewens word Wes-Vlaams ook in die weste van die Nederlandse gebied van Zeeuws-Vlaandere en in Frans-Vlaandere (gedeeltelik) gepraat.
Die Wes-Vlaamse streektaal het invloede van die nabygeleë Pikardies, 'n Romaanse streektaal, ondergaan.
Die ooste van Wes-Vlaandere en die weste van Oos-Vlaandere vorm 'n oorgangsgebied tussen die Wes-Vlaamse en die Oos-Vlaamse dialek.
Sien ook
- Vlaams (taalkunde)
Verwysings
- (en) ethnologue.com: Vlaams
- Die Wes-Vlaams van Zeeuws-Vlaanderen word as ook tot die Seeuse dialek gereken.
- Die Wes-Vlaams van Frans-Vlaandere word ook genoem.
Bronne
Wikimedia Commons bevat media in verband met West Flemish language. |
- Nederlandstalige Wikipedia
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Germaanse tale | ||
---|---|---|
Noord-Germaanse tale: | ||
Deens | Faroëes | Noors (Bokmål, Nynorsk) | Sweeds | Yslands | ||
Wes-Germaanse tale: | ||
Afrikaans | Duits | Engels | Fries (Noord-Fries, Oos-Fries/Saterfries, Wes-Fries) | Jiddisj | Limburgs | Luxemburgs | Nederduits | Nederlands (Oos-Vlaams, Wes-Vlaams) | Nedersaksies (Wes-Veluws) | Skots | ||
Oos-Germaanse tale: | ||
Boergondies (†) | Goties (†) | Vandaals (†) |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar