'n Transkontinentale land is 'n land wat oor meer as een kontinent streek.
Voorbeelde van transkontinentale lande
Afrika en Asië
- Egipte – lê in Afrika en Asië, Sinai is geskei deur die Suezkanaal.
- Jemen – lê in Asië, verskillende eilande (o.a. Sokotra) is in Afrika.
Afrika en Europa
- Portugal – vasteland in Europa en Madeiraeilande in Afrika.
- Spanje – vasteland in Europa, Ceuta, Melilla en Kanariese Eilande in Afrika.
Asië en Europa
- Armenië – lê in Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is lid van die Raad van Europa.
- Azerbeidjan – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is lid van die Raad van Europa.
- Siprus – lê in Asië, maar is geopolities en kultureel Europees.
- Georgië – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies, Eurovisie sangfees en is 'n lid van die Raad van Europa.
- Kasakstan – lê in Europa en Asië, maar neem deel aan Europese sportkompetisies en is 'n kandidaat-lid van die Raad van Europa.
- Rusland – lê in Europa en Asië.
- Turkye – lê in Europa en Asië, geskei deur die Bosporus.
Asië en Oseanië
- Indonesië – lê in Asië, oostelike deel is volgens sommige definisies deel van Oseanië.
- Oos-Timor – lê in Asië, maar kultureel geassosieer met Oseanië.
Europa en Noord-Amerika
- Denemarke – vasteland in Europa en Groenland in Noord-Amerika.
- Koninkryk der Nederlande – vasteland in Europa (Nederland) en Amerika (Aruba, Curaçao en Sint Maarten).
Noord- en in Suid-Amerika
- Chili – lê in Suid-Amerika en Oseanië (Paaseiland), maak ook aanspraak op 'n deel van Antarktika.
- Guyana – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie.
- Panama – lê in Noord- en Suid-Amerika, is geskei deur die Panamakanaal.
- Suriname – lê in Suid-Amerika, maar neem deel aan Karibiese sportkompetisies, en is nie Spaans- of Portugeestalig nie.
Globaal
- Frankryk – vasteland in Europa, Mayotte en Réunion in Afrika, Clipperton, Guadeloupe, Martinique, Saint Barthélemy, Saint-Martin, Sint Pierre en Miquelon in Noord-Amerika, Frans-Polynesië, Nieu-Kaledonië, Wallis-en-Futuna in Oseanië en Frans-Guyana in Suid-Amerika.
- Verenigde Koninkryk – vasteland in Europa, Akrotiri en Dhekelië in Asië, Britse Indiese Oseaan Gebied en Sint Helena in die Indiese Oseaan, Anguilla, Bermuda, Britse Maagde-eilande, Kaaimanseilande, Montserrat, Turks en Caicos-eilande in Noord-Amerika, Pitcairneilande in Oseanië, Falklandeilande, Suid-Georgië en de Suidelike Sandwicheilanden in Suid-Amerika.
- Verenigde State van Amerika – vasteland, Amerikaanse Maagde-eilande, Navassa, Puerto Rico in Noord-Amerika, Amerikaans-Samoa, Baker-eiland, Guam, Howland-eiland, Jarvis-eiland, Johnston-atol, Kingman-rif, Midway-atol, Noordelike Mariana-eilande, Palmyra-atol en Wake-eiland in Oseanië.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar