<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
6 Augustus is die 218de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (219de in skrikkeljare). Daar volg nog 147 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1405 – Kardinaal Ludovico Migliorati, 'n nefie van Pous Innocentius VII vermoor elf lede van die Romeinse adel. Oproer volg en die pous vlug na Viterbo.
- 1573 – Pous Gregorius XIII stig die Duitse seminarie in Rome.
- 1623 – Pous Urbanus VIII volg Pous Gregorius XV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1770 – Pous Clemens XIV stel João Cosme da Cunha, aartsbiskop van Evora, aan as kardinaal.
- 1806 – Frans II abdikeer om Francis I, Keiser van Oostenryk te word en beëindig daarmee die Heilige Romeinse Ryk.
- 1919 – Landbouweekblad se eerste weeklikse uitgawe verskyn nadat die eerste uitgawe op 21 Mei in Bloemfontein verskyn het.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Verenigde State laat val 'n atoombom (Little Boy) op Hirosjima, Japan, met tussen 90 000 en 200 000 sterftes tot gevolg.
- 1962 – Jamaika word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1977 – 'n Bom ontplof in Woolworth's in Salisbury, Rhodesië; 11 mense sterf en 76 word beseer.
- 1991 – Tim Berners-Lee stel die eerste inligting wat sy idee vir 'n wêreldwye web (WWW) beskryf, vry.
- 1995 – 50 000 mense woon 'n gedenkdiens in die Japannese stad Hirosjima by tydens die 50ste herdenking van die eerste atoombomaanval.
- 2001 – Die Amerikaanse president George W. Bush ontvang 'n daaglikse voorligtingwaarskuwing van 'n dreigende aanval deur Osama bin Laden.
- 2012 – Die Curiosity-verkenningstuig land op Mars.
- 2024 – Die Oekraïense Weermag loods 'n inval in Rusland se Koersk-oblast as deel van die voortslepende Russies-Oekraïnse Oorlog.
Geboortes
- 1619 – Barbara Strozzi, Italiaanse komponis en sanger van die vroeë baroktydperk († 1677)
- 1809 – Alfred Tennyson, Britse digter († 1892).
- 1844 – Alfred, Hertog van Sakse-Koburg en Gotha, 2de seun van koningin Victoria van die Verenigde Koninkryk († 30 Julie 1900).
- 1855 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus († 1936).
- 1876 – Annie Visser, Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan († 1927).
- 1878 – Johannes Rudolph Albertyn, Afrikaanse predikant van die NG Kerk († 1967).
- 1881 – Alexander Fleming, Britse bakterioloog, ontdekker van penisillien († 1955).
- 1883 – Margaret Joslin, Amerikaanse aktrise († 1956).
- 1910 – Adoniran Barbosa, Brasiliaanse komponis, sanger, kitaarspeler en akteur († 1982).
- 1911 – Lucille Ball, Amerikaanse aktrise († 1989).
- 1916 – Hugo Biermann, Hoof van die Suid-Afrikaanse Vloot en Hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag († 2012).
- 1918 – Prof. C.J.M. Nienaber, Afrikaanse letterkundige († 1988).
- 1928 – Andy Warhol, Amerikaanse kunstenaar († 1987).
- 1972 – Sonja Loots, Suid-Afrikaanse skrywer.
- 1976 – Soleil Moon Frye, Amerikaanse aktrise en skryfster.
- 1980 – Vitantonio Liuzzi, Italiaanse professionele renjaer.
- 2001 – Ty Simpkins, Amerikaanse akteur.
Sterftes
- 258 – Marteldood van Pous Sixtus II, 24ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 523 – Pous Hormisdas, 52ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 450).
- 769 – Teenpous Constantinus II (* onbekend).
- 1458 – Pous Callixtus III, 209de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1378)
- 1585 – Jermak, Kosak-leier, Russiese volksheld en ontdekkingsreisiger in Siberië (* circa 1532/1542))
- 1660 – Diego Velázquez, Spaanse skilder en die voorste skilder aan die hof van koning Filips IV (* 1599)
- 1746 – Christiaan VI van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1699).
- 1799 – Marcus Élieser Bloch, Duitse dokter en natuurkundige (* 1723)
- 1820 – Anton Wranitzky, Tsjeggiese komponis (* 1761).
- 1938 – Henry Sampson, leier in die Suid-Afrikaanse Arbeidersparty (* 1872).
- 1978 – Pous Paulus VI, 262ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1897).
- 2001 – Wilhelm Mohnke, Duitse Tweede Wêreldoorlog generaal (* 1911).
- 2009 – Charl van den Berg, Suid-Afrikaanse model en gay-aktivis (* 1981).
- 2020 – Bernard Stiegler, Franse filosoof (* 1952).
- 2020 – Brent Scowcroft, Amerikaanse lugmag luitenant-generaal en veiligheidsadviseur (* 1925).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
- Onafhanklikheidsdag in Jamaika (1962), Bolivië (1825).
- Verheerliking van Jesus (Westelike Christendom).
- Feesdag van Pous Hormisdas in die Rooms-Katolieke Kerk.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie 6 Augustus.
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar