<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
19 Januarie is die negentiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 346 dae in die res van die jaar (347 in skrikkeljare).
Gebeure
- 973 – Pous Benedictus VI volg Pous Johannes XIII op.
- 1145 – Pous Lucius II gee die St. Sabas klooster aan die monnike van Cluny.
- 1217 – Pous Honorius III vra William, hertog van Pembroke, om oorlog te verklaar teen die opstandige baronne van die jong koning Hendrik III van Engeland.
- 1329 – Teenpous Nicolaas V stel Giovanni Visconti, ab van S. Ambrogio in Milaan, aan as kardinaal.
- 1419 – Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk word Rouen deur die Engelse koning Hendrik V ingeneem en Normandië by Engeland ingelyf.
- 1626 – Pous Urbanus VIII stel vyftien nuwe kardinale aan, waaronder Berlinghiero Gessi, biskop van Rimini.
- 1626 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word titulêr patriarg van Antiogië.
- 1809 – Edgar Allan Poe, Amerikaanse skrywer.
- 1839 – Die Royal Marines land by Aden om seerowers te verhoed om Britse skepe na en van Indië aan te val. Aden sou tot in 1967 onder Britse beheer bly.
- 1846 – Pous Gregorius XVI stel drie nuwe kardinale aan, waaronder Guilherme Henriques de Carvalho, patriarg van Lissabon.
- 1937 – Howard Hughes stel 'n nuwe rekord op deur in 7 uur, 28 minute en 25 sekondes van Los Angeles na New York te vlieg.
- 1958 – Hannes la Grange is die eerste Suid-Afrikaner wat die Suidpool bereik.
- 1977 – Die Verenigde Party skors ses Volksraadslede, wat die Onafhanklike Verenigde Party (later die Suid-Afrikaanse Party) stig.
- 1983 – Apple Computer stel die Apple Lisa vry, hulle eerste kommersiële persoonlike rekenaar met 'n grafiese koppelvlak en 'n rekenaarmuis. Dit het 1 Megagreep RAM gehad en $9 995 gekos.
- 1984 – Die Standerbende beroof drie banke in minder as ’n uur in Johannesburg se middestad.
- 1990 – Die polisie verjaag betogers teen die Engelse rebelle-krieketspan van Mike Gatting op die lughawe Jan Smuts.
- 1996 – CAF se 1996 Afrika-Sokker-kampioenskappe skop af in Johannesburg, Suid-Afrika.
- 1999 – Die polisie arresteer Suid-Afrika se mees gesoekte misdadiger, Colin Chauke, in Nelspruit.
- 2006 – Die New Horizons ruimtetuig word lanseer om foto's van Pluto en die Kuiper-gordel te neem.
Geboortes
- 840 – Michael III, keiser van die Bisantynse Ryk († 867).
- 1736 – James Watt, Skotse uitvinder en meganiese ingenieur († 1819).
- 1839 – Paul Cézanne, Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder († 1906).
- 1868 – Gustav Meyrink, Oostenrykse skrywer († 1921).
- 1869 – Henri van Dievoet, Belgiese argitek († 1931).
- 1896 – Frans Erasmus, Suid-Afrikaanse politikus († 1967).
- 1905 – Ben Schoeman, Suid-Afrikaanse kabinetsminister († 1986).
- 1920 – Javier Pérez de Cuéllar, 'n Peruviaanse diplomaat en politikus († 2020).
- 1920 – Johnny Haymer, Amerikaanse akteur († 1989).
- 1923 – Bob McFadden, Amerikaanse akteur († 2000).
- 1937 – Joseph Nye, Amerikaanse politieke wetenskaplike.
- 1940 – Barend du Plessis, Suid-Afrikaanse politikus.
- 1943 – Bertie Reed, Suid-Afrikaanse seiljagvaarder († 2006).
- 1946 – Dolly Parton, Amerikaanse countrysangeres.
- 1967 – Javier Cámara, Spaanse akteur.
- 1977 – Nicole, Chileense sangeres.
- 1978 – Rolanda Marais, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 1980 – Jenson Button, Britse Formule Een-renjaer, wêreldkampioen in 2009.
Sterftes
- 1405 – Timoer, Turks-Mongoolse krygsheer en die stigter van die Timoeridiese Ryk (* 1336)
- 1626 – Ruqaiya Sultan Begum, keiserin van die Mogolryk (* 1542)
- 1710 – Francesco Cupani, Italiaanse natuurkundige en plantkundige (* 1657)
- 1763 – Jan de Marre, Nederlandse skrywer (* 1696).
- 1865 – Pierre-Joseph Proudhon, Franse ekonoom, sosioloog, filosoof wat beskou word as een van die eerste anargistiese denkers (* 1809).
- 1948 – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige (* 1865).
- 1988 – Jevgeni Mrawinski, Russiese dirigent (* 1903).
- 1996 – Don Simpson, Amerikaanse rolprentvervaardiger, akteur en skrywer (* 1943).
- 2000 – Hedy Lamarr, Amerikaanse aktrise en uitvinder (* 1914).
- 2019 – Marian Tredoux, Suid-Afrikaanse geoloog (* 1952).
- 2021 – Margot Luyt, Suid-Afrikaanse dramaregisseur en radio-omroeper.
- 2022 – Gaspard Ulliel, Franse rolprentakteur (* 1984).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 January. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar