Paralimpiese Spele is die Olimpiese Spele vir atlete met liggaamlike gestremdhede, uitgesluit dowe en verstandelik gestremde persone. Vir dowes word die Dooflimpiese Spele georganiseer en die Spesiale Olimpiade word vir verstandelik gestremde persone georganiseer.
Geskiedenis
In 1948 organiseer Sir 'n sportwedstryd in Engeland vir veterane uit die Tweede Wêreldoorlog met rugbeserings. Vier jaar later neem atlete uit Nederland ook aan die Spele deel en die internasionale byeenkoms wat tans die Paralimpiese Spele heet, word gebore.
In 1976 neem groepe met verskillende tipes gestremdhede aan die Spele in Toronto deel en in dieselfde jaar word die eerste Paralimpiese Winterspele in Swede georganiseer.
Tans bestaan die Paralimpiese Spele vir atlete uit ses verskillende groepe van gestremdhede. Die klem val op wat die atlete kan vermag, eerder as op hulle gestremdhede en waartoe hulle nie in staat is nie. Die aantal atlete wat deelneem het baie gegroei sedert die begin, van 400 atlete in Rome in 1960 tot 3195 tydens die Spele in Atlanta in 1996.
Die Paralimpiese Spele word altyd in dieselfde jaar as die Olimpiese Spele gehou en sedert 1988 word dit ook altyd op dieselfde perseel gehou. Sedert 2012 is die stad wat die Olimpiese Spele organiseer ook verplig om die Paralimpiese Spele te organiseer.
In 2024 is die Paralimpiese Somerspele in Parys, Frankryk, beslis. Die volgende Paralimpiese Winterspele sal in 2026 in Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië, aangebied word.
Paralimpiese Somerspele
- Somerspele 1960 – Rome, Italië
- Somerspele 1964 – Tokio, Japan
- Somerspele 1968 – Tel Aviv, Israel
- Somerspele 1972 – Heidelberg, Duitsland
- Somerspele 1976 – Toronto, Kanada
- Somerspele 1980 – Arnhem, Nederland
- Somerspele 1984 – Stoke Mandeville, Verenigde Koninkryk & New York Stad, Verenigde State
- Somerspele 1988 – Seoel, Suid-Korea
- Somerspele 1992 – Barcelona, Spanje
- Somerspele 1996 – Atlanta, Verenigde State
- Somerspele 2000 – Sydney, Australië
- Somerspele 2004 – Athene, Griekeland
- Somerspele 2008 – Beijing, Volksrepubliek China
- Somerspele 2012 – Londen, Verenigde Koninkryk
- Somerspele 2016 – Rio de Janeiro, Brasilië
- Somerspele 2020 – Tokio, Japan
- Somerspele 2024 – Parys, Frankryk
- Somerspele 2028 – Los Angeles, Verenigde State
- Somerspele 2032 – Brisbane, Australië
Paralimpiese Winterspele
- Winterspele 1976 – , Swede
- Winterspele 1980 – Lake Placid, Verenigde State
- Winterspele 1984 – Innsbruck, Oostenryk
- Winterspele 1988 – Innsbruck, Oostenryk
- Winterspele 1992 – Tignes-Albertville, Frankryk
- Winterspele 1994 – Lillehammer, Noorweë
- Winterspele 1998 – Nagano, Japan
- Winterspele 2002 – Salt Lake City, Verenigde State
- Winterspele 2006 – Turyn, Italië
- Winterspele 2010 – Vancouver, Kanada
- Winterspele 2014 – Sotsji, Rusland
- Winterspele 2018 – Pyeongchang, Suid-Korea
- Winterspele 2022 – Beijing, Volksrepubliek China
- Winterspele 2026 – Milaan en Cortina d'Ampezzo, Italië
- Winterspele 2030 – Franse Alpe en Nice, Frankryk
- Winterspele 2034 – Salt Lake City, Verenigde State
Rekords
Trischa Zorn van die Verenigde State is die mees gedekoreerde Paralimpiër in die geskiedenis. Sy neem vanaf 1980 tot en met 2004 aan die swem vir visueel gestremde atlete deel. In totaal wen sy 55 medaljes, waarvan 41 goud.
Ragnhild Myklebust van Noorweë hou die rekord vir die meeste medaljes op die Paralimpiese Winterspele. Sy neem in 1988, 1992, 1994 en 2002 aan die ys-sleeresies, heg-en-steg-skiwedloop en tweekamp deel. In totaal wen sy 22 goue medaljes, drie silwer medaljes en twee brons.
Sien ook
Verwysings
- (en) Nick Hope (21 Mei 2012). "Paralympics 2012: London to host 'first truly global Games'". BBC. Besoek op 26 Julie 2024.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Paralimpiese Spele. |
- (en) Amptelike webwerf van die Internasionale Paralimpiese Komitee
- (en) Versameling skakels Paralimpiese Spele
Paralimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Somerspele: Rome 1960 • Tokio 1964 • Tel Aviv 1968 • Heidelberg 1972 • Toronto 1976 • Arnhem 1980 • New York & Stoke Mandeville 1984 • Seoel 1988 • Barcelona 1992 • Atlanta 1996 • Sydney 2000 • Athene 2004 • Beijing 2008 • Londen 2012 • Rio de Janeiro 2016 • Tokio 2020 • Parys 2024 • Los Angeles 2028 • Brisbane 2032 |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar