<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
10 Julie is die 191ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (192ste in skrikkeljare). Daar volg nog 174 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 48 v.C. – Julius Caesar het 'n noue ontkoming in 'n katastrofiese nederlaag teen Pompeius in Masedonië.
- 1393 – Sembacherbrief. Die lede van die Switserse Bondgenootskap kom ooreen tov hulle reëls van oorlogvoering. Die eiendom van burgerlikes word beskerm (geen plundering) en die mishandeling van vroue verbied.
- 1890 – Wyoming word die 44ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1913 – In Death Valley, Kalifornië, word 'n temperatuur van 56,7 °C (134 °F) gemeet – dit is die hoogste temperatuur wat nog in die Verenigde State gemeet is.
- 1914 – Die Switserse Versekeringshof begin sy werksaamhede.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Geallieerdes val Sisilië in.
- 1962 – Die kommunikasie satelliet Telstar 1 word lanseer.
- 1973 – Die Bahamas verkry hul onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 1985 – Die Greenpeace-skip Rainbow Warrior word opgeblaas in Aucklandhawe.
- 1991 – Suid-Afrika se nuwe krieketliggaam, die Verenigde Krieketraad, word deur die Internasionale Krieketraad erken, en ná 21 jaar is die land tot internasionale krieket hertoegelaat.
Geboortes
- 1509 – Johannes Calvyn, Franse teoloog en predikant († 1564).
- 1631 – Douw Gerbrandts Steyn, die groot stamvader van die Steyn's in Suid-Afrika († 1700).
- 1819 – Pieter Bleeker, 'n Nederlandse dokter, igtioloog en herpetoloog († 1878).
- 1856 – Nikola Tesla, Oostenrykse gebore, Amerikaanse uitvinder, fisikus, meganiese ingenieur, elektroniese ingenieur en futuris († 1943).
- 1865 – Henri Georges Fourcade, Suid-Afrikaanse landmeter, bosbouer en plantkundige († 1948).
- 1871 – Marcel Proust, Franse skrywer († 1922).
- 1877 – Ernest Brown Babcock, Amerikaanse plantgenetikus († 1954).
- 1879 – Paul Charles Édouard Bertrand, Franse paleobotanis († 1944).
- 1905 – Eric Rosenthal, Suid-Afrikaanse historikus en skrywer († 1983).
- 1908 – Wally Hayward, vyfmalige wenner van die Comrades-maraton († 2006).
- 1922 – Jake LaMotta, Amerikaanse bokser († 2017).
- 1925 – Mahathir Mohamad, politikus en Eerste Minister van Maleisië.
- 1940 – Dawie de Villiers, Suid-Afrikaanse politikus en twee-en-dertigste Springbokkaptein († 2022).
- 1942 – Sixto Rodriguez, Amerikaanse musikant († 2023).
- 1946 – Emma Huismans, Afrikaanse skryfster.
- 1957 – Schalk Schoombie, Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer († 2023).
- 1961 – Uli Schmidt, oud-Springbokrugbyspeler.
- 1867 – Hennie le Roux, oud-Springbokrugbyspeler.
- 1969 – Jonas Kaufmann, Duitse operatenoor.
- 1983 – Golshifteh Farahani, Iranse aktrise.
Sterftes
- 138 – Keiser Hadrianus (* 76).
- 983 – Pous Benedictus VII, die 135ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1086 – Knoet IV van Denemarke, koning van Denemarke (* 1043).
- 1584 – Willem van Oranje, Prins van Oranje en die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs (* 1533).
- 1884 – Paul Morphy, Amerikaanse skaakspeler (* 1837).
- 1910 – Johann Gottfried Galle, Duitse astronoom en die eerste persoon wat Neptunus gesien het (* 1812).
- 1939 – Jan Eloff, mynkommissaris van Johannesburg (* 1859).
- 1983 – G.D. Scholtz, Suid-Afrikaanse geskiedkundige, skrywer en koerantredakteur (* 1905).
- 1985 – Hilgard Muller, Suid-Afrikaanse politikus van die Nasionale Party, burgemeester van Pretoria, verkose lid van die parlement in 1958 en minister van buitelandse sake (* 1914).
- 2013 − Willem Cruywagen, kabinetsminister en administrateur van Transvaal (* 1921).
- 2015 – Omar Sharif, Egiptiese akteur (* 1932).
- 2019 – James Small, Springbokrugbyspeler (* 1969).
- 2020 – Corra Dirksen, Springbokrugbyspeler en geneesheer (* 1938).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 10 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar