<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
6 Julie is die 187ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (188ste in skrikkeljare). Daar volg nog 178 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1348 – Pous Clemens VI publiseer 'n bul waarin hy aanvoer dat mense wat die Jode verantwoordelik hou vir die pesepidemie (die Swart Dood), na die duiwel luister.
- 1353 – Pous Innocentius VI publiseer die bul Sollicitudo pastoralis oor die onwettigheid van die besluite van die konklaaf waartydens hy verkies is.
- 1439 – Die Oosterse en Westerse kerke tydelik verenig op die konsilie van Ferrara.
- 1495 – Die Heilige Liga verslaan die Franse koning Karel VIII van Frankryk by Fornovo.
- 1517 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII) word vise-kanselier van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1541 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-priester van San Clemente.
- 1729 – Pous Benedictus XIII stel Francesco Borghese, titulêr aartsbiskop van Trajanopolis en Carlo Vincenzo Ferreri, O.P., biskop van Alessandria aan as kardinale.
- 1758 – Pous Clemens XIII volg Pous Benedictus XIV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1777 – Die Britse generaal John Burgoyne verower fort Ticonderoga in die Amerikaanse Vryheidsoorlog.
- 1885 – Louis Pasteur doen die eerste suksesvolle toets van sy vaksien teen hondsdolheid.
- 1928 – Die eerste vollengte film met spraak "Lights of New York" gaan in première in New York.
- 1957 – Althea Gibson wen die Wimbledon vroue-enkelspel titel.
- 1964 – Malawi word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1975 – Die Comore-eilande kry sy onafhanklikheid van Frankryk.
- 1992 – Zimbabwe word 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR).
- 2016 – Pokémon Go, 'n toegevoegde werklikheid-gebaseerde slimfoonspeletjie, word deur Niantic and Nintendo vrygestel in sekere lande.
Geboortes
- 1747 – John Paul Jones, Amerikaanse seeheld, in Skotland.
- 1792 – Andries Stockenström, luitenant-goewerneur van die Oostelike Provinsie van die Kaapkolonie († 1864).
- 1796 – Nikolaas I van Rusland, tsaar van Rusland († 1855).
- 1832 – Maksimiliaan I van Meksiko († 1867).
- 1837 – Wladyslaw Zelenski, Poolse pianis en komponis († 1921).
- 1885 – Ernst Busch, Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1945).
- 1886 – Annette Kellermann, Australiese aktrise († 1975).
- 1916 – Audrey Blignault, Afrikaanse skrywer († 2008).
- 1921 – Nancy Reagan, Amerikaanse aktrise en Eerste Dame van die Verenigde State († 2016).
- 1935 – Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama.
- 1937 – Vladimir Ashkenazy, Russiese pianis en dirigent.
- 1937 – Ned Beatty, Amerikaanse akteur († 2021).
- 1946 – George W. Bush, 43ste President van die Verenigde State.
- 1946 – Peter Singer, Australiese morele filosoof.
- 1972 – Isabelle Boulay, Kanadese sangeres.
- 1989 – Demetri Catrakilis, Superrugbyspeler.
Sterftes
- 1415 – Jan Hus, Tsjeggiese kerkhervormer, op die brandstapel (* ±1369).
- 1535 – Thomas More, Engelse renaissance-humanis, juris, filosoof en staatsman (* 1478).
- 1553 – Eduard VI, koning van Engeland (* 1537).
- 1623 – Pous Gregorius XV, die 234ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1554).
- 1772 – Karl Gottlob Sperbach, Duitse letterkundige en filoloog (* 1694)
- 1854 – Georg Simon Ohm, Duitse fisikus en wiskundige, bekend vir Ohm se wet (* 1787).
- 1893 – Guy de Maupassant, Franse skrywer en joernalis (* 1850).
- 1962 – William Faulkner, Amerikaanse skrywer (* 1897).
- 1971 – Louis Armstrong, Amerikaanse jazztrompetspeler en sanger (* 1901).
- 1973 – Otto Klemperer, Duitse dirigent (* 1885)
- 1999 – Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis (* 1901).
- 2006 – Ds. Cillié Malan, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk(* 1919).
- 2020 – Ennio Morricone, Italiaanse komponis, orkestrator, orkesdirigent en trompetspeler (* 1928).
- 2021 – Suzzanne Douglas, Amerikaanse aktrise en vervaardiger (* 1957).
- 2022 - James Caan, Amerikaanse akteur (* 1940).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar