<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
2 Julie is die 183ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (184ste in skrikkeljare). Daar volg nog 182 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 310 of 311 – Pous Miltiades volg Pous Eusebius op.
- 1519 – Alessandro Farnese (later Pous Paulus III) word biskop gewy.
- 1664 – Slag van Marston Moor: Die koningsgesindes verloor teen die magte van die parlement.
- 1679 – Pous Innocentius XI verklaar Turibius van Mogroveio salig.
- 1776 – Nadat hy die heel nag gereis het, kom Caesar Rodney net betyds aan om die beslissende stem te gee vir die aanvaarding van die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring.
- 1832 – Pous Gregorius XVI stel Giuseppe Maria Velzi, O.P., meester van die Apostoliese Paleis en Mario Mattei, tesourier-generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinale.
- 1839 – Opstand op die slawe-skip Amistad.
- 1865 – William Booth stig die Heilsleër.
- 1881 – Die Amerikaanse president James Garfield word geskiet. Hy sterf op 19 September 1881.
- 1900 – Die eerste Zeppelin vlieg oor die Bodenmeer naby Friedrichshafen, Duitsland.
- 1932 – Die term New Deal word deur president Franklin D. Roosevelt vir die eerste keer gebruik.
- 1937 – Amelia Earhart en navigator Fred Noonan verdwyn oor die Stille Oseaan.
- 1964 – President Lyndon B. Johnson teken die Civil Rights Bill.
- 1976 – Hereniging van Noord- en Suid-Viëtnam tot Viëtnam. Saigon word tot Ho Chi Minh-stad hernoem.
- 1979 – Die Susan B. Anthony-dollarmunt word uitgereik.
Geboortes
- 1714 – Christofh Willibald Gluck, hervormer van die opera († 1787).
- 1867 – A.A.S. le Fleur, visioenêre Griekwaleier († 1941).
- 1877 – Hermann Hesse, Switserse skrywer en Nobelprys-wenner in 1946 († 1962)
- 1906 – Hans Bethe, Duits-Amerikaanse kernfisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Fisika († 2005).
- 1908 – Helga Uys, Duits-gebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys († 1969).
- 1916 – Hans-Ulrich Rudel, Duitse kolonel en meesgedekoreerde bobaasvlieënier († 1982).
- 1922 – Pierre Cardin, beroemde Franse modeontwerper († 2020).
- 1923 – Wisława Szymborska, Poolse digteres en Nobelpryswenner († 1996).
- 1925 – Patrice Lumumba, eerste premier van die Demokratiese Republiek van die Kongo, gebore in Onalua, DRK († 1961).
- 1927 – Brock Peters, Amerikaanse akteur († 2005).
- 1929 – Esmé Berman, Suid-Afrikaanse outeur, lektor, navorser, uitsaaier, historikus en kunskonsultant († 2017).
- 1929 – Imelda Marcos, eggenote van voormalige president van die Filippyne, Ferdinand Marcos.
- 1931 – Frank Williams, Amerikaanse akteur en skrywer († 2022).
- 1936 – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger († 1999).
- 1937 – Polly Holliday, Amerikaanse aktrise.
- 1942 – Vicente Fox, Meksikaanse politikus.
- 1947 – Larry David, Amerikaanse skrywer en akteur.
- 1947 – George Weideman, Afrikaanse skrywer, digter en dramaturg († 2008).
- 1955 – Piet Crous, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldkruisergewigbokskampioen.
- 1975 – Stefan Terblanche, Springbokrugbyspeler.
- 1983 – Michelle Branch, Amerikaanse sangeres-liedjieskrywer.
- 1985 – Ashley Tisdale, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 1986 – Lindsay Lohan, Amerikaanse aktrise.
- 1990 – Margot Robbie, Australiese aktrise en vervaardiger.
Sterftes
- 1566 – Nostradamus, astroloog en wiskundige (* 1503).
- 1778 – Jean-Jacques Rousseau, Switserse filosoof (* 1712).
- 1936 – Lionel Phillips, Suid-Afrikaanse mynboumagnaat en politikus (* 1855).
- 1937 – Amelia Earhart, lugvaartpionier van die Verenigde State (* 1897).
- 1961 – Ernest Hemingway, Amerikaanse skrywer (* 1899).
- 1967 – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897).
- 1973 – Betty Grable, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres (* 1916).
- 1977 – Gert Potgieter, 'n Suid-Afrikaanse opera-tenoor en akteur (* 1929).
- 1977 – Vladimir Nabokov, Russiese skrywer (* 1899).
- 1997 – James Stewart, Amerikaanse akteur (* 1908).
- 2008 – Joe Nhlanhla, Suid-Afrikaanse ANC-politikus (* 1936).
- 2013 – Douglas Engelbart, uitvinder van die rekenaarmuis (* 1925).
- 2016 – Elie Wiesel, 'n Roemeens-gebore Amerikaanse Jood, skrywer, professor, politieke aktivis, Nobelprysontvanger en Holocaust oorlewende (* 1928).
- 2021 – Yoti die Griekse Boertjie, Suid-Afrikaanse sanger van Griekse afkoms (* onbekend).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 2 July. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar