<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
12 Desember is die 346ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender, (347ste in skrikkeljare). Daar volg nog 19 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1254 – Pous Alexander IV volg Pous Innocentius IV op.
- 1406 – Pous Gregorius XII skryf 'n brief aan Teenpous Benedictus XIII met 'n voorstel dat hulle beide aftree om die Westerse Skisma te beëindig. Niks kom van die voorstel nie.
- 1583 – Pous Gregorius XIII stel nog 19 nuwe kardinale aan waaronder die latere pouse Pous Innocentius IX, Pous Urbanus VII, Pous Leo XI en Pous Gregorius XIV.
- 1667 – Pous Clemens IX stel drie nuwe kardinale aan waaronder sy neef Giacomo Rospigliosi.
- 1695 – Pous Innocentius XII stel 14 nuwe kardinale aan, waaronder Federico Caccia, aartsbiskop van Milaan.
- 1769 – Pous Clemens XIV publiseer die bul Inscrutabili Divinae Sapientiae oor die instelling van 'n Universele Jubileum.
- 1769 – Pous Clemens XIV publiseer die bul Cum Summi weer oor die Universele Jubileum.
- 1770 – Pous Clemens XIV stel Antonio Casali, goewerneur van Rome en Pasquale Acquaviva d'Aragona, president van Urbino aan as kardinale.
- 1787 – Pennsilvanië word die 2de deelstaat van die Verenigde State.
- 1901 – Guglielmo Marconi ontvang die eerste trans-Atlantiese radiosein, vanaf Poldhu Radiostasie in Cornwall, Engeland na St. John's, Newfoundland.
- 1913 – Die Mona Lisa word teruggevind in Florence, twee jaar nadat dit gesteel is.
- 1917 – In Nebraska, in die Verenigde State, stig Vader Edward J. Flanagan 'n seunsdorp as 'n plaasdorp vir balsturige seuns.
- 1925 – Reza Pahlavi word die Sjah en neem beheer oor van Iran.
- 1939 – Finland verslaan die Sowjetunie in die Slag van Tolvajärvi in hulle eerste groot oorwinning in die Winteroorlog.
- 1954 – Giovanni Battista Montini (later Pous Paulus VI) word aartsbiskop van Milaan.
- 1961 – Adolf Eichmann word skuldig bevind van Tweede Wêreldoorlogsmisdade in Israel.
- 1963 – Kenia word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1979 – Rhodesië verander sy naam na Zimbabwe.
- 1991 – Lagos word deur Abuja vervang as die hoofstad van Nigerië.
- 1996 – Uday Hussein word ernstige verwond in 'n sluipmoordpoging.
- 2000 – Die hooggeregshof van die Verenigde State van Amerika beslis met 'n 5-4 stemming dat die hertelling van stembriefies in Florida, tydens die 2000-presidensiële verkiesing, gestaak moet word.
- 2003 – Paul Martin, Jr. word ingesweer as die 21ste Eerste Minister van Kanada.
- 2008 – Die ANC verloor sy hofstryd teen die naam van die wegbreekgroep onder leiding van Mosioua Lekota, die Congress of the People (COPE), in die Pretoriase hooggeregshof.
Geboortes
- 1216 – Giovanni Gaetano Orsini, later Pous Nicolaas III, in Rome, die 188ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1280).
- 1750 – Lady Anne Barnard, 'n Skotse digteres en brieweskryfster († 1825).
- 1821 – Gustave Flaubert, Franse skrywer († 1880).
- 1861 – Jan Kamp, Professor in die Nederlandse letterkunde aan die Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O. († 1924).
- 1863 – Edvard Munch, Noorweegse skilder († 1944).
- 1871 – Jackie Powell, Suid-Afrika se sewende Springbokkaptein († 1955).
- 1875 – Gerd von Rundstedt, Nazi-Duitse veldmaarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1953).
- 1890 – Gladys Steyn, Suid-Afrika se eerste vroulike advokaat († 1989).
- 1915 – Frank Sinatra, Amerikaanse sanger en akteur († 1998).
- 1915 – Freda Linde, Suid-Afrikaanse skrywer en vertaler van kinderboeke († 2013).
- 1919 – Matthys van Rensburg, Suid-Afrikaanse politikus († 1970).
- 1923 - Bob Barker, Amerikaanse akteur (s. 2023).
- 1924 – Anna-Louize Heiberg, professor in Wysbegeerte aan die Universiteit van Natal en Afrikaanse skrywer van romans († 2013).
- 1924 – Ed Koch, voormalige burgemeester van New York († 2013).
- 1940 – Abe Williams, Suid-Afrikaanse oud-politikus.
- 1946 – Emerson Fittipaldi, voormalige Brasiliaanse renjaer.
- 1970 – Jennifer Connelly, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
- 1204 – Maimonides, ’n belangrike Joodse filosoof en sterrekundige (* 1135 of 1138)
- 1843 – Willem I van Nederland, Prins van Oranje en die eerste koning van Nederland (* 1772).
- 1889 – Robert Browning, 'n Engelse digter (* 1812).
- 1894 – Sir John Thompson, vierde Eerste Minister van Kanada (* 1845).
- 1905 – Reimond Stijns, Vlaamse skrywer (* 1850).
- 1913 – Menelik II, keiser van Ethiopië (* 1844).
- 1937 – Alfred Abel, Duitse akteur en filmregisseur (* 1879).
- 1956 − Justin Godart, 'n Franse politikus (* 1871).
- 1961 – Hauk Aabel, Noorweegse akteur (* 1869).
- 1994 – Stuart Roosa, Amerikaanse lugvaartingenieur en ruimtevaarder (* 1933).
- 1999 – Joseph Heller, Amerikaanse skrywer (* 1923).
- 2003 – Danie Smuts, Suid-Afrikaanse akteur (* ~1925).
- 2003 – Keiko, die moordvis in die Free Willy-flieks.
- 2009 – Piet Uys, Springbokrugbyspeler (* 1937).
- 2019 – Peter Snell, 'n Nieu-Seelandse middelafstand atleet (* 1938).
- 2019 – Danny Aiello, Amerikaanse akteur (* 1933).
- 2020 – Charley Pride, Amerikaanse sanger (* 1934).
- 2020 – John le Carré, 'n Britse skrywer van rillers en spioenasieverhale (* 1931).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
- Bahá'í Geloof - Die Fees van Masá'il (Vrae) - Die eerste dag van die 15de maand in die Bahá'í Kalender.
- Feesdag van Pous Callixtus II in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 December. |
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar