<< | Desember 2023 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
31 | ||||||
Al die dae |
19 Desember is die 353ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (354ste in skrikkeljare). Daar volg nog 12 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1187 – Pous Clemens III volg Pous Gregorius VIII op.
- 1333 – Die sienings van Pous Johannes XXII oor die lewe na die dood word veroordeel deur 'n vergadering van teoloë by die Universiteit van Parys.
- 1406 – Pous Gregorius XII in Rome gekroon.
- 1449 – Pous Nicolaas V stel Jean d' Arci aartsbiskop van Tarentaise, Louis de La Palud de Varembon O.S.B. biskop van Maurienne en Guillaume Huin d' Estaing aartsdeken van Metz, aan as kardinale.
- 1539 – Pous Paulus III stel nog 12 nuwe kardinale aan waaronder Marcello Cervini (later Pous Marcellus II).
- 1544 – Pous Paulus III stel nog 13 nuwe kardinale aan waaronder Francesco Sfondrati, vader van die latere Pous Gregorius XIV.
- 1590 – Pous Gregorius XIV stel sy neef Paolo Emilio Sfondrati aan as kardinaal.
- 1650 – Pous Innocentius X verklaar Sint Giovanni van Capistrano salig.
- 1735 – Pous Clemens XII stel Luis Antonio Jaime de Borbón y Farnesio, kroonprins van Spanje aan as kardinaal. Die prins is agt jaar oud.
- 1738 – Pous Clemens XII stel Silvio Valenti Gonzaga, titulêr aartsbiskop van Nicea aan as kardinaal.
- 1961 – Die Indiese weermag val die Portugese kolonie Goa in.
- 1972 – Apollo 17 plons in die Stille Oseaan neer. Dit bring tot ’n einde die maanverkenningsprogram van die Verenigde State.
- 1984 – Die Volksrepubliek China en die Verenigde Koninkryk teken die Sino-Brits Gesamentlike Verklaring, waarin ooreengekom word om soewereiniteit van Hongkong aan China oor te dra op 1 Julie 1997.
- 1989 – Vakbondleiers besoek Nelson Mandela in die Victor Verster-gevangenis vir samesprekings en sê dat hy bereid is tot sy ontslag, maar nie daarom sal soebat nie.
- 1998 – Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers stel beskuldigingsartikels in teen president Bill Clinton as gevolg van die Monica Lewinsky-skandaal.
- 2009 – Pous Benedictus XVI verklaar sy voorganger Pous Pius XII eerwaardig.
- 2013 – Die Gaia-ruimteteleskoop word lanseer.
Geboortes
- 1792 – Andries Hendrik Potgieter, leier van die tweede groot trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat het († 1852).
- 1824 – Sir Hercules Robinson, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1897).
- 1853 – Ds. Daniël Jozua Pienaar, leier in die NG Kerk en onderwysman († 1926).
- 1865 – Minnie Maddern Fiske, Amerikaanse aktrise en dramaturg († 1932).
- 1888 – Fritz Reiner, Amerikaanse dirigent († 1963).
- 1902 – Ralph Richardson, Engelse akteur († 1983).
- 1915 – Édith Piaf, Franse sangeres († 1963).
- 1924 – Gary Morton, Amerikaanse komediant en vervaardiger († 1999).
- 1924 – Cicely Tyson, Amerikaanse aktrise en vervaardiger († 2021)
- 1927 – Dirk Kotzé, Suid-Afrikaanse geskiedkundige († 1992).
- 1932 – Wayne Tippit, Amerikaanse akteur († 2009).
- 1941 – Lee Myung-bak, Suid-Koreaanse politikus.
- 1944 – Tim Reid, Amerikaanse akteur.
- 1945 – Elaine Joyce, Amerikaanse aktrise, sanger en danseres.
- 1946 – Robert Urich, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2002).
- 1958 – Steven Isserlis, Britse tjellis.
- 1960 – Mike Lookinland, Amerikaanse akteur.
- 1963 – Jennifer Beals, Amerikaanse model en aktrise.
- 1963 – Til Schweiger, Duitse akteur, regisseur en vervaardiger.
- 1964 – Béatrice Dalle, Franse aktrise.
- 1968 – Ken Marino, Amerikaanse akteur, vervaardiger en skrywer.
- 1970 – Tyson Beckford, Amerikaanse model en akteur.
- 1972 – Alyssa Milano, Amerikaanse aktrise.
- 1980 – Jake Gyllenhaal, Amerikaanse akteur.
- 1980 – Marla Sokoloff, Amerikaanse aktrise en musikant.
Sterftes
- 401 – Pous Anastasius I, die 39ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1111 – Al-Ghazali, Islamitiese teoloog, regsgeleerde en filosoof van Persiese afkoms (* 1058).
- 1370 – Pous Urbanus V, die 200ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1310).
- 1741 – Vitus Bering, Deense ontdekkingsreisiger (* 1681).
- 1848 – Emily Brontë, 'n Engelse skrywer en outeur van die roman Wuthering Heights (* 1818).
- 1874 – Frans Rens, Vlaamse skrywer (* 1805).
- 1942 – Genl. Dan Pienaar, wat in die Tweede Wêreldoorlog die 1ste SA Divisie in die westelike Sahara aangevoer het, sterf in 'n vliegramp by Kisumu op die oewer van die Victoriameer (* 1893).
- 1955 – Jackie Powell, Suid-Afrika se sewende Springbokkaptein (* 1871).
- 2015 – Kurt Masur, Duitse dirigent (* 1927).
- Feesdag van Pous Urbanus V voordat dit deur die tweede Vatikaanse konsilie na 6 November geskuif is.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 19 December. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar