<< | Junie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | ||||||
2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 |
9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 |
16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 |
23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 |
30 | ||||||
Al die dae |
14 Junie is die 165ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (166ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 200 dae in die res van die jaar.
Gebeure
- 1057 – Frederik van Lotaringe (later Pous Stefanus IX (X)) word kardinaal-priester van Sint Chrysogonus.
- 1555 – Giambattista Catagna (later Pous Urbanus VII) word goewerneur van Fano.
- 1557 – Pous Paulus IV stel William Peto, biskop van Salisbury, aan as kardinaal.
- 1645 – Oliver Cromwell wen die Slag van Naseby.
- 1658 – Die Franse en die Engelse verslaan die Spanjaarde by Duinkerken.
- 1751 – Pous Benedictus XIV publiseer A Quo Primum oor die vreedsame samelewing van Jode en Christene.
- 1761 – Pous Clemens XIII publiseer In Dominico Agro – oor godsdiensonderrig.
- 1777 – Die Stars and Stripes word die amptelike vlag van die Verenigde State.
- 1783 – Annibale Sermattei della Genga (later Pous Leo XII) word as priester gewy.
- 1800 – Napoleon wen die Slag van Marengo.
- 1807 – Napoleon wen die Slag van Friedland.
- 1907 – Die Oranjerivierkolonie verkry selfregeringstatus.
- 1919 – Alcock en Brown styg op in Newfoundland om die eerste ononderbroke vlug oor die Atlantiese Oseaan te voltooi.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Eerste gevangenes arriveer in die Auschwitz-konsentrasiekamp.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Parys word deur Nazi-Duitsland ingeval en beset.
- 1963 – Vostok 5-ruimtetuig word gelanseer.
- 1967 – Amerikaanse Mariner-program: Mariner 5 word gelanseer.
- 1975 – Russiese Wenera-ruimteprogram: Wenera 10 word gelanseer.
- 1982 – Einde van die Falklandoorlog.
- 1985 – TWA Vlug 847 word deur Hezbollah-militante gekaap.
- 1999 – Thabo Mbeki word die tweede President van Suid-Afrika (1999–2008).
Geboortes
- 1736 – Charles Coulomb, Franse wetenskaplike, uitvinder en militêre ingenieur († 1806).
- 1832 – Jacob Dirk Barry, Suid-Afrikaanse regter en stigter van die handelsonderneming Barry and Nephews († 1905).
- 1909 – Burl Ives, Amerikaanse sanger en akteur († 1995).
- 1910 – Rudolf Kempe, Duitse dirigent († 1976).
- 1928 – Che Guevara, Suid-Amerikaanse vryheidstryder († 1967).
- 1934 – Mieke Telkamp, Nederlandse sangeres († 2016).
- 1938 – Julie Felix, 'n Amerikaanse folk-sangeres († 2020).
- 1946 – Donald Trump, 45ste President van die Verenigde State van Amerika.
- 1954 – Mhlobo Jadezweni, Suid-Afrikaanse akademikus en skrywer.
- 1969 – Steffi Graf, Duitse vrouetennisspeler.
- 1977 – Camila Pitanga, Brasiliaanse aktrise.
- 1982 – Lang Lang, Chinese konsertpianis.
- 2008 – Giulia Benite, Brasiliaanse aktrise.
Sterftes
- 1594 – Orlando di Lasso, een van die beduidendste komponiste van die Hoog-Renaissance (* 1532)
- 1980 – Edward Alexander Newell Arber, Engelse plantkundige en paleontoloog (* 1870).
- 1920 – Max Weber, Duitse ekonoom (* 1864)
- 2005 – Carlo Maria Giulini, Italiaanse dirigent (* 1914).
- 2012 – Willem Barnard, Springbokrugbyspeler (* 1923).
- 2017 – Monika Pon-su-san was die model wat Vladimir Tretchikoff vir sy beroemde skildery Chinese Girl (Chinese meisie), ook bekend as The Green Lady (die groen dame), gebruik het (* 1930).
- 2020 – Elsa Joubert, Afrikaanse skrywer (* 1922).
- 2020 – Sushant Singh Rajput, Indiese akteur en model (* 1986).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 June. |
wikipedia, wiki, boek, boeke, biblioteek, artikel, lees, aflaai, gratis, gratis aflaai, mp3, video, mp4, 3gp, jpg, jpeg, gif, png, prentjie, musiek, liedjie, film, boek, speletjie, speletjies, selfoon, telefoon, Android, iOS, Apple, Samsung, iPhone, Xiomi, Xiaomi, Redmi, Honor, Oppo, Nokia, Sonya, MI, PC, Web, Rekenaar